Gelukkig, soos ek gewoond is om te doen, hou ek daarvan om elke leuen weer, en weer, en weer na my HM toe te neem, om my van valse skuldgevoelens te bevry. Tot net twee dae gelede, toe ek Hom hoor sê het: “Erin my Liefling, kan jy nie sien dat as jy ‘kies’ om oor die leuens na te dink, sal jy gou deel van die leuen begin glo. En as jy selfs die kleinste deel van daardie leuen glo, wat jy weet nie waar is nie, maar absurd nie waar is nie, omdat dit nie eens op enige feite of waarheid gebaseer is nie—dan is jy niks anders as diegene by wie die leuen ontstaan het en wie dit gepropageer het nie. Jy gee ook krag aan die vyand net soos wat hulle gedoen het."
Dis vir my so mooi wat Erin gesê het dat sy daarvan hou om elke leuen weer en weer en weer na haar Hemelse Man toe te vat, maar hoor die mooi waarheid wat ons wonderlike Here toe vir haar gee, dat as kies om oor die leuen n ate dink dat sy dit gou sal begin glo en daar besef ek buiten dat ek as ‘n leuen oor my vertel was, dit nie dadelik weer en weer na ons wonderlike Here toe gevat het nie, het ek daaroor na gedink en dit in my gedagtes oor en oor gespeel het, so ons moet onthou om dit vir ons wonderlike Here te gee maar ook nie daaroor na te dink nie.