Hy Het My Genees – “Verskeie Beproewinge”

Aangehaal uit die Engelse boek "He Healed Me" - Hoofstuk 4

"Die belangrikste ding wat ons moet besef tydens ons beproewings, verdrukkinge, toetse en versoekings is dat God in beheer is! Dit is Sy hand wat toelaat dat hierdie beproewinge ons aanraak of nie aan ons raak nie. Wanneer Hy dit wel toelaat, stuur Hy sy genade en barmhartigheid, wat ons in staat stel om te volhard.

Met God. "By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik." Matt. 19:26. “Toe Jesus na hulle kyk, sĂȘ Jesus: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want alles is by God moontlik.’” Markus 10:27. Niks (NIE ‘N ENKELE DING) is onmoontlik by God nie. Werk saam met God. En aangesien Hy nie 'n aansiener van persone is nie, wat Hy vir ander gedoen het, gaan Hy vir jou doen!"

~~~~~~~~~~~~~

Glo my in die middel van die seer het ek nie gedink hoe ek ooit sou kon volhard nie, ek wou soveel keer net opgee en in ‘n bondeltjie gaan lĂȘ en myself jammer kry en ek wou net hĂȘ die seer moet weg gaan, maar ons wonderlike Here het beslis Sy genade en barmhartigheid gestuur en Hy was die Een wat my help om tot vandag toe nog te volhard. Al het die seer nie dadelik weg gegaan nie, het die Here my geloof versterk, het die Here uit my seer 'n getuienis gebring alles vir Sy eer. En ja ek moet herken ek het soveel keer my eie planne gemaak en nie saam met God gewerk nie, want ek het gedink my planne sal vinniger resultate gee, maar vandag kan ek vir vrouens sĂȘ vertrou die Here, Sy planne is die heel beste.

Kosbare vrou, niks, maar niks is rerig vir God onmoontlik nie, nie jou huweliksprobleme nie, nie jou egskeiding nie, nie jou probleme met jou kinders nie, nie jou probleme met jou ouers nie, nie jou probleme met jou baas nie... God is werklik in beheer van alles. Hierdie is ‘n feit en hou styf vas aan hierdie pragtige belofte dat niks vir ons wonderlike God onmoontlik is nie. Vandag besef ek die Here wil hĂȘ ons moet alles opgee, maar soos in oorgee aan die Here, want Hy weet presies wat om met alles te maak wat ons in elk geval nie ‘n oplossing voor het nie.

Luister asseblief weer hoe die Here die term opgee aan my verduidelik het:

https://youtu.be/1QPzvHDvSz4

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui