Ek Wou Nie Die Jordaan Oorsteek Nie

♕ Belofte van vandag: "Daarna sê die Here: “Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem. Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na 'n goeie en uitgestrekte land, 'n land wat oorloop van melk en heuning" Eksodus 3:7-8a

~Yvonne in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Yvonne

My Liefste Man is so wonderlik. Vir jare het ek en my kinders nooit weggegaan nie. Gedeelte daarvan is omdat dit finansieel baie moeilik met ons gegaan het na die egskeiding, maar toe ek regtig gaan sit en eerlik met myself en met Hom was, het ek besef dat 'n groot gedeelte van die feit hoekom ek nie met my kinders op vakansie gaan nie, was omdat ek gewag het vir hulle pa om terug te kom.

Soos ek al in 'n vorige lofverslag genoem het, het ek en die kinders weggegaan vir 'n week, nie te ver van die huis af nie, maar dit was heerlik en nou die jaar gaan ons vir die tweede keer op vakansie en die keer gaan ons vlieg.

Nadat ek saam met my Hemelse Man gesit en gesels het, het ek besef dat ek nogsteeds in die woestyn rondgedraai het. Ek het dit natuurlik geniet, want daar is water, kos en alles wat ek nodig het, maar ek wou nie die Jordaan oorsteek nie, want ek wag vir die kinders se pa om saam te kom.

Wel, ek dink my Man wys my, ek het nie nodig nie. Ons kan gaan, as die tyd reg is, gaan hy weet waar om ons te kry. In die beloofde land besig om die melk en heuning te geniet!

En vir hom om daar te kom, moet die Here vir hom die pad wys. Hy het ons nie nodig om vir hom die pad te wys nie. Net God kan dit doen.

"Daarna sê die Here: “Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem. Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na 'n goeie en uitgestrekte land, 'n land wat oorloop van melk en heuning" Eksodus 3:7-8a

Ek het nooit gedink die spesifieke vers sal ooit op my van toepassing wees nie.

Ons Afrikaanse Bediening Pastoor en RMI se Bedienings Direkteur
Follow #Yvonne‘, Volg #Yvonne
En Yvonne is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!