My Beminde Ouer & Kind – 9 November

Kosbare geliefde ouer en kind, niks maar niks kan veroorsaak dat jy die Here se liefde vir jou verloor nie. Ek weet in my eie lewe as ek voorheen 'n fout gemaak het, het ek gedink dat die Here heeltemal klaar is met my, maar oor en oor het ons wonderlike Here bewys dat Hy nooit ooit klaar is met my nie, waarvoor ek baie dankbaar is. Die vyand kannie wag om vir ons te vertel dat ons die Here gegrief het en kwaad gemaak het nie, maar dis 'n leuen!

Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie. R8:38-39

Kosbare geliefde ouer en kind ervaar ons wonderlike Here se liefde en onthou niks maar niks kan ons ooit van die liefde van die Here skei nie.

November

2 thoughts on “My Beminde Ouer & Kind – 9 November”

  1. Kosbare Janine,
    Prys die Here!
    Hy sal ons altyd liefhê en ons altyd kom haal waar ons, onself bevind.
    Ek het die afgelope paar dae met so baie skuld gevoel rond geloop oor dinge wat ek jare gelede gedoen het. Ek was seker dat dit satan was wat my wou veroordeel, maar God het my hart gelei en my verseker dat ek daardie sondes voor Hom moet neersit, voor Hom moet bely, en om daarvan weg te draai. Hoe wonderlik is ons Here nie dat Hy my steeds liefhet na alles! Al het ek die wêreldse weg gevolg, het Hy my vasgehou en na jare my toegelaat het om my sondes voor Hom neer te sit en my te vergewe sonder om my te oordeel!

  2. Dankie dat jy hierdie pragtige getuienis deel van hoe die Here jou gelei het https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w3/ kosbare Betty. Hy is die Beste ooit en ja die Here het jou beslis vergewe en vat ons net soos wat ons is.
    Lees asseblief hierdie gedeelte geneem uit LL Week 4 “Skuldigbevinding” – https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w4/
    Gevoelens van skuld en veroordeling en watter gedagtes ook al volg, is glad nie wat die Here vir jou sê nie. So deur jouself eenvoudig te vra HOE jy voel en om vas te stel of daardie gevoelens negatief is, kan jy dadelik weet waar daardie gedagtes en gevoelens vandaan kom, NIE van Hom af nie! In plaas daarvan is hierdie negatiewe gevoelens leuens en iets wat jy moet afskud soos ‘n slang. (Lees Handelinge 28:5 en boekmerk jou gunsteling weergawe.)

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui