...en Hy word genoem:
Wonderbaar,
Raadsman,
Sterke God,
Ewige Vader, 

Vredevors

“Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. DiĂ© wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.” 

“Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord, Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is. Hulle wat opsien na Hom, sal straal van vreugde; op hulle gesigte is daar geen skaamte nie. Psalms 34:5-6 NLV

"Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae."

Liewe Vriend

Sal dit help om te weet dat baie van ons bedienaars baie skandalige, hartverskeurende en onuitspreeklike ervarings beleef het en deurgekom het, maar wie se gesigte nou STRAAL en Sy liefde weerkaats! Dit kan en sal vir jou ook gebeur—NEE, nie wanneer jy ouer is nie—maar NOU. 

God, wie nie kan lieg nie, het gesĂȘ


"Jesus het reguit na hulle gekyk en gesĂȘ: 'Vir mense is dit onmoontlik, maar VIR GOD is alles moontlik.'”

"Jesus het reguit na hulle gekyk en gesĂȘ: 'Vir mense is dit onmoontlik maar nie VIR GOD nie, want vir God is alles moontlik.'” 

“Niks is VIR GOD onmoontlik nie.” 

"Daarop antwoord Hy: 'Wat vir die mense onmoontlik is, is VIR GOD moontlik.'” 

“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” 

"Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hĂȘ."

Vry, Skoon en Vreedsaam

Ons glo jou grootste begeerte is om vry, skoon, en vredesaam te voel. Dit kan gebeur!

“... om dit [Sy kerk] te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord"

"Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het...” 

"...om só die kerk aan God toe te wy nadat Hy die kerk met die water en deur die woord gereinig het
” 

“Dit het Hy gedoen sodat die kerk net God s’n kan wees en daar niks in die kerk moet wees wat nie by God pas nie. Dit het gebeur deur die doop en die Woord." 

Wanneer jy geskend is, voel jy vuil, onrein, skaam—en die water van ’n stort kan nie jou hart en siel en gees reining nie—net SY water, SY Woord het die krag om dit te doen!

Elke keer wat jy Sy Woord lees, sal Sy beloftes jou nie net help om jou verstand en gedagtes met Sy waarheid te hernu nie—elke keer wat jy Sy woord lees en/of daarna luister, word jy heel en genees en gewas en gereinig!

Wil jy deeglik gewas en skoon wees? Besoek "Lees deur die Bybel" om ‘n vlak van geestelike krag en bonatuurlike voorspoed te verkry wat onbekend aan meeste van die wĂȘreld is.

Geseënd is die Sagmoediges

Of jy nou jou pyn en skaamte hanteer het deur buitengewoon stil te word of teruggeveg het deur meer uitgesproke te word, of uiters, onbeheerbaar kwaad. Dit is tyd vir jou om Hom toe te laat om vir jou te veg en jou vry te laat.

“Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red
” Eksodus 14:13

“Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie
 Die Here sal by julle wees.” 

“GeseĂ«nd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.” Matteus 5:5

En wanneer jy daar staan en toekyk hoe Hy hierdie stryd vir jou baklei (deur nie meer te baklei of te glo dat jy net jou pyn moet verduur nie) hoef jy ook nooit te bespreek of te praat oor wat met jou gebeur het nie.

Beraders moedig ons aan om te praat oor wat met ons gebeur het, wat beteken jy herleef die gruwel oor en oor en oor en oor en oor. Dit is teenstrydig of die teenoorgestelde van wat GOD sĂȘ. Hy sĂȘ:  "Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees" Filippense 4:5-10. Hoe kan jy aan suiwer en lieflike dinge dink as dit waaroor jy praat is waaroor jy dink?!?

"Ek sĂȘ nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus." Gee jouself toestemming om van die pyn en skande the vergeet terwyl Hy jou genees!

God sĂȘ dat Hy is die "Wonderlike en Magtige Raadsman." Jy verdien die BESTE. ’n Raadsman wat die toekoms ken, Wie die verlede ken (en jou nie vra om daaroor te praat nie want HY WEET). Wie in staat is om jou te was sodat jy skoon en stralend kan voel. Daar is net Een wat jou in die regte rigting kan stuur, elke tree op die pad lei. Moenie op ons of enigiemand anders vertrou nie. Vertrou op Hom en Hom alleen! Niemand behalwe God weet waardeur jy gegaan het, wat jy verduur het en hoe jy regtig en werklik voel nie.    

Waar, ander wat iets soortgelyks ervaar het kan jou laat voel jy is nie alleen nie. Maar jy VOEL alleen. Dit moet vandag nog eindig!

Maar wie anders as GOD, die Vredevors, kan moontlik verstaan?

Wil jy meer leer? Lees  ‘n Stil en Sagmoedige Gees uit ‘n Wyse Man

Vry van SKANDE

Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlĂȘ in groen weivelde;

na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel

HIER is 'n paar van die beste hulpbronne om te benut—’n paar van ons gewildste Lewenslesse wat so baie mans gehelp het en jou kan help. Nadat jy dit gelees het, maak seker dat jy jou joernaal invul, want dit is die manier waarop jy met God kan praat en sĂȘ wat jou pla, wat jy gedra het.

mLL 4 “Skuldig Bevind” ★★★★★

mLL 5 “Toesmeer” ★★★★★
Wees seker jy vul jou joernaal in

mLL 6 “Aanklaer” ★★★★★
Wees seker jy vul jou joernaal in

mLL 7 “Geboei en Gejuk” ★★★★★
Wees seker jy vul jou joernaal in

mLL 8 “Versoekings” ★★★★★
Wees seker jy vul jou joernaal in

♡ LIEFDE

 

Liefde bedek baie sonde

“Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhĂȘ, want die liefde bedek baie sondes.”  1 Petrus 4:8

“Die liefde vergaan nooit nie.”

Daar is net Een wat onskuldig was maar naak aan die kruis gehang het en uitgeroep het  “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

 

Gevange Geneem

Jy mag jouself dalk emosioneel weggesluit het om jouself te beskerm— tog voel jy nooit veilig nie. Dit is tyd om die tronkdeur oop te sluit en daar is net een manier—deur vergifnis. Wraak is Syne. Straf behoort aan God. Staan stil en kyk terwyl Hy jou toevou in Sy liefdevolle, beskermende en verstaanbare arms.

Gee dit ALLES—GEE alles aan Hom.

“Maar in hulle nood het hulle na die Here geroep om hulp, en Hy het hulle bevry van hulle ellende”

Dink oor Hom

Rus in Hom.

Laat dit Gaan en Vergewe

V. Hoekom moet ek vergewe?

Sodat jy bevry kan word uit die tronk waarin jy toegesluit is.

V. Maar moet die oortreder nie jammer wees as ek moet vergewe nie?

“Vader, vergewe hulle.” Diegene wat Jesus gekruisig het, het Hom nie om vergifnis gevra nie, en hulle was ook nie spyt oor wat hulle besig was om te doen of wat hulle gedoen het nie. As ons Christene is, is ons navolgers van Christus; daarom moet ons Sy voorbeeld volg. “ Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

Toe Stefanus gestenig is, het hy uitgeroep net voor hy gesterf het: “Here, moet hulle tog nie hierdie sonde toereken nie!” Kan ons enigsins minder doen?!

V. Maar hoe dikwels verwag God dat ek moet vergewe?

Sewentig keer sewe. Baie mans roep uit: “Maar my gade het dit al voorheen aan my gedoen, regdeur ons hele huwelik!” Toe Petrus gevra het hoe dikwels hy moet vergewe, het Jesus hom geantwoord: “Ek sĂȘ vir jou, nie sewe keer nie maar selfs sewentig maal sewe keer.” Dit is 490 keer vir dieselfde oortreding!

  • ONTHOU om nie te vergewe nie beteken dat JY, nie jou oortreder nie, gevange geneem word deur skaamte en pyn en pyniging.

V. Beteken vergifnis regtig dat ek vergeet wat die persoon aan my gedoen het?

“Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie.”

“So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.”

“Moenie kwaad met kwaad vergeld of belediging met belediging nie. Inteendeel, antwoord met 'n seĂ«nwens, want daartoe is julle geroep, sodat julle die seĂ«n van God kan verkry.” 1 Petrus 3:9.

Jy verdien Sy liefde. Sy beskerming. Sy vergoeding.

Laat elke herinnering uit jou geheue vee en vervang dit deur jou seëninge te tel.

“As hulle kwaad teen U beraam, bose planner uitdink, sal hulle niks uitrig nie. Toe U verskyn het, het my vyande gevlug, hulle het gestruikel en omgekom. U het die nasies met vernietiging gedreig, die skuldiges laat omkom, hulle naam vir altyd uitgewis. Dit is klaar met die vyand, daar bly net puinhope oor. U het hulle stede verwoes, niemand dink eers meer aan hulle nie. Nog 'n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie; 'n mens sal hom soek waar hy was, maar hy sal nie daar wees nie. DiĂ© wat nou verdruk word, sal die land besit en hulle verlustig in hulle welvaart. “Uit Psalms 21

Behoorlik Voogestel

Die Vredevors wat die Engele LeĂ«r lei, Here van die LeĂ«rskare, strek af om jou op te lig, sal jy vasgryp? Hy is die EEN Vriend wat belowe om nader as ‘n broer te bly en ook ‘n Magtige Krygsman is.

“En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.” Filippense 4:9

"In plaas van vernedering
sal julle TWEE KEER soveel besittings hĂȘ as tevore,
in plaas van minagting
sal julle lof ontvang oor wat julle besit.
Julle sal in julle land twee keer soveel besit
as tevore en julle sal altyd vreugde hĂȘ."

"Ek is die Here, Ek het die reg lief,
Ek haat roof en misdaad.
In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het,
Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit.
Hulle afstammelinge sal bekend wees onder die nasies,
hulle nakomelinge onder die volke.
Almal wat na my volk kyk, sal besef
dat hulle 'n volk is wat deur die Here geseën is."

En jy sal sĂȘ, as jy dit eers ervaar het...

"Ek is baie bly in die Here , my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel — soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele."

Ware sukses kom van luister, lees en Sy beloftes dag en nag te oordink, wat sal verseker dat jy “voorspoedig in alles is wat jy aanpak.” Jy sal in staat om te vergeet wat agter was, vorentoe te beur om baie lewendig te red. Gee lewe terug om vir en saam met Hom te leef. Vry van vrees. Vry van skande. Almal wat sien merk op. Baie Edel, jy oortref hulle almal.

Waarom? Waarom het dit met my gebeur?

“Ons weet dat God alles ten GOEDE laat meewerk vir diĂ© wat Hom liefhet, diĂ© wat volgens sy besluit geroep is."

Om uit te reik na 'n ander broer, net een persoon op 'n slag lei Hy jou...

"Red diĂ© wat na hulle dood toe gesleep word, diĂ© wat val-val op pad is om doodgemaak te word as jy nie keer nie. As jy sou sĂȘ: 'Ons weet daar niks van af nie', sal God wat die gedagtes toets, weet wat die waarheid is. Hy wat oor jou wag hou, Hy weet en Hy vergeld 'n mens vir wat hy gedoen het."

Jy het so lank hiermee saamgeleef—dit is tyd om die las van net een te lig.

“Niks is VIR GOD onmoontlik nie.”

Wyse Mans

No matter how you found your way here, it's not by chance, nor is it by coincidence— God has heard your cry for help, and He has personally led you to us and our ministry that began by believing one PROMISE! This IS your Divine appointment. Read and reread this page until everything RIGHT and GOOD has happened as promised on this page. Don't let it go. Come here rather than going to play video games or going to websites that leave you feeling more unclean.

Maak nie saak hoe jy jou pad hierheen gevind het nie, dit is nie toevallig nie— God het jou hulpgeroep gehoor en Hy het jou persoonlik na ons en ons bediening toe gelei wat begin het deur een BELOFTE te glo! Dit IS jou Goddelike afspraak. Lees en herlees hierdie bladsy totdat alles REG en GOED gebeur het soos belowe op hierdie bladsy. Moet dit nie laat gaan nie. Kom eerder hierheen as om videospeletjies te speel of na webwerwe te gaan wat jou meer onrein laat voel.

JY KAN VRY WORD!!

Net HY kan dit doen!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui