Lewensles Week 41

Week 41 “Herinner My”

Week 41 “Herinner My”

Hierdie lewensles het my herinner dat ons, ons wonderlike Here met enige iets kan vertrou, ons kan Hom selfs vertrou om ons te herinner aan wat ons moet doen. En ek kan getuig elke keer wat ek my Liefling Hemelse Man gevra het om my asseblief te herinner aan wat ek moet doen, het Hy.

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die lewensles:

Daar is tye wat ek nie daaraan dink om Hom te vra nie totdat ek ‘n lang verstandelike lys het van wat ek wil onthou om te doen en ek my begin kwel. Maar die oomblik wat ek Hom vra om my te herinner, vertrou ek dat Hy die lys vir my hou en my las lig om ‘n vredevolle en rustige slaap te verseker. Probeer dit doen en geniet daardie salige slaap wat net deel is van die oorvloedige lewe waarna Hy so hunker vir ons om te geniet.

Kosbare liefste bruid op hierdie laaste dag van 2023, kom ons neem ons voor om 2024 meer op die Here te steun met alles. Hy is betroubaar en Hy will hê ons moet meer op Hom steun.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Lewensles Week 41”

  1. Ja liefste Janine wanneer ons Hom vra wat ons moet doen herinner Hy ons en se vir ons wat om te doen. Ek vertrou op my Geliefde Hemelste Man vir die laaste dag en ure van 2023 en vir die nuwe jaar. My lewe lewe is in Sy hande ek ek vertrou op Hom. Ek so bly dat Hy in beheer is. En dat ek opgewonde kan wees vir wat die Here vir my beplan vir die nuwe Jaar en sy seeninge vir 2024.
    Geseende 2024 vol van die Here se liefde en seeninge vir elke vrou.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui