HOU MOED LIEFSTE BRUID

Lees asseblief wat een van ons bruide: Betty aan ander bruide skryf, om hulle te bemoedig toe sy 'n kursus "Allerhande Versoeke" gedoen het::

Liefste Bruid,
Hou moed. Moet nooit opgee of twyfel nie. God het jou uitgekies om deur hierdie beproewing te gaan sodat jy gevorm kan word vir dit wat hy vir jou voorentoe beplan het.
Werk altyd saam met God en moenie probeer om dit op jou eie te doen nie. Alles gebeur nie in 'n oogwink nie. Hou net aan in geloof bid sonder om te twyfel. God het jou lief!

“Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.” J1:2

4 thoughts on “HOU MOED LIEFSTE BRUID”

  1. Baie dankie vir die bemoediging. Ek stem saam moet nooit opgee of twyfel nie. Vanoggend toe lees on van Elisa en die vrou wat se seun oorlede is. Sy het nie ‘n seun gehad nie en toe sĂȘ Elisa vir haar ‘n jaar van nou af sal jy ‘n seun hĂȘ en sy het hom gesĂȘ, moenie dit sĂȘ nie, want natuurlik wil sy nie vals hoop hĂȘ nie en toe die seun later dood is, is dit presies wat sy hom gesĂȘ het, jy het my vals hoop gegee en nou is my seun oorlede. Dit het met so laat dink dat somtyds in ons lewe is ons te bang om te glo en te hoop, want ons is bang dit is vals hoop, maar natuurlik kan ons net Hom vertrou en weet Hy het alles onder beheer.

  2. Dankie Janine dat jy Betty se bemoediging gedeel het. En Yvonne ja ons is partykeer te bang om the hoop en te glo, maar tog belowe Hy:

    Ja, Ek ken die planne wat Ek vir julle het,” is die uitspraak van die Here. “Dit is planne van voorspoed, en nie teenspoed nie, om aan julle ‘n toekoms en hoop te gee.
    Jeremia 29:11 AFR20

    https://my.bible.com/af/bible/3499/JER.29.11.AFR20

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui