Lewensles Week 3

Psalm 23 is ook een van my gunsteling Psalms. As ek myself in 'n moeilik situasie bevind of net dalk bietjie af voel, is ek mal daaroor om te sĂȘ: Die Here is my Herder, niks maar niks sal my ontbreek nie.

HY LEI MY.

Die manier om ‘n noue en intieme verhouding met die Here te ontwikkel is wanneer jy besef net hoe naby Hy is aan jou. En deur eenvoudig hierdie DRIE woorde te sĂȘ: HY LEI MY, sal jy ‘n nuwe lewenswyse begin ervaar.
Is dit nie wonderlik dat Hy ons lei nie, ons moet net oorgee, want Hy wil ons lei.

Hierdie week se opdrag is om voort te gaan om verse by jou “teiken” of “sleutel” verse te voeg wat jy GETROU reg langs jou bed hou; lees hulle EERSTE wanneer jy wakker word en ook WEER net voor jy gaan slaap in die aand—met ander woorde—oordink hulle dag en nag!
Hierdie is so belangrike beginsel en ek kan getuig dat God se woord werklik kragtig, lewendig en skermper as enige tweesnyende swaard, ons moet elke dag woord in ons lewens inspreek.

Week 3 “Hy Lei My”

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “Lewensles Week 3”

  1. Dankie Janine, om mens die verse wat tot jou spreek neer te skryf of iewers op jou foon te stoor om elke oggend, of elke keer as krisis opduik, deur te gaan is so ‘n kragtige beginsel om deur stroms te gaan!

    1. Liefste Adina, dit is ‘n baie kragtige beginself, ek onthou nou nog die verse wat my deur die ergste storms gehelp het.

  2. Ek stem saam, dankie Janine. Ek het nou geleer ek kan vir myself boodskappe in whatsapp stuur, so ek het dit nou heelbo aan my whatsapp gepin en as ek ‘n mooi vers kry, stuur ek dit vir myself en so lees ek deur die verse. Dit vervang nou my 3X5 boekie wat ek gehad het want ek het meeste van die tyd my foon by my.

    1. Haaai Yvonne ek wil dit ook doen! Danie dat jy saam met ons deel! 🙂 ek het ook die 3 x 5 kaarte gedoen maar het meestelik my foon saam met my.

  3. Ek hou baie van hierdie lewens lesse Janine! Dit leer ons en gee ons die bemoediging om meer in die woord te wees!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui