Herstel Jou Verhoudings – Hoofstuk 3

“Die Pottebakker en die Klei"

Oorvertaal uit die Engelse boek: "Restore Your Relationships" - Hoofstuk 3:

"Tog, Here, is U ons Vader. Ons is soos klei en U is die Pottebakker. Deur u hand is ons almal gevorm. J64:8

Wanneer ons deur 'n verhoudingskrisis gaan, is dit so maklik om te fokus op wat die ander persoon doen en hoe dit wat hulle doen ons raak. Solank ons ​​egter op die ander persoon fokus, eerder as om op die Here te fokus, hou ons aan om te sukkel en bereik nooit die herstel wat bedoel was om ons s'n te wees nie."

Hierdie gedeelte het so met my gepraat, want dis presies wat ek vir jare en jare gedoen het toe my man my gelos het, ek het gefokus op wat hy verkeerd gedoen het en ja ek moet erken, ek het nie gefokus op my baie tekortkominge nie, dus het ek nie die herstel gekry wat so nodig in my lewe was nie.

Maar ek is so dankbaar vir ons wonderlike Here se genade want Hy het nooit opgegee met my nie en in Sy onbeskryflike liefde vir my, wou Hy vir my herstel hê. En vandag glo ek en weet ek my eie hardkoppigheid het veroorsaak dat my pad baie lank was, maar dat die Here dit ook vir 'n groter doel toegelaat het en vandag kan ek vir vrouens sê, gee oor aan die Here, fokus op Hom en vra ons wonderlike Here om jou tekortkominge te verander, wees jy net die klei in die Pottebakker se hande, want Sy herstel is vrymakend.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “Herstel Jou Verhoudings – Hoofstuk 3”

  1. Dit is so waar Janine. Dit is so maklik om te fokus op die ander persoon se foute. Ek doen gereeld, maar dankie dat jy my herinner het dat ons net op ons eie foute moet fokus en toe te laat dat Hy ons vorm en maak in Sy bruid en die ander persoon vir Hom te los.

    1. Ek doen dit ook kosbare Yvonne en ek wil nie, want ek wil dat niks my fokus van ons wonderlike Here af vat nie.

  2. Dear Janine,

    Thanks for posting this chapter. After reading Chapter 6 of the book “Finding Abundant Life”, “They Don’t Have It”, early in my journey, many disappointments disappeared. However, if you would like to see someone else’s change, it does indeed start with yourself. And that is not always easy.

    This chapter is a reminder for me of what I need to stop feeling so sad or misunderstanding the behavior of others towards me. For your change that our Potter makes makes all the behavior of others different towards us. Isn’t it wonderful that He starts with us first so that we can receive its blessings?

    **I would have liked to be logged in before posting the comment, but unfortunately the site does not allow me to register.
    ~~~~~~~~~~
    Liewe Janine,

    Dankie dat jy hierdie hoofstuk geplaas het. Na die lees van Hoofstuk 6 van die boek “Vind oorvloedige lewe”, “Hulle het dit nie”, vroeg in my reis, het baie teleurstellings verdwyn. As jy egter graag iemand anders se verandering wil sien, begin dit inderdaad by jouself. En dit is nie altyd maklik nie.

    Hierdie hoofstuk is vir my ‘n herinnering aan wat ek nodig het om op te hou om so hartseer te voel of die gedrag van ander teenoor my te misverstaan. Vir jou verandering wat ons Pottebakker maak, maak al die gedrag van ander teenoor ons anders. Is dit nie wonderlik dat Hy eerste met ons begin sodat ons die seëninge daarvan kan ontvang nie?

    **Ek sou graag ingeteken wou wees voordat ek die kommentaar plaas, maar ongelukkig laat die webwerf my nie toe om te registreer nie.

    1. Hulle het dit werklik nie kosbare Kristien en vir jare het ek my vervulling in ander mense gesoek, net om teleurgestel te word, want net die Here het werklik wat ons nodig het. Jare terug het ek nie eens gedink dat ek die een is wat moet verander nie, maar ons wonderlike Here was so genadig met my en vandag weet ek, ek het so baie verandering nodig.

  3. Dis die waarheid Liefste Janine. So het ek ook ‘n lang pad gestap omdat ek alles myself wou “fix” en nie volkome op God vertrou het met alles nie. Ek het so op my omstandighede gefokus dat ek God nie toegelaat het om Pottebaker te wees en my te vorm soos Hy wil nie.

    1. Kosbare Betty, ek is so ongelooflik dankbaar om jou hier weer op die blog te sien. Ek is ook een van daardie mense wat die foute gemaak het om op my omstandighede te fokus, maar ek is so dankbaar vir die Here wat ons nie net los nie.
      Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ‘n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs. J30:21

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui