LEWENSLES WEEK 23

Week 23 “Ons Eindelose Bron”
“Sy het innerlike krag en waardigheid. Sy is nie bekommerd oor die toekoms nie.” (Spreuke 31:25).

"Maak nie saak wat ons nodig het nie, of dit liefde of vertroosting is, of selfs wanneer dit geldelike behoeftes is, Hy het ‘n eindelose toevoer wat Hy bly sal wees om te gee wanneer dit in ons beste belang is."

Ek glo jy wil ook die Spreuke 31 vrou wees, ek wil beslis en tog hoe maklik kan ons, ons net nie oor die toekoms bekommer nie.

"Dit is die punt, is dit nie? Wanneer ons om een of ander “vreemde” rede ‘n tekort kry aan wat ons regtig nodig het—hoekom glo ons dat Hy van ons weerhou wat ons “nodig” het? Al wat ek met sekerheid weet, is dat wat dit ook al is, dit IS, dit moet wees, vir ons eie beswil, vir ons veiligheid, vir ons beskerming—iets en op een of ander manier om dit nie vir ons te gee nie, beteken ‘n groter ten GOEDE vir ons!"

Dis so maklik om ongelukkig te raak as ons nie altyd kry wat ons wil hĂȘ nie en dan vergeet ons maklik dat die Here dit weerhou omdat dit in ons beste belang is. As ek terugkyk op my lewe was dit wat ek van die Here gevra het en nie gekry het nie, baie beslis in my beste belang.

Dan moet ek gou getuig, ek soek 'n huis, want ek moet een van die dae trek en ek sien 'n pragtige huis, maar ek bid toe en sĂȘ vir die Here as Hy nie wil hĂȘ dat ons daar moet bly nie, dan moet Hy my asseblief wys en so gaan ek die volgende dag weer op die webwerf en daar is die huis glad nie meer beskikbaar nie, alhoewel dit 'n mooi bekostigbare huis was, weet ek die Here het ander planne waar ons moet bly en ek vertrou Hom. Is dit nie wonderlik hoe ons op ons Eindelose Bron kan vertrou nie!

Week 23 “Ons Eindelose Bron”

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui