Eie ek …

2 Weke terug het my emosies die oorhand oor my gekry. Ek het by God gepleit vir 'n antwoord. Ek wou weèt wat in my pad staan na Hom toe want ek het geweèt iets staan in my pad. Dis al 2 jaar en ek het steeds geen idee waarnatoe ek oppad is nie maar ek het geweèt dis saam met Hom.

Ek het gevoel om hierdie vandag te deel aangesien ek weet dat baie bruide net so hopeloos soos ek voel. Die antwoord wat ek gekry het van God af was dat ek in my eie pad staan!

Hoe kan ek dit beskryf?

My eie belange en begeertes was eerste vir my. Mý begeerte om my huwelik te restoreer, mý begeerte om my gesin bymekaar te kry, mý hartseer, mý trane, wat èk wil hê.

God het hierdie aan my gegee:

"As iemand agter My wil aankom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil hou, sal dit verloor, maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou" Mark 8:34-35

Gee oor en doen alles wat jy doen vir God!

Ek is so dankbaar dat my Hemelse Man my nie los nie en Homself elke dag meer en meer aan my openbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Eie ek …”

  1. Dankie liefste Betty vir die lof verslag. Dit is so waar. Dankie dat jy dit met ons deel. Die Here moet heel bo en eerste wees van als. Hy is so geduldig wanneer ons val Hy tel ons met liefde weer op.

  2. Dankie vir hierdie pragtige lofverslag kosbare Betty, ek moet erken ek het ook vir jare in my eie pad gestaan, ek my was my eie grootste vyand. En dis hoekom my Liefling Here vir my gesê het om op te gee en oor te gee aan Hom.
    https://youtu.be/1QPzvHDvSz4

    Ek is saam met jou so ongelooflik dankbaar dat ons wonderlike Here Homself elke dag meer en meer aan jou openbaar.

  3. Dankie Betty, vir lank het ek gewonder hoe kan mens die Here meer lief he as jou man of jou kinders, hoe sit jy Hom op Sy regmatige troon in jou hart. Maar toe verloor ek die lewe wat ek wou he en aan vasgeklou het, en selfs my kinders vir ‘n tyd, en dit het my laat besef dat dit eintlik maklik is om ons Geliefde eerste te sit. As Hy eerste is kan ons ander beter liefhe, want dan het ons lief met Sy liefde, nie meer met ons eie selfsugtige liefde nie. Met Hom op Sy regmatige plek in ons harte, hoef ons die beginsels nie uit die vlees te probeer uit leef nie, dit word deel van jou en kom vanself.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui