HOE GOD JOU HUWELIK KAN EN SAL HERSTEL – HOOFSTUK 1

AFR-NEW-COVER-WRYM-Front

HOOFSTUK 1 - MY GELIEFDE

In die begin van die 1ste hoofstuk skryf die skrywer Erin: Dit is nie per toeval dat jy hierdie boek in jou hande hou nie, dit is deur Goddellike Voorsiening. So paar dae gelede het ek geskryf oor nie per toeval nie en dat ek glo dat als met 'n doel gebeur en ek glo met my hele hart dat dit nie per toeval is dat ek die boek in die hande gekry het nie en so ook is dit nie per toeval dat jy hier lees nie.

Soos jy deur persoonlike beproewing in jou huwelik gaan, as jy regtig wil hĂȘ dat dinge ten goede moet uitwerk, moet jy God eers liefhĂȘ en werklik Sy doel vir jou lewe begeer. Hierdie is so belangrike beginsel en glo my dit is tot voordeel van jouself, om God lief te hĂȘ is die beste ding wat nog ooit met my gebeur het.

Ek is seker dat “die donker dieptes” presies beskryf hoe jy oor jou situasie voel, maar God het dit toegelaat vir jou eie beswil. Toe ek jare gelede deur my egskeiding gegaan het, het dit werklik vir my ongelooflik donker gevoel maar vandag weet ek God het dit toegelaat vir my eie beswil, al het dit nie op daai oomblik so gevoel nie en hoe meer ek na God gegryp het, hoe meer het ek uit daai donker diep gat gekom.

Moenie impulsief optree nie. God sĂȘ gewoonlik, “Wag!” Baie kere as jy wag, verander Hy die omstandighede. Ek het impulsief opgetree voor ek van beter geweet het en ek het God nie eens kans gegee om my omstandighede te verander nie, want ek was so desperaat, maar my desperaatheid het dinge net erger gemaak. Toe my man ons huis verlaat het, was ek so ongelukkig en kwaad dat ek vir hom 'n nommer gesoek het waar hy my vinnig en goedkoop kon skei en dit is presies wat hy gaan doen het, so ek het die gevolge van my impulsiwiteit gedra.

Werk saam met God. En moenie dink dat sonder jou eggenoot se hulp en samewerking jou huwelik nie gered of verbeter kan word nie. Hierdie is so belangrike beginsel, die oomblik wat ons saam met God werk, kan ons lewens nie anders as om beter te word nie.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “HOE GOD JOU HUWELIK KAN EN SAL HERSTEL – HOOFSTUK 1”

  1. O Wow Janine, dankie dat jy uitgewys het wat jou in hierdie hoofstuk geraak het en hoe jy dit uiteengesit het!

    En ek stem heeltemal saam, wanneer ons deur die “donker dieptes” gaan voel dit of ons nooit gaan uitkom nie, maar as ek nou terugkyk, het Hy my uit daardie dieptes getrek, in ‘n Oorvloedige Lewe in.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui