Vriendelike Onderrigting is op Haar Tong
âHaar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.â âSpreuke 31:26
Ons word mislei deur âberadersâ en sogenaamde âhuwelikskennersâ wat vir ons vertel dit is ân tekort aan kommunikasie wat veroorsaak dat ons huwelike verbrokkel. Terwyl ek die bybel ondersoek het, het ek gevind dat God baie sĂȘ oor hoeveel ons praat, wat ons sĂȘ en hoe ons dit sĂȘ! Volg my soos ons saam die waarheid ontdek:
Dit is nie ân tekort aan kommunikasie nie!
Ons moet versigtig wees Hoeveel ons praat!
Baie woorde. Dis nie alleen ân tekort aan kommunikasie wat probleme in ons huwelik veroorsaak nie, maar wanneer daar ân stortvloed van woorde en besprekings is, kan en gaan ongehoorsaamheid (ân oortreding aan God se Woord) nie vermy word nie! âBy veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandigâ (Spr. 10:19).
Bly stil. Mense sĂȘ ons moet ons mening lug en sĂȘ wat ons dink, maar God sĂȘ: âDie verstandelose verag sy naaste, maar ân verstandige man bly stilâ (Spr. 11:12). âWie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergangâ (Spr. 13:3).
Sagmoedige en stille gees. God vind ân stil vrou kosbaar. Is dit jy? â... maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ân sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor Godâ (1 Pet. 3:4).