LEWENSLES WEEK 31

Week 31 “Beweeg Hoër Op”

https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w31/

Aangehaal uit die lewensles:

"Nadat ons die eerste tree hoër opneem, as ons onmiddellik Sy volmaakte plan sien ontvou, voel ons onsself sweef."

"Wanneer die resultaat nie is soos wat jy gehoop het nie, is dit wanneer jy begin twyfel en bevraagtken dat wat jy gedoen het Sy plan was. “Het jy Hom gemis? Doen ek dinge in die vlees? Hoekom? O, hoekom sweef ek nie?”

Kosbare liewe bruid dis so maklik om te twyfel as die resultaat nie is soos wat ons gehoop het nie en ek kan daarvan getuig: ek het al op 'n vorige geleentheid genoem dat ek moet trek. So paar weke gelede het die Here my wakker gemaak en gesê ek moet drie dae vas, wat ek toe gedoen het. Ek het gedink dat as ek klaar gevas het, dat ek sommer dadelik 'n nuwe plek gaan kry, want nie gebeur het nie. En ek is jammer om te erken, dat ek toe begin twyfel het of dit die Here was wat my gelei het om te vas, maar ek moes vinnig jammer sê want ek besef die Here het my nie laat vas om te kry wat ek wil hê nie, maar om nader aan Hom te beweeg en hoër op saam met Hom te beweeg, wat ek baie meer nodig gehad het. Sy plan vir ons is werklik die heel beste en ons wonderlike Here is besig om my te leer om Hom net te vertrou.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “LEWENSLES WEEK 31”

  1. Ja kosbare Janine, dit is baie maklik om te twyfel wanneer die resultaat nie is soos wat ons gehoop het nie, ek het al so baie in my lewe getwyfel, baie kere verstaan ek nie wat gebeur nie, maar dan vertrou ek net op die Here. Ek het ook in die begin van my reis gevas met die “hoop” dat die Here my huwelik sal herstel, en nou weet ek hoe verkeerd dit was, MAAR soos jy hier bo sê, ek het Hom in daai tyd geleer ken. 😊❤️

    1. Kosbare Mila, ons almal het dit al gedoen en as ek terugkyk op my lewe besef ek die Here se tyd is altyd die beste. En dis alles deel van ons groeiproses.

  2. ons kan net dankie se dat ons die Here het en dat ons in hom kan vertrou en dat hy ons weer en weer om vou met sy liefde al twyfel ons party keer om vou hy ons weer met sy liefde

    1. Ja kosbare Kristy ons kan werklik dankie sê dat ons die Here het en Sy genade vir ons is so wonderlik.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui