Die Here Rig Ons Voetstappe

"Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe. S16:9 (53)

In hierdie Lewensles 79, sê Erin wanneer ons gemaklik raak, word ons half lou warm. As ons te warm is, het ons Hom nodig. As ons te koud het, het ons Hom nodig. Buiten Hom kan ons niks doen nie. Die Here het Erin in ‘n posisie geplaas om meer staat op Hom te maak – maar luister asseblief self verder na die gesprek:

Ek het so paar dae terug vir my vriendin gesê ek was voorheen in ‘n gemaksone en ja as mens te gemaklik raak, word mens half lou warm. Nou word ek uit my gemaksone gevat deur te moet trek, maar ja die Here plaas my in ‘n posisie om meer op Hom te vertrou, wat ‘n voorreg.

En dit laat my terugdink aan toe my man my jare gelede gelos het, dit was totaal en al uit my gemaksone geruk, want ewe skielik het ek nie vervoer gehad nie, ek het nie ‘n foon gehad nie, alles het vir my soos chaos gevoel. Ek het soveel planne vir my lewe gehad want dis mos wat ons doen, ons beplan ons lewens vooruit inplaas van net totaal en al op die Here staat te maak, dat Hy ons voetstappe rig. En nee my lewe voel nie meer soos chaos nie. En ja soms beplan ek nog, maar omdat ek 'n beplanmens is, maar as dit nie uitwerk soos ek beplan het nie, is dit ook ok, want ons wonderlike Here het die laaste sê en Hy is die Een wat my voetstappe rig.

Ek deel so paar ander vertalings:

’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming. (NLV)

'n Mens kan planne maak oor wat hy wil doen, maar dit is die Here wat besluit wat sal gebeur. (ABA)

Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af. (Boodskap)

Kosbare vrou ek weet jou lewe het dalk nie uitgewerk soos jy dit beplan het nie, maar onthou dit is die Here wat die laaste sê het, wat sal besluit wat verder gebeur, vertrou ons wonderlike Here net.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “Die Here Rig Ons Voetstappe”

  1. My liefste Janine, dankie vir die woorde. Ek het die tyd gevat om weer na Erin se podcast the luister. As sy praat van hoe mense daarvan hou om avontuurlustig te wees en so maklik aanpas. Dit is glad nie ek nie, ek moet weet wat die toekoms inhou. Dit is natuurlik vir mense soos ek, wat Hy my uit my gemaksone uitvat so van tyd tot tyd. Ek kan nogsteeds nie sê dat ek dit geniet nie, maar ek leer om elke dag bietjie meer op Hom te vertrou.

    1. Ek weet presies wat jy bedoel kosbare Yvonne, ek is glad nie avontuurlustig nie, maar ja hier is ek nou uit my gemaksone uitgevat en sit en tik hierdie boodskap regvoor my nuwe oop kamervenster en al wat ek vir my ek vir my Liefling Here bly sê is solank ek saam met Hom is gaan ek ok wees, maar ek raak opgewonde watse getuienis Hy hieruit gaan bring, so in afwagting vir ‘n verrassing.

  2. Liefste Janine, hoe waar is dit nie. Net wanneer mens dink èk het dit, èk het alles dan word jou voete onder jou uit geruk. Dis nie òns wat dit het nie, dis nie òns wat ons pad voorentoe moet beplan nie. Ons moet God se leiding volg. Ons lewe is in Sy hande. As ons dit self gaan probeer doen, gaan ons val want Hy het reeds vir ons die pad voorentoe gelyk gemaak en Hy wil hê ons moet daardie pad volg want Hy weet dat Hy vir ons voorspoed beplan het. Hierdie les het ek op ‘n baie harde manier geleer. Vertrou nèt op God!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui