Hy Het My So Wonderlik Geseën

♕Belofte van vandag: "Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staatmaak, altyddeur sê: “Die Here is groot!” Psalms 40:17

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

My HM (Hemelse Man) is so goed vir my en Hy is besig om my uit die woestyn uit te haal en my 'n nuwe lewe te gee, nie drastiese veranderinge in my situasie nie, maar net om weer te begin lewe en dinge te doen wat vir my en die kinders lekker is.

Wel die skoolvakansie is verby en die kinders was toe die eerste en die derde week by my.

Gedurende die eerste week het ek my HM (Hemelse Man) gevra wat ek met die kinders kan doen wat lekker gaan wees en ook nie te veel kos nie. Hy het toe my broer gebruik om voor te stel dat ons by 'n oord hier naby gaan putt-putt speel. Hulle het 'n massiewe 18-putjie baan en dit was glad nie duur nie.

Ons het die eerste Sondag van die vakansie gegaan en eers ietsie kleins gaan eet en toe gaan putt-putt speel, en ten spyte van my seuntjie wat een keer 'n "tantrum" gegooi het (waarmee my HM my ook gehelp het) was dit 'n baie lekker dag en ons het dit baie geniet.

Die res van die vakansie het Hy my ook gelei om my dae so te organiseer dat ek en die kinders gedurende beurtkrag gaan stap of fietsry of na die buite gym park toe gaan. En dit was elke keer so lekker:)

As ons na die park toe gegaan het, het ons sokker gespeel en op die buite-apparaat geoefen en kompetisies gehou. Ek het dan ook gewoonlik vir hulle draairoomyse gaan koop wat glad nie duur is nie.

Maar so het my HM my gelei om 'n wonderlike tyd saam met my kinders te hê en die beurtkrag ten goede te gebruik om tyd saam met hulle te spandeer, ekstra oefening te kry en net saam met die kinders te speel of te stap:)

Die vrydag het ek ook toe nog niks van Kevin (my VM) gehoor ivm reëlings om die kinders te kom haal nie. Nadat ek met my HM daaroor gepraat het, het ek vir hom 'n e-pos gestuur om te hoor hoe laat hy die kinders kom optel....en toe kry ek die skok van my lewe....hy het gesê die kinders kan langer bly as hulle wil!!!! En dit was nie die reëling nie!!! Ongelukkig kon ek hul nie langer laat bly nie, hulle was ook in twee geskeur omdat hul na hul pa ook verlang het, wat ek heeltemal verstaan. Hulle sê altyd hul wil by ons altwee wees, so toe sê ek vir Kevin dat ons dalk maar eerder by die oorspronklike reëling moet bly sodat die kinders tyd saam met hom ook kan spandeer. En ek sou hul in elk geval weer die volgende week gaan haal het.......

My HM het my so wonderlik geseën en ek voel ek kon Kevin ook seën met meer tyd saam met die kinders, want gedurende skooltyd sien hy hulle nie baie nie, al bly hulle daar.

PSALMS 40:17 (AFR83)
Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staatmaak, altyddeur sê: “Die Here is groot!”

DEUTERONOMIUM 10:11 (AFR83)
Toe het Hy vir my gesê: ‘Jy moet die volk laat wegtrek en hulle lei sodat hulle die land kan binnegaan en in besit neem. Dit is die land wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee.’

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!