Maak die Meeste van
Beplan Vooruit
Nog Maniere om die 3x5
Kaart Sisteem te Gebruik
‘n Mens beplan sy pad,
maar die HERE bepaal hoe hy loop.
—Spreuke 16:9
Soos wat ek begin het om meer kinders te hê, het dit nodig geword om meer georganiseerd te word. Ek het nog ‘n paar maniere hier onder gelys om die 3x5 kaart sisteem te gebruik om jou lewe te organiseer.
Maak gereed: Wanneer jy beplan om êrens met kinders te gaan, span jy baie verstandelike energie in om te probeer dink aan wat jy nodig het om te bring. Ek het begin besef dat as ek ‘n permanente lys op ‘n 3x5 kaart maak, ek addisionele items kon opskryf wat ek elke keer gemis het sodat ek hulle vir die volgende keer neergeskryf kon hê. Ek kon ook uitvee wat ek regtig nie nodig gehad het om saam te neem nie.
Ek het ‘n blank verdeler geneem en ‘n “Gereed—Gaan!” lêer gemaak waar ek al die permanente lyste waar ek “byvoeg” eerder as om nuwe lyste te maak hou. Hier volg ‘n paar voorstelle:
Luier/Doeke sak: Skryf neer wat jy moet hê: hoeveel luiers/doeke, ‘n slurpie koppie, afvee doekies (ek hou daarvan om eerder twee waslappe in ‘n plastiese toebroodjiesakkie vir taai handjies of ‘n Morsige luiers te gebruik in plaas van afvee doekies wat ook veiliger is), ‘n paar speelgoed, oefenbroek vir die kleuter, en skoon borslappies. Na elke uitstappie, top ek my voorraad weer op sodra ek by die huis kom sodat dit gereed is om te gaan (deur my luier/doeksak kaart met die inhoud gelys na te sien). Dit is ‘n takie wat ek begin het om aan my ouer kinders te delegeer toe die laaste drie gebore is.
Handsak: My ma het alles in haar handsak gedra (dit was die grootte van ‘n tas) en sy het dit net jaarliks skoongemaak. Ek hou daarvan om my handsak een keer per week te sorteer. Ek het ‘n “sorteer handsak” kaart in my “Gereed” leêr. Om enigiets behoorlik “skoon te maak,” moet jy eers alles uithaal. Haal al die gemors uit, maak ‘n hopie van wat êrens anders “weggesit” moet word en sit dan die goed wat jy nodig het terug in jou handsak. Volgende stap is om jou 3x5 kaart lys na te gaan om te sien of daar enigiets is wat jy moet bevoorraad, en voeg enige “nuwe items” by wat jy mag nodig hê om by jou lys te voeg (of vee enige item van jou lys af wat jy nie meer nodig het om in jou handsak te dra nie). Alhoewel ek daarvan hou om dit weekliks te doen, mag jy net nodig hê om dit maandeliks te doen.
Wenk: Ek dra altyd ‘n klein skêrtjie in my handsak. Ek sny draadjies af wat ek op my man of kinders se klere sien, en selfs etikette van my aankope. Maar die regte puik manier om die skêr te gebruik is om vleis of pizza vir jou kleintjies op te sny wanneer hulle jonk is. Dit is onmoontlik om met plastiek messe by kitskosrestaurante te sny. Dit is verbasend, makliker om biefstuk, hoender, pizza, en omtrent enigiets anders, met ‘n skêr te sny as wat dit is met selfs ‘n biefstuk mes is. Ek het die helder skêrtjies met die stomp punt gekoop (die goeie soort wat goed sny), en ek vind dat hierdie een item gebruik en geleen word meer as omtrent enigiets anders in my handsak. Natuurlik, nadat jy die skêr gebruik het om kos items op te sny, moet jy seker maak dat jy dit goed skoonmaak voordat jy dit weer in jou handsak stoor. En vir vanselfsprekende redes, moet nooit enige geroeste skêr gebruik om kos op te sny nie.
Paartjie “Weggaan.” Een keer het my man my verras met die opwindende nuus dat hy my op ‘n naweek “weggaan” gaan neem. (Ons is nogal seker dat nommer sewe die “vrugte” van hierdie “weggaan was!) Hy het gesê, “Gooi net ‘n paar goedjies in ‘n sak!” My kop het gedraai want ek het ses kinders gehad om gereed te kry (wel, het ek nodig om te verduidelik?). Ek het ‘n “paar” goedjies in ‘n sak gegooi—te min! Ek het niks gehad om bed toe aan te trek nie—natuurlik was my man verheug. Ek het my gesig vir twee dae nie gewas nie aangesien ek my skoonmaakmiddels vergeet het, en hy het nie baie GQ gelyk deur geen sokkies met sy uitgaan skoene te dra nie. Ek het my les geleer.
Toe ek by die huis kom, het ek ‘n lys gemaak van alles wat ek gewens het ek daardie naweek saamgevat het, en 3x5 kaarte uitgemaak gemerk “Paartjie Weggaan.” Later, het ek ‘n “Paartjie Weggaan met Baba” kaart bygevoeg, aangesien my man dikwels op die ingewing van die oomblik ‘n weggaan voorgestel het toe ek ‘n baba gehad het wat ek nog geborsvoed het.
Noodgeval sakke. Selfs al het jy ‘n goed-gevulde luier/doeke sak, is dit van geen waarde as dit by die huis is nie. So ek het ‘n plastiek houer vir elke motor gekry en dit met noodgeval luiers, borslappie, ‘n ontvangs kombersie (dit kom vir baie dinge handig), en onderbroeke vir die wat nog af en toe ‘n ongeluk maak gevul. Ek dra ook ‘n borsel, kam, en reukverwyderaar (vir sweeterige tieners)! Natuurlik het ek vir elke motor ‘n ooreenstemmende 3x5 kaart gemaak, gemerk “Noodgeval Sakkie.” Wees seker om ‘n flits. fakkels, ens in te sluit. Moet nie die “weggooi’ kamera vergeet om ‘n padongeluk of ‘n spesiale geleentheid mee op te vang wat jy andersins sou gemis het. Hulle is goedkoop en kan maklik vervang word.
Spesiale reise. Elke jaar, neem ons ‘n reis op na ‘n rivier toe en bly in ‘n hut. Sonder twyfel, word baie dinge vergeet, wat dit maklik maak om dit regtig “wild” te doen. Ek het twee kaarte wat met ‘n papierknip bymekaar gehou is wat alles wat ons nodig het lys. Elke jaar, opdateer ek dit en voeg dit onmiddelik by nadat ek uitgepak het.
Op een kaart, het ek geskryf dat elke kind sy of haar sak self-moet pak. Ek het geskryf hoeveel broeke, hemde, onderklere, sokkies, en ook ‘n baaikostuum, P.J.s ens. Onder toiletware, het ek hulle in kategorieë soos haarsorg (borsel, kam, rekkies, hoede, gel, of haarsproei), oogsorg (kontaklense, bril, of sonbrille), liggaamsorg (reukverwyderaar, sonskerm, ens), gesigsorg (grimeersakkie, aknee goed, ens.) gesorteer. Die vier oudstes (ek laat hulle, hulle eie doen wanneer hulle 10 en ouer is) versamel hulle eie besittings, terwyl ek vir die drie jonger kinders pak. Hulle lê alles op hulle beddens, en ek kyk om seker te maak dat hulle goeie werk gedoen het (moet nie laat hulle, hulle sakke eers pak nie want dit maak dit moeilik om te sien wat hulle gepak het).
Vir jare, was hulle tas net ‘n kussingsloop! Elkeen het ‘n verskillende kleur gehad, en dit het regtig goed gewerk. (Natuurlik met ons groot familie, het ons nêrens heen gevlieg nie. Noudat ek daaraan dink, ons het weermag koffersakke gebruik toe ons gevlieg het—toe ons vier kinders gehad het.) Verlede jaar, het elkeen van die kinders ‘n nylon sports sak vir die swemspan gekry wat ons nou vir ons reise gebruik. Ek het vir elkeen van die jongeres ‘n rugsak gekoop vir hulle verjaarsdae. (Moet nie hierdie sakke vir die strand gebruik nie—sand sal vir ewig ‘n deel van jou besittings wees!)
Nou dat geld nie ‘n kwessie is nie, was ons in staat om stelle tasse te koop wat wiele aanhet. Ons het vir die drie jonger kinders gekoop, en die ouer kinders het hulle eie gekoop. Dit het ‘n “moet hê” geword toe ons na oorde begin gaan het in plaas na ‘n hut en toe ons begin vlieg het met ons kinders. Elkeen is in ‘n verskillende fase in sy of haar lewe; doen wat ookal jou leefstyl pas.
Uiteet: Wanneer ons almal uitgaan, word daar genoeg na ons gestaar sonder dat almal kyk hoe ek probeer uitpluis wat almal op hulle gebakte aartappel wil hê! By meeste restaurante of kitskos plekke, sal jy vind, soos ek gevind het, dat almal hulle gunsteling kos het waarvan hulle hou om te bestel, so waarom dit nie neerskryf nie? Ek het begin om 3x5 kaart vir my ma te uitmaak, wie daarvan gehou het om die kinders uit te neem vir aandete, om dinge vir haar te bespoedig. Daarna, het ek die kaart by my geld (note) in my beursie gehou. Toe het ek begin om een uit te maak vir elke plek waar ons uit geëet het. Ek het selfs die bedrag wat dit kos neergeskryf, wat gehelp het om te sien of ek genoeg geld by my gehad het (voordat ons alles gelas het om “gereelde vliegmyle” te win). ‘n Bygevoegde voordeel was dat ek geweet het as hulle my oorlaai het! En as jy ‘n koepon gebruik en jy dit op jou 3x5 kaart papierklip, sal jy onthou om dit te gebruik.
Vir die van julle wat julle kinders net laat “kies” wat hulle wil hê, selfs al kan jy dit nie bekostig nie, dit veroorsaak ongeskikte kinders. Meeste kinders wat saam ons kom is hulpbehoewend wanneer ek vir hulle sê hulle moet “een” ding van die “kinder” spyskaart kies wanneer hulle nog altyd bestel het wat hulle wou. En wanneer hulle toegelaat word om te bestel, kies hulle dikwels onwys en bestel te veel. Dan sal hulle of soveel kos wat nie geëet word los of ooreet.
Jong meisies moet opgelei word om “spaarsaam” te wees met hulle keuses, aangesien meeste getroude paartjies op ‘n knap begroting is. Die jong mans moet ook leer om verstandig te wees met hulle keuses, aangesien hulle ‘n familie sal hê om vir te sorg. Ons almal weet dat dit “maklik” is om te leer hoe om geld te spandeer, maar dit is moeilik om te leer hoe om karig oor die weg te kom; daarom, moet ‘n kind geleer word om dit te doen.
“Ek sê dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp. Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly” (Fil. 4:11-12).
Boeke. Ek neig om boeke te leen en ek leen baie boeke uit, en dit is uiters moeilik om tred te hou van hulle wanneer hulle weg is. So nou wanneer ek ‘n boek leen of uitleen, skryf ek dit op ‘n wit kaart. “Geleen by Sue” (of geleen van die biblioteek) of “Geleen vir Sue” en die datum wat ek die boek geleen of uitgeleen het. Ek plaas dan die kaart in die gedateerde lêer om op te kom wanneer die boek by die biblioteek verskuldig is of ‘n maand later om die boek terug te gee of vir die boek terug te vra van ‘n vriendin.
Wanneer ek ‘n boek terug gee, trek ek ‘n streep daardeur en skryf, “terug gegee” met die datum, maar ek hou die kaart vir ‘n rukkie! Baie kere mag daar dalk ‘n vraag deur die persoon of in jou eie gedagtes wees of die boek terug gegee was.
Ek lys ook op nog ‘n kaart aanbevole boeke wat ek nie nou kan aankoop nie, en ek gebruik die kaart wanneer iemand my vra wat ek vir ‘n geskenk wil hê. Ek hou die kaart in die maand van my verjaardag of in Desember se afdeling vir Kersfees geskenke.
Wanneer ek ‘n boek lees, spesiaal ‘n geleende boek, skryf ek notas op ‘n 3x5 kaart vir verwysing in die toekoms. Al hierdie word op ‘n blank leêr kaart gemerk “Boeke” wat ek in my lêer agter hou (agter die dae van die maand 1-31 en die maande Januarie tot Desember).
Verjaarsdae! In die maand seksie (Januarie-Desember), het ek ‘n pienk kaart vir verjaarsdae. Die naam van die maand is bo-op die kaart. Volgende gelys is die dag van die maand gevolg deur die persoon se naam en die jaar (b.v. ‘78). Volgende, plaas ek “stuur” met genoeg tyd vir dit om die persoon betyds te bereik. Die postyd is korter as dit net ‘n kaart is; dit is langer vir ‘n pakket.
By voorbeeld, ek skryf onder Januarie “7de Maura 1958, stuur kaart die 1ste.”) Wanneer ek hoor dat ‘n nuwe baba gebore is in die familie, skryf ek die dag onder daardie maand se kaart; met die naam, die jaar, en wanneer om die kaart (of geskenk) vir hulle 1ste verjaardag te stuur!
Die pienk kaart word op die 25ste getrek, so jy het ‘n paar dae om die kaart of geskenk te koop en dit te pos. (As dit op die eerste van die maand is, mag dit wys wees om dit op die 3x5 kaart vir die maand vantevore te plaas, spesiaal as jy gewoonlik ‘n geskenk vir daardie persoon pos).
Ek hou hierdie maand se pienk kaartjie elke dag in my papierklip totdat ek die kaart of geskenk vir elke verjaarsdag daardie maand gekoop het. Dan, plaas ek die pienk kaart in die dag wat die volgende kaart, of geskenk, gestuur moet word. Aan die einde van die maand, plaas ek die kaart in die maand waar dit behoort.
By voorbeeld, nadat ek Maura se geskenk die eerste gestuur het, plaas ek die kaart voor die 5de wanneer ek Jim se verjaardagkaart moet stuur aangesien sy verjaardag op die 9de van die maand is.
Wenk: As jy soos ek is, hou jy daarvan om vir verjaarsdae en Kersfees vooruit te koop wanneer jy ‘n winskopie of iets waarvan hulle regtig sou hou vind. Nietemin, baie van ons het ‘n probleem om te vind waar ons dit weggesteek het. Op ‘n wit 3x5 kaart, skryf vir wie die geskenk is, wat die geskenk is, en waar jy dit weggesteek het. Sit dit AGTER die pienk verjaardagkaart vir daardie maand. Jy sal op die 25ste van die vorige maand waarsku word wat jy gekoop het en waar jy dit weggesteek het. Dit werk regtig!
Partytjies of ander afsprake: Daar is niks erger as vir ‘n vrou om dieselfde rok rondom dieselfde mense te dra nie, want jy kan nie onthou wat jy verlede keer aangehad het nie. (Gebeur dit met jou, of word ek oud?) Wat ek wel onthou as ek êrens spreek is om in potlood die datum wat ek gevra word om te spreek en wat ek beplan om aan te trek neer te skryf. Ek plaas hierdie kaart by die datum (of die dag vantevore) wat ek geskeduleer word om te spreek. Wanneer ek daardie kaart terugsit, skryf ek wat ek uiteindelik aangehad het sodat ek weet om dit nie weer aan te trek nie. (As ek nie nog ‘n spraak afspraak geskeduleer het nie, dan stoor ek die kaart in die “Gereed—Gaan!” afdeling van die lêer.) As daar ‘n datum is, dan plaas ek dit by die dag van my volgende afspraak.
Jy kan hierdie metode gebruik vir kerk klere, besigheids aandetes, of selfs OOV vergaderings (alhoewel gemaklike rokke nou gedra kan word, so dit sou nie saak maak nie).
Badkamer linnekas: In ons eerste huis na ons herstel, het ons net een badkamer gehad met net een klein kas waar ek my toiletware, medisyne, verbande, ens., kon hou. Dit was amper onmoontlik om enigiets te vind totdat ek my 3x5 sisteem gebruik het. Ek het eers ‘n klomp van die plastiese 3.7 kg roomys emmers met deksels bymekaar gemaak om die goed te sorteer en te stoor. Ek het elke emmer genommer en ‘n ooreenstemmende 3x5 kaart uitgeskryf. Ek het die nommer van die emmer, die inhoud, en die ligging (op watter een van die drie rakke dit op was) op elke kaart geskryf. Dit kan agter in jou kaart lêer gestoor word met ‘n verdeler gemerk “badkamer” of in die kas self op ‘n hak. Wanneer jy, jou kinders, of jou man iets nodig het, blaai net deur die kaarte om uit te vind in watter emmer die item is en op watter rak.
Die sisteem het handig te pas gekom wanneer ek siek in die bed was of besig om ‘n baba te borsvoed. My man of kinders sou die kaarte vir my bring, en dan die emmer gaan haal sodat ek die item vir hulle kon vind! Dan ‘n paar uur later, sou ek vra vir die boks pleisters of anti-jeuk room sodat ek dit terug in die emmer kan sit en dit saam hulle terug stuur om op die rak te sit. Alhoewel ons baie meer badkamers en baie rakke het, het hierdie metode bewys om meer effektief te wees as wat ons nou het!
Tuis videos. Toe ons ‘n video kamera gekry het, was ek verheug. Maar om ‘n gebeurtenis wat ons wou kyk te vind was frustrerend. So een dag, het ons (ek en die kinders) gesit en al ons videos “vir pret “gekyk en sodat ek die hoofgebeurtenisse van die video op ‘n 3x5 wit kaart kon dokumenteer. Ek het die bande genommer 1-10 en ‘n ooreenstemmende 3x5 kaart genommer. As ek die datum van die gebeurtenis geken het wat ons besig was om te kyk, het ek dit neergeskryf (of dikwels probeer om te raai wat die datum was), gevolg deur die gebeurtenis (soos Axel se 10de verjaarsdag, Macy se eerste tree, A & E sokker toekennings, 1998 vakansie in Ft. Walton Beach). Vir die eerste paar jaar wat ons die kamera besit het, het ek ongelukkig nie geweet dat daar ‘n knoppie was wat die datum op die prent merk nie. Met hierdie metode, kan ons nou enigiets vind wat ons wil kyk.
Die metode het handig te pas gekom nadat my pa dood is, en ons was in staat om terug te gaan en die tye wat ons saam hom spandeer het te kyk. Ek hoop om al hierdie saam te splits, op een band te sit, en dit een jaar vir my broers en susters vir Kersfees te gee.
Wenk: Ons het ‘n band van ‘n onderhoud met Oumagrootjie Brown gemaak voor sy dood is. Sy het een van haar kerk rokke aangetrek, en ons het vir haar ‘n corsage gegee. My man, haar kleinseuns, het sy aand baadjie van die kerkorkes aangehad. Ons het die formaat van die “Tonight Show” gevolg, my man het haar voorgestel en vrae oor haar lewe gevra.
Op een punt, het ons (kamstig) die kameras afgesit om ‘n breek te vat—maar ons het dit eintlik gefilm sonder Ouma se wete. Met die kamera af, het sy begin ontspan en was minder “formeel.” Dit is toe wat sy begin dinge sê wat sy nie sou gesê het met die kamera aan nie, wat ons so hard maak lag het dat ons amper histeries was.
Toe ons gehoor het dat sy oorlede is, het ons ‘n afskrif gemaak en dit Minnesota toe gestuur. Die familie het later by haar huis vergader en dit na die begrafnis gespeel. Hulle het geskakel om te sê dat hulle gelag het tot hulle gehuil het. Hulle het gesê dat dit hulle gehelp het om te onthou hoe sy was voor sy siek geword het; hulle het gesê dit was wonderlik! Ons het dieselfde met my pa gedoen, en dit was ook ‘n regte seën. Per slot van sake, ouma sin was met ‘n gehuurde kamera geneem. As jy nog steeds nie een kan bekostig nie, huur of leen een, en kry elkeen van jou ouers op band vir jou kinders om te onthou. Doen dit nou voor dit te laat is!
As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.
As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.