Lewensles Week 36

Lees asseblief hierdie gedeelte geneem uit Lewensles Weet 36: "Te Kort Skiet"

Wanneer ons werklik glo dat ons HM ons liefhet en die absolute beste vir ons wil hê, is dit eers dan dat ons in staat is om ons plan te laat vaar en Sy plan vir ons lewens te omhels. “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.” Jesaja 55:8-9

Ek het nog altyd my eie plannetjies probeer maak en ek moet erken dit het heeltemal "Te Kort Geskiet" van Sy planne vir my lewe, maar gelukkig is ons wonderlike Here so geduldig met my en gee Hy nie op met my nie. Die Here wag geduldig dat ek leer dat Sy planne vir my lewe defnitief die beste vir my is. Asseblief luister na my gesprek oor My Planne Teenoor Die Here Se Planne.

Kosbare liefste bruid laat vaar jou eie planne, ek belowe jou Sy planne vir jou lewe is veel beter as jou eie planne, vertrou ons wonderlike Here.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Lewensles Week 36”

  1. Ja Janine ek het ook altyd als self probeer beplan, self moeilike situasies probeer oplos, of planne gemaak as die finansies nie geklop het nie. Ons vlees wil dit tog so graag doen, maar dis nou eers, na ek my lewe verloor het wat ek so graag wou reel en beplan, dat ek kon oorgee en se: “Laat U wil geskied”

    1. En dit het mens so gedaan gemaak om dit self te probeer oplos ne kosbare Adina, dit is so gerustellend om te weet die Here weet presies hoe om enige siutasie op te los.

  2. Liefste Janine,
    Vandag se bemoediging het my baie geraak. Ek is een van daardie mense wat so gou ongeduldig raak en dinge vir myself wil uitsorteer. Ek het vandag gesit en terug dink en besef dat nie eèn ding wat ek in my eie hande gevat het uitgewerk nie. Soos Adina sê, ek moes eers alles verloor en daar ìs nie meer planne vir my te maak nie, voordat ek besef het daar is ‘n uitweg … God! Al wat ek moet doen is om my hande uit die slaai uit te hou en alles oor te gee aan God! Om Hom te vertrou want Hy weet die beste!

    1. Ja liefste kosbare Betty, staan net terug sodat ons wonderlike Here jou hele lewe kan oorvat, Hy weet wat Hy doen en alles alles omtrent jou maak vir Hom saak, so moenie dink Hy gaan een deel uitlos nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui