Lewensles Week 34

"Aangesien Hy ons groep het om Sy bruide te wees, laat ons toelaat dat Sy liefde ons omring om ons op te lig, bo te dra en te sweef oor die wêreld se moeilikhede. Laat Sy liefde alle bewyse van ons tekort aan vertroue uit die weg ruim, soos wat ons “op die Here vertrou” en nie op ons eie insigte staatmaak nie. Laat ons ‘n lewe van geloof leef tot op die punt dat dit ander wat ons lewens aanskou, sal aanmoedig om die oorvloedige lewe van ‘n bruid haarself te wil hê."

Week 34 “Sweef”

Hierdie hele week het my HM my herinner dat Hy my omsluit van alle kant - U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. P139:5-6

Dit is vir my so pragtige versekering. Ek het die woord omsluit opgesoek in die woordeboek en dit beteken om te omring, so ons word omring van alle kante af. Die Here se liefde vir ons is werklik 'n beskermende liefde, ons het rede om die Here te vertrou.

Ek glo jy wil ook sweef bo die wêreld se moeilikhede, ek wil beslis en ek wil hê my lewe moet vrouens aanmoedig om ook die oorvloedige lewe te wil hê en ons gaan dit regkry deur die Here totaal en al te vertrou. Kosbare bruid kom ons sit al ons vertrou in die Here.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Lewensles Week 34”

  1. ja liefste Janine so pragtige versekering dat die Here ons omring met sy liefde en ons beskerm in die moeilike tyd en dat hy ons die heeltyd beskerm Die Here is al een wat ons kan beskerm soos hy doen

  2. Ja kosbare Kristy, die Here is beslis al Een wat ons werklik kan beskerm, al Een wat ons werklik van vervul, al Een wat ons so kan lief hê met Sy onbeskryflike liefde.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui