OGGEND TOEWYSDING – 13 JUNIE

Junie

Jy huil van die pyn soos wat Hy ry na ry omploeg. Dit is nie net hierdie area wat hard geword het nie, maar elke area van jou lewe. Tog, Beminde Hy doen dit nie om die grond leeg te los nie, maar Hy het planne daarvoor―planne vir voorspoed, planne vir hoop.

Moenie bang wees vir die storms wat sal kom nie. Moenie die piepklein, brose loot verkleineer nie. Want op die regte tyd, as jy nie tou opgooi nie, sal jy sal 'n oorvloed oes.

Vanoggend se toewyding het ek gevoel dat ek net moet deel, want ek weet daar is nog baie vrouens wat seer ervaar en so baie keer voel dat hulle net moet opgee, maar ek is hier om vir jou te sê dat die seer oor sal gaan, dan sal jy die hoop en voorspoed oes wat die Here vir jou beplan en ek is 'n getuienis daarvan, want in my eie seer het ek nie gevoel dat dit ooit sal ophou nie, maar dit het opgehou. Die Here se planne vir ons is so groot en wonderlik, druk net deur.

4 thoughts on “OGGEND TOEWYSDING – 13 JUNIE”

  1. Oh yes i agree the Lords plans are the best. If we just don’t forget to ask for His help and be dependent on Him,only Him.

  2. Dankie Janine, hierdie boodskap het my ook vanoggend diep geraak. Maar deur die pyn en die omploeg kry ons nuwe harte van vlees en word ons vrugbare grond vir ons Geliefde se werk.

    1. My ook liefste Adina, dis so moeg gestel en dis presies hoe ons seer voel, omgeploeg en ongemaklik, maar so nodig vir ‘n nuwe hart.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui