Vandag loop my hart oop van dankbaarheid teenoor ons wonderlike Here dat Hy ons leer om te gee. DANKIE HERE!!!
Hierdie naweek het ek my motorhuis na jare begin uitsorteer en ek moet erken dat ek opgegaar het (ek weet ek is skuldig), in plaas van net dit uit te gedeel het. Omdat ek 'n sentimentele mens is, was dit voorheen vir my baie swaar om sekere goed te laat gaan, soos speelgoed waarmee my kinders gespeel het toe hulle klein was.
Hy het self gesê: Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang.” H20:35
Ek het skoon begin huil, nie omdat ek dit moet weggee nie, maar omdat ons dit vir 'n weeshuis gaan gee en ek dit allankal moes gedoen het, want iewers gaan daar seuntjies wees wat die speelgoed so gaan geniet. Nou verstaan ek hoekom die Here se woord sê dat dit beter is om te gee, as om te ontvang.
MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie. M16:19-20
Baie dankie dat jy gedeel het Janine, vanoggend het M16:19-20 vir my uitgetsaan, ek dink ek het nooit so daaraan gedink as ek dit gelees het nie. ❤️
Dankie kosbare Mila, en ek moet erken ekt so opgegaar waar mot en roes dit verniel het en van dit gesteel selfs was, in plaas van om dit van die begin af uit te deel.