KYK ASSEBLIEF DEUR en bid oor die aankoop van die boeke uit ons AANBEVOLE LEESSTOF Lys wat kom uit ons oorspronklike ‘n Wyse Vrou, elke boek is na Amazon of Takealot toe gekoppel.

Eerstens ‘n waarskuwing: Ons wat deur moeilike huwelike, skeiding en/of egskeiding gegaan het, wil jou waarsku oor boeke, idees of ander mense wat jou sal ompraat om die weg van die wĂȘreld te gaan, wat altyd in ‘n ramp opeindig. Dit mag lyk soos die maklikste pad, maar op die ou einde is dit die pad na selfs meer droewigheid, beproewings, moeilikhede en hartseer as wat jy alreeds ervaar. Wees asseblief versigtig wat jy lees! Daardie boeke se fondasie is filosofie, of diĂ© wat deur sielkundiges of huweliksberaders geskryf is, sal jou gedagtes met verwoestende gedagtes vul.

Ons beveel aan dat jy NIE boeke lees wat die volgende onderwerpe dek nie: “geur jou huwelik op,” “tawwe liefde,” en “mede-afhanklikheid.” Ons het die skade gesien wat hierdie idees aangerig het in die verwoesting van huwelike en die vrouens wat na hulle gekyk het in hulle desperasie.

Kyk na God en na diĂ© wat eensgesind is om jou aan te moedig. Gaan asseblief na die Raadgewer (God se Woord), wat verniet is en spaar jou geld en jou huwelik. Bly weg van die “deskundiges.” As jy nie hierdie boeke in jou kerk biblioteek kan vind nie, vra of hulle dit van jou plaaslike Christelike boekwinkel kan bestel.

Die ISBN nommer sal hulle help om die korrekte boek te bestel. Al hierdie boeke is in sagteband beskikbaar en meeste is baie goedkoop.

Die Bybel. “New American Standard Bible.” Die verse in hierdie werkboek is uit hierdie weergawe geneem. Sommige het gevra hoekom ek die NASB en nie die King James Weergawe gebruik het nie. Die rede is dat toe my man my gelos het, het hy sy Bybel agtergelaat, ‘n NASB. Ek het sy Bybel vir omtrent 20 maande gebruik voor hy dit terug gevra het. Ek het elke Bybel vers wat in hierdie werkboek is uitgeleef. Ter aanvulling, voor my man weg was, was ek nie onderdanig nie. Ek het my KJV gehad omdat ek ‘n FarisieĂ«r was. Elke vrou behoort die weergawe te gebruik wat haar man gebruik.
*Vir die Afrikaanse weergawe word die AFR 83 Vertaling hoofsaaklik gebruik.

Lees hoe Erin deur die bybel gelees het met Alexander Scourby  

Prison to Praise deur Merlin R. Carothers is ‘n boek wat ek later ontdek het op my Herstel Reis wat die manier wat ek na alles gekyk het, verander het. Dit was Mnr. Carothers se getuienis wat so ‘n impak gemaak het waar hy die vers geneem het om sy vyande te seĂ«n wat my gewys het hoe kragtig Sy woord is. Ek is seker enige boek deur Merlin R. Carothers sal uitstekend wees. 

Oorweeg asseblief om 'n Resensie In Te Dien en kies *Prison to Praise (aanbevole leesstof deur Merlin R Carothers) wat jy in die lys onder Werkers by die Huis sal kry.  

Streams in the Desert Mrs. Charles Cowman het haar gedagtes, aanhalings en geestelike inspirasies neergeskryf wat gehelp het om haar gedurende die moeilike jare as ‘n sendeling te onderhou en vernaamlik die ses jaar wat sy haar man versorg het terwyl hy besig was om dood te gaan. Dit is ‘n klassieke toewyding vir al meer as sewentig jaar! ‘n Moet as jy in die middel van beproewings lewe! Ek het vir meer as 2 jaar in hierdie boek gelewe! ISBN 0-310-22420-9

Hinds Feet on High Places by Hannah Hurburt Dit is in meeste Christelike boekwinkels beskikbaar. Dit is die storie oor die karakter “Much-Afraid” (Baie-Bang) en haar reis na perfekte vrede. Haar stryd en vrese sal jou laak huil en haar oorwinnings sal jou aanspoor om voort te gaan in jou moeilike wandel. Ek het dit al baie kere alleen en aan my kinders gelees. ISBN 8423-1433-4

 Come Away My Beloved Die gedigte en kort stories is geskryf asof God Homself met jou praat. ‘n Wonderlike boek vir oordenking en vertroostende gedagtes. ISBN 0-932814-02-6

My Utmost for His Highest by Oswald Chambers Dit is ‘n wonderlike daaglikse toewyding sowel as n plek om jou groei in die Here te joernaal. ISBN 1-57748-737-5

Supernatural Childbirth by Jackie Mize Hierdie boek is vol Bybelverse en is ‘n ontsagwekkende en kragtige getuienis vir die Woord van God en Sy beloftes. Jackie was as ‘n jong meisie vertel dat sy nooit in staat sal wees om ‘n baba te hĂȘ nie, maar toe sy haar man ontmoet het wat die beloftes van God geken het, het hulle ontsagwekkende getuienis begin. Nie net het hulle ontdek hoe om swanger te raak en ‘n baba tot volle termyn te dra nie, saam het hulle die geheim ontdek om ‘n totale PYN VRYE kraam en bevalling te hĂȘ.

Author Cathy Lechner Hierdie vrou het ‘n ongelooflike manier om aan vrouens bediening te gee. Moenie laat haar buiteblad jou flous nie. Jy sal lag, huil en skuldig voel omdat jy meer van die Here in jou lewe nodig het nadat jy hulle gelees het. Hierdie skrywer kan in die “Gees-Gevulde” afdeling van jou plaaslike boekwinkel gevind word. Moenie dat die “Gees-gevulde” julle Baptiste bang maak nie.  

Me? Obey Him? by Elizabeth Handford gebruik God se Woord om die redes aan te bied vir ‘n vrou se onderdanighied aan haar man. Sy deel al die seĂ«ninge, vreugde en voordele wat ‘n lewe volgens God se plan sal bring. ‘n Boek wat elke vrou moet lees! Die ouer uitgawe is beter. Haar hersiene uitgawe kriewel oor vrouens wat mishandel is. ISBN 0-87398-552-4

Die nuwer uitgawe is gewysig en afgewater as gevolg van die feministiese invloed.

 The Way Home by Mary Pride beantwoord die vrae: “Is ‘n loopbaan altyd meer vervullend as moederskap?” “Kan vrouens hulle volle potensiaal besef alleenlik deur die huis te verlaat en werk te kry?” Sy bespreek hoekom baie Christen eggenote en moeders finaal hulle rug op “beplande onvrugbaarheid,” die “ek” huwelik, “geen-fout” grootmaak van kinders, beroepisme en ‘n reeks van ander nie-bybelse, onchristelike alternatiewe. ISBN 0-89107-345-0

Who Will Rock the Cradle? by Phyllis Schlafly Elke hoofstuk is geskryf deur ‘n ander deskundige op die gebied van kindersorg, van kinderartse tot die eintlike eienaars van ‘n menigte dagsorg instellings. Verrassend, stem almal saam dat die fenomeen van dagsorg ons kinders en ons samelewing verwoes. Die boek, het ek uitgevind, is huidig uit druk uit. Nietemin, groot boek verspreiders kan hulle nog kry.Â