Hierdie week het Hy dit goed gevind om ons weeklikse boodskappe na ân nuwe onderwerp te verander, iets waaroor ek al ân paar dae nagedink het. Eintlik, is dit ân nuwe openbaring waaroor ek nagedink het, wat ek nie seker is of my gedagtes dit al geabsorbeer het nie. Dit is die onderwerp van leuens en wat ons uiteindelik âkiesâ om te gloâ.
Leuens wat aan ons vertel is, is iets waaraan ek gereeld sedert laat Maart gedink het (as gevolg van toe ek persoonlik en ons bediening onder aanval gekom het). Tog is dit hierdie nuwe openbaring wat my laat smag om die impak van hierdie nuwe waarheid ten volle te verstaan om dit met al julle kosbare lidmate, Sy bruide, te deel.
Hopelik, sal Hy my help om dit goed genoeg aan jou te verduidelik sodat jy dit ook in jou hart sal kan oordinkâen sodoende sal jy dit nie net kan begryp nie, maar ook die waarheid daarvan kan omhels.
Die waarheid is, daar word leuens orals vertel en hulle word meer en meer verregaande. Wat verbasend vir my is, is dat leuens amper verwag word, amper (ân) âgegeweâ en in sekere opsigte selfs verduur en aangemoedig (word). Dit kom selfs in die lewens van âChristeneâ voor, omdat sommige rasionaliseer of vir hulleself lieg dat iets die waarheid is, wanneer dit ân FEIT is, dat dit ân leuen is. Â
Jy mag dit dalk in jou eie lewe ervaar het. Jou AM âaardse manâ mag dalk vir jou gelieg het en op dieselfde tyd vir homself gelieg het, soos deur te sĂȘ dat hy nooit lief vir jou was nie en later, selfs erken dat dit ân leuen was en dat hy dit geweet het toe hy dit gesĂȘ het. Ek kan jou nie vertel hoeveel HHG âHerstelde Huweliks Getuienisseâ die einste ding sĂȘ nie.
Jy het dalk ook ervaar dat daar leuens oor jou vertel word. Baie deel oor hoe hulle AM en AV âander vrouâ hof toe gaan en hulle leuens word geglo sodat ân egskeidings- of toesigbeslissing kan deurgaan. Het jy dit al ooit ervaar? En maak nie saak hoeveel jy ander probeer oortuig dat dit ân leuen is nieâmense kies om iets te glo wat so aaklig vals is, so verkeerd, wat jou verstom los.
Dit is een rede hoekom die Here ons gewys het hoe om te lewe wanneer hy in 1 Petrus 2:21-23 sĂȘ âJuis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely het en so vir julle ân voorbeeld gestel het, sodat julle in Sy voetspore kan volg . . .toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.â dit sĂȘ ook uit Sy mond het daar nooit ân leuen gekom nie.â En Jesaja 53:7â âHy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ân lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ân skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie.â
Die wat Hom vervolg het, het geweet dat Hy op hierdie manier sou reageer. Wetende dat Hy nie sou baklei nie, dat Hy nie sou probeer om Homself te verdedig nie of die rekord regstel nie. In plaas daarvan, het hy verkies om God te vertrou dat Hy ân plan het, ân doel en dankie dat GOD het, anders waar sou ons almal wees? En dit is hoekom ek altyd kies om God se plan te vertrou deur sy voorbeeld te volg. Alhoewel ek graag die rekord sal wil regstel, tensy iemand op ân manier vra wat ek weet dat hulle eerlik vra en die waarheid nastreef (Mat. 7:7), maak ek nie my mond oop in enige verdediging nie.Â
So wonderlik as wat hierdie gedagte is, is dit nie die openbaring wat ek probeer absorbeer het nie. Dit is die grondwerk of fondasie en iets wat ek dink ons almal moet oordink, omdat HIERDIE beginsel, om nie ons monde oop te maak in verdediging nie, iets so vreemd is, dat dit selfs absurd onder gelowiges is. So kom ons stop en Sela oor hierdie gedagte om dit toe te laat om regtig in ons harte en murg te absorbeer.