Ek het gekla

Die laaste ruk is ek ongelukkig waar ek bly, vir die afgelope week KLA ek net! Janine het op die blog ons aangemoedig om beloftes oor hoe kragtig God se woord is in die kommentaar te los en terwyl ek soek lei die Here my na Fil 2:14-16. Daar besef ek dat ek besig is om teveel te kla, ek fokus alweer te veel op die negtiewe dinge. Dit is partykeer moeilik maar God wil hê ons moet soos 'n helder liggie in 'n donker wêreld skyn. Ek het vandag weer besef hoe belangrik dit is om woord te spreek, en hoe kragtig God se woord is. Ons moet eerder die tyd wat ons gebruik om te kla vat en tyd saam die Here spandeer. Ek is dankbaar teenoor die Here dat Hy met my praat deur sy woord en meeste van alles is ek dankbaar dat die Here nooit opgee op my nie.

Doen alles sonder om te kla of te stry. Dan sal niemand julle kan beskuldig van agterbaksheid of verkeerde motiewe nie. Niemand sal oor julle as kinders van God kan kla nie - al bly julle tussen mense wat korrup en sonder gewete is. Juis tussen hulle moet julle soos helder ligte in ’n donker wêreld skyn. Vir hierdie mense in die geestelike donker moet julle van Christus vertel sodat hulle ook die ware lewe kan kry. Hoe trots sal ek dan nie op julle wees wanneer Christus weer kom nie! Dit sal wys dat ek nie alles verniet gedoen en my tyd gemors het nie. F2:14-16 DB

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Ek het gekla”

  1. Dankie vir die herinnering kosbare Mila dat ons eerder die tyd wat ons sou kla saam met die Here moet spandeer. Ek onthou hoe ek altyd negatief oor my lewe gespreek het, tot ‘n oom van ‘n kerk vir my gesê dat ek positief oor my lewe moet spreek en ek toe geleer het hoe kragtig God se woord is.

    Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.https://www.bible.com/af/bible/5/PRO.18.21.AFR53

  2. Dankie liefste Mila vir die herinnering dat ons lewe moet spreek as negative. Die Here is by ons en Hy help ons. Ons moet net vas hou aan die Here.

  3. Liefste Mila, in die vlees is dit baie makliker om na die sleg te kyk, maar wat my baie help is om my seeninge een vir een te tel. In die oggend as jy wakker word en in die aand voor jy gaan slaap, dink aan alles waarvoor jy dankbaar kan wees en tel hulle een vir een, dit help my om uit die groef van ontevredenheid te kom as ek voel dit wil in my hart begin posvat.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui