DANKBAARHEIDS-SONDAG

Die woord van God (wat lewend en kragtig is), het volop verse oor dankbaarhied en ek glo dit is 'n baie belangrike beginsel in ons verhouding met ons Hemelse Man.

Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Hebreërs 4:12
En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
Kolossense 3:15

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Filippense 4:6-7

En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Kolossense 3:17

En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
Kolossense 3:15

As ek so terugkyk op my week is ek dankbaar vir die volgende 7 dinge:
- Vir my gesondheid.
- Dat ek bewus is van my Hemelse Man se teenwoordigheid in my lewe.
- Dat ek hierdie week my eerste potgooi kon doen en my Hemelse Man my so mooi gehelp het.
- Vir die voorreg om hierdie op hierdie blog te kan bedien.
- Dat ek na my Hemelse Man toe kan hardloop met enige iets.
- Dat ons die woord van God as leiding het.
- Dat ek so baie getuienisse het, alles tot eer van God.

Ek het iets so mooi gelees vandag: "Dankbaarheid is om bewus te wees van die dinge wat geld nie kan koop nie.

DANKIE MY HEMELSE MAN, VIR JUIS DIT WAT GELD NIE KAN KOOP NIE❤️❤️❤️

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui