Toe ek verlede week klaar gemaak het, het ek jou vertel dat ek ‘n betreklike saggeaarde soort persoon is en dis waarom wanneer Hy verskeie “pikante” versoekinge byvoeg en my deur hulle bring—en dit die aandag trek van die wat van my reis en oorvloedige lewe aanskou.

“Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Samaria, en tot in die uithoeke van die aarde.” Handelinge 1:8 (NLV)

“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Afr 83)

Die mees spesifiek is my broer wat ‘n getuie is van wat Sy krag vir ‘n dwaas soos ek kan doen!

“En tog, wat vir die wêreld onsin is [mense, EK], het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam,“ 1 Korintiërs 1:27

Op verskeie geleenthede, was my broer so verbaas—tot op die punt dat hy dikwels “Hoe?!?” uitgeblaker het. Dit het so dikwels deur die jare gebeur, terwyl ek vir die bediening gereis het (voordat Hy my toegelaat het om my mantel vir my dogter Tara aan te gee, 1 Konings 19:19). My broer is mal oor avontuur en smag ook daarna, hy gaan agter ‘n pikante leefstyl aan (veral toe hy jonk was), terwyl ek die suster was wat geniet het om by die huis te wees en smag na ‘n eenvoudige roetine. (*Tara is ook mal oor avontuur en smag ook daarna, en gaan agter ‘n pikante leefstyl aan en is ook baie meer gepas vir reis—en so het Hy haar ‘n ander manier gegee om die aandag van getuies aan te gryp.

My broer staan ook verbyster deur al die boeke (en bedienings) wat RMI in so baie tale het. Hy homself het ‘n boek gepubliseer. Ek sal nooit vergeet toe hy gevra het wat nuut was nie en ek genoem het dat die HJH, in Tagalog oorvertaal was, toe hy uitgeroep het, “Tagalog?!? Ernstig? Ek bedoel, jy kan dit nie opmaak nie! Jy is nie slim genoeg om selfs te weet dat dit ‘n taal is nie, Erin, ‘n taal wat in die Filippyne gepraat word!” Is ouer broers nie net die beste nie?! Hahaha. 

Tog, is dit wanneer ek die meeste opgewonde word, wanneer ek met ‘n kortaf onheilspellende kommentaar soos dit uitgedaag word. Want terwyl ek stilstaan om te luister, en erken dat ek nie weet hoe om te antwoord nie en wag om te hoor wat Hy wil hê ek moet antwoord, weet ek dat Hy op die punt is om te verskyn en ons albei te verstom met die antwoord wat uit my lippe gespreek gaan word, maar deur ons Hemelse Vader gegee is.

“...moet julle julle nie bekommer oor hoe of wat julle moet sê nie, want op daardie oomblik sal God aan julle gee wat julle moet sê. “ Matteus 10:19 Afr 83

Ook, snaaks, dat my broer dit die meeste van die tyd ook geniet om my in die rede te val nog voordat ek ‘n kans kry om te antwoord en te sê…”En moet nie waag om vir my te sê dit ‘Is God!”’ nie. Dan giggel ek stil, vat ‘n lang pouse voor ek sê, “Wel, jy ken my, nie waar nie? En as dit nie GOD is nie, hoe anders is dit moontlik? Ek is ‘n dwaas en jy weet dit” en dan giggel ek nog meer. Om my PhD-broer te los met niks om te sê nie maak dat ek saam met God lag. Omdat ek weet dat my broer weet dit moet God wees (en hou dop, eendag sal ek sy getuienis by ons Redding Stories voeg). 

“Hy wat in die hemel woon, lag hulle uit, (Psalms 2:4) en ek geniet dit om saam Hom te lag.

Is dit wat my Hemelse Vader vir my gesê het nie so waar nie? Dat as alles altyd glad verloop, dat ons lewens vaal en geurloos sal word en sal ons nooit die voorreg hê om oor, onder, om, en deur die moeilikhede te navigeer terwyl ons Sy hand vashou of na aan Sy bors gedra word nie. Om ook te weet dat soveel baie ander mense in ons lewens, mense soos my broer wat smag na pikanterigheid, ‘n getuie sal wees van wat Hy doen en dikwels vra HOE, maak my net baie meer opgewonde om te kyk hoe God ‘n bietjie meer spesery in my lewe voeg! Wat van jou?

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui