MY BEMINDE KIND – 5 JULIE

“Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie” (Ps 34:6).

Geliefde kind, daar was nog nooit ‘n gelowige man of vrou wat nog nie gedink het aan ―ja, gebombardeer was deur die gedagtes aan―die skande as God nie opdaag nie. Ons het met geloof gesê dat God getrou is, maar wat as ons verkeerd is? Wat as ons wag en Hy kom nooit nie? Geliefde, dit kan nie gebeur as jou gesig na die Here toe gedraai is nie.

Geliefde kind, dit moet wees dat ons die Here se gesig soek, nie Sy hand nie en wat Hy vir ons sal doen nie. Die verskil is dat party Hom lief het vir wat Hy hulle kan gee, maar dit is nooit genoeg nie, so hulle bly verander van ‘n glimlag na ‘n hartseer gesig. Tog, jy geliefde kind, is jou oë gevestig op jou Vader, had vasgehou aan jou Beste Vriend Vir altyd. Liefste kind van God, kyk ten volle in die aangesig van jou Vader en ek belowe jou―Hy belowe jou―dat jy nooit beskaamd sal wees omdat jy gewag en geglo het in Hom nie.

My Beminde Kind – Julie

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui