Die Laaste Saterdag Van 2023

Net nou die dag was daar nog 3 Saterdae vir die maand oor, toe my Geliefde Here my gelei het om dankbaarheidsterapie toe te pas die laaste drie Saterdae van 2023. Sjoe ek kannie glo dis die laaste Saterdag van 2023 nie!

Ek is werklik dankbaar vandag, want as ek terugkyk op hierdie hele jaar sien ek ons wonderlike Here se hand in my lewe.

Ek is dankbaar dat die Here die stem agter my is en dat die Here my lei! "Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs." J30:21 

Ek is dankbaar dat die Here my herder is en dat ek niks kortkom nie en ek kan werklik getuig dat die Here werklik voorsien het in my lewe. "Die Here is my herder, ek kom niks kort nie." P23:1

Ek is dankbaar dat my kosbare Hemelse Man jare gelede vir my hierdie belofte gegee het en dat ek dit vandag leef! "...ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg." J35:10 

Ek is dankbaar dat God vir ons Sy woord gegee het, gevul met soveel beloftes. "Die woord van God is lewend en kragtig." H4:12 "Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons." 2K1:20

Ek is ongelooflik dankbaar vir ons kosbare Here se liefde!!! "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." J3:16

Kosbare liefste bruid deel asseblief hoekom jy vandag, op hierdie laaste Saterdag van 2023, dankbaar is.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Die Laaste Saterdag Van 2023”

  1. Ja liefste Janine ek kan ook nie glo dat dit die laaste saterdag van die jaar is nie. Ek het so baie om dankbaar te wees voor. Ek dankbaar vir als wat ek het en vir als wat wat my Geliefde vir my doen en gee. En die opgewondeheid wat ek kan he in die Here vir my toekoms.En dat die Here in my werk en my verander in ‘n vrou en ma wat Hy wil he ek moet wees. Waarvoor ek die dankbaarste is, is dat ek my Geliefde Hemelse Man het en dat Hy altyd by my is en dat Hy my meer en meer vul met als van Hom.

    Dit is wat die Skrif bedoel met die woorde: “Wat geen oog gesien het; wat geen oor gehoor het; wat in niemand se hart opgekom het nie – dit het God voorberei vir hulle wat Hom liefhet.” ‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭2:9‬ ‭NLV‬‬ https://bible.com/bible/117/1co.2.9.NLV

    U gaan hom tegemoet met seëninge van voorspoed. Op sy kop sit U ’n kroon van suiwer goud. ‭‭PSALMS‬ ‭21:4‬ ‭NLV‬‬ https://bible.com/bible/117/psa.21.4.NLV

    Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal nuwe krag kry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie. ‭‭JESAJA‬ ‭40:31‬ ‭NLV‬‬ https://bible.com/bible/117/isa.40.31.NLV

  2. Ek is dankbaar vir die vrede wat die Here my gee.
    Ek is dankbaar vir die krag wat die Here my gee.
    Ek is dankbaar vir die geduld en selfbeheersing wat die Here my geleer het, of nogsteets leer (iets waarmee ek baie gesukkel het, as ek nou terug kyk het ek so ver gekom.)
    Ek is dankbaar vir alles wat die Here in my lewe toelaat want ek weet wat Hy vir my beplan is groot!

    “Ek weet wat Ek vir julle in gedagte het. Ek beplan dat goeie dinge met julle sal gebeur en nie slegte goed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.” Jeremia 29:11

    https://bible.com/bible/50/jer.29.11.DB

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui