Ek vertou dat jy sedert verlede week by ‘n plek gekom het waar jy gedurende die dag met Hom praat en luister, veral wanneer jy gedurende die nag wakker word. Hierdie week, soos belowe, sal ek meer verduidelik van wat dit beteken om Hom te “ken” en hoe belangrik dit vir jou verhouding is om Hom te “ken” en die oorvloedige lewe te leef!

“Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Spreuke 3:5-6

Alhoewel die titel van hierdie Lewensles “Hier is Ek” genoem mag word gebaseer op die verse wat ek gaan deel, was dit in my eie ervaring nie net om te reageer en te luister nie—dit was toe ek opgetree het deur te hoor hoe Hy met my praat—baie dikwels het ek Hom in die middel van die aand met my gehoor praat en Hom gehoor fluister “staan op.”

As jy moeg is of jy besef nie dat dit Hy is wat met jou praat nie, mag jy in die versoeking gebring word om net om te rol en weer aan die slaap te probeer raak. Dit is egter net deur in jou hart of hoorbaar te reageer, maar meestal deur Sy leiding te volg (wanneer Hy vir jou sê en/of jou wys om iets te doen) wanneer die Oorvloedige Lewe so pragtig ontvou.

Wat belangrik is, is om te op te tree volgens wat jy Hom hoor sê of aangevoel het wat Hy gesê het, want sodry jy dit ignoreer wat Hy sê of jy begin om op jou eie “insigte staat te maak,” is wanneer jy jouself ver van koers af sal vind en nie meer op die nou pad nie. En sodra jy jouself vind dat jy op jou eie insigte staatmaak gedurende jou reis, eerder as om op die reguit pad wat Hy vir jou gegee het, te beweeg, sal jy van koers af dwaal, ver van koers af—en net terugkom wanneer jy verlore is en na Hom toe uitroep om hulp. As bruide wil ons nie onvolwasse wees nie, dit is ‘n kleuter wat afdwaal van waar hy behoort te wees en dan agterkom dat hy verlore is en huil.   

“Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek!” Jesaja 58:9

“Die Engel van God het my in die droom geroep: ‘Jakob!’ en ek het geantwoord: ‘Hier is ek!” Genesis 31:11

Praat van afdwaal. Toe my kinders jonk was, toe hulle omtrent so 2-3 jaar oud was, het ek hulle geleer, dat as ek hulle geroep het om met ‘n vrolike stem te sê “Hier kom ek Mamma!” Eerder as om te sê “Hier is ek” want ek het hulle geleer dat daai woorde aksiesgedrewe was. Die ongelooflike ding is, hulle sou instinktief na my toe aangehardloop kom. As hulle nie, sou ek hulle herhaaldelik roep, en dan hulle klein handjies gaan vat en hulle terug hardloop na waar ek gesit het sodat hulle geweet het wat ek van hulle verwag het om te doen. Tara kan jou vertel dat dit waar is en dat dit gewerk het. Maar terug na al julle bruide...

Wanneer jy daardie fluister van jou Beminde Bruidegom hoor, reageer deur te sê “Hier kom ek” en staan op van jou bed af tot waar jy aanvoel Hy wil hê jy moet by Hom aansluit. Dink aan jouself as daardie blinkoog pasgetroude wat opgewonde is om wakker te word omdat haar bruidegom daar is, wat reg langs haar lê of haar roep om by Hom op die stoep aan te sluit. Word die bruid wat, wanneer sy haar bruidegom hoor sê of fluister “staan op” sy gou sal opstaan anders as wat ons in Hooglied 2:10 lees—sodat daar geen spyt is en nie nodig is om agter Hom in die straat aan te hardloop, soos ons later in Hooglied 3:1-2 lees nie.   

Erken jou liefde vir Hom deur Sy leiding te volg “HLM.”

“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. HY LEI MY op die regte paaie tot die eer van sy Naam.” Psalms 23:1-3

Want sodra jy dit doen, kan jy jou nie eens verbeel wat sal gebeur nie. En dit is nie net goeie dinge wat voorlê waaroor Hy met jou wil praat nie. Baie keer sal Hy jou versigtig in ‘n rigting lei om jou voor te berei vir die moeilike of selfs verpletterde dinge wat Hy weet wat op die punt staan om te gebeur.

Hoe dikwels het ek die hartverskeurende joernale of selfs lofverslae gelees, wanneer vrouens deel hoe hulle op hulle knieë gegaan het en Hom om hulp gesmeek het, by Hom gepleit het, lang en intense gebede net om met Hom te verbind?

En al die tyd is Hy daar, hulle liefdevolle Hemelse Man en sit Hy reg langs hulle. Hy is nie ver bo in die hemel nie en wag om Hom oor julle te ontferm (Jesaja 30:18).

Wie van ons sou Hom nie eerder wil voel langs ons sit nie, styf teen Hom en voel hoe Hy Sy arms om ons vou?

Liewe bruid, dit is nie te laat om dit te voel nie. Vra Hom vandag nog om jou te roep om by Hom te sit, jou in jou slaap wakker te maak en wanneer Hy dit doen, wees seker om dit wat gebeur het in jou RF Joernaal te deel. 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui