HERSTEL JOU VERHOUDINGS – VERTROU EN GEHOORSAAM

Hierdie hele hoofstuk 2 uit Herstel jou Verhoudings het my so geraak, dat ek net nog 'n baie belangrike gedeelte moes uitlig:

Moenie, moenie, moenie ander of iemand wat betrokke is konfronteer nie! Dit is presies wat die vyand wil hĂȘ jy moet doen. Dit is 'n net wat die vyand gelaat het om jou te vernietig. Ek, soos soveel ander vroue, het in hierdie strik getrap deur die AV (ander vrou) by wie my man betrokke was, te konfronteer. Moenie dit doen nie! Jy mag dalk jou vlees bevredig, maar die gevolge sal jou vernietig en enige gevoelens wat jou man nog vir jou mag hĂȘ. Moenie met die AV oor die telefoon of persoonlik praat nie, selfs al eis sy dit. Moenie dwaas vir haar 'n e-pos of brief stuur om vir haar te sĂȘ dat jy haar vergewe nie. Dit is nie God nie. Dis die duiwel wat op jou eiegeregtigheid speel.

Daar is baie redes, maar die belangrikste rede is, want sodra sonde in die openbaar is, glo my, sal dit voor jou gesig gepronk word, en jy sal die voordeel verloor wat God jou gegee het as Hy jou gewys het dat "iets" aan die gang is. Onthou, liefde “glo alles . . . ” (1 Kor. 13:7), glo dus wat daardie persoon vir jou gesĂȘ het en los dit uit.

Jare gelede toe my man my gelos het, het ek die grootste fout gemaak en so reg in die vyand se hande speel, deur die ander vrou te konfronteer. Ek voel nie eens ek het my vlees bevredig nie, want dit het my glad nie beter laat voel nie, ek het net meer vernederd gevoel en dit het my in ‘n swak lig by my man geplaas en dit is presies soos die skrywer hierbo skryrf, want dit was voor my gesig gepronk en dit het my seer net baie erger gemaak. Moenie in die strik van die vyand trap nie, hou jou fokus op ons wonderlike Here.

Asseblief doen jouself ‘n guns en doen hierdie kursus, want die Here is besig om hierdie kursus te gebruik om herstel te bring in elke verhouding in my lewe en ek weet die Here wil dit vir jou ook doen. Lees asseblief hoe ek gedeel het oor hoe die Here selfs vir my wys hoe verkeerd ek teenoor my ouers was:

RYR – CHAPTER 2

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui