HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 6 VERVOLG…

Hoe om Ontslae te raak van jou Twisgierigheid en Selfregverdiging
As ons bely. Ons kan duidelik sien dat om saam met ‘n twisgierige, selfregverdigde vrou te woon, is niks minder as ‘n nagmerrie nie. Nie net vir ons eggenoot nie, maar ook vir ons kinders. Kom ons bid en vra God se vergifnis. Kom ons soek Sy genade om ons te help om sagmoedige en stil vrouens wat kosbaar is vir Hom en ons eggenoot, te wees. “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Joh.1:9). Te veel vroue verstaan hierdie vers verkeerd en in plaas van hul eie bely hulle, hulle eggenote se sondes. Die vers sê dat ons, ons sonde moet bely.

Wat ek geleer het uit hierdie gedeelte is dat ons vergifnis moet vra by God en die wonderlike dinge is, dat ons nie op ons eie hoef te probeer verander nie, maar ons kan God se hulp vra om te verander. En ja so baie van ons, ek insluitend het vir so lank op my eggenoot se sondes gefokus, maar dit was my eie sondes wat ek moes bely, wat baie was. Wanneer ons, ons sondes bely, is wanneer ons gesond kan word. En hier moet ek weer sê moet asseblief nie doen wat ek gedoen het nie, want ek was so gefokus op sy owerspel dat ek my eie sondes vergeet, wat my 'n baie bitter mens gemaak het, maar God se genade is so groot en Hy het my nie net so gelos nie.

Bely. Wanneer ons eggenoot huis toe kom om te kom kuier, vra sy vergifnis vir jou twisgierigheid en jou selfregverdiging. As jy geen kontak met jou eggenoot het nie, bid vir ‘n geleentheid om vergifnis te vra oor die telefoon of teenoor hom in lewende lywe. (Moet hom asseblief nie kontak nie!) “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag” (Jak. 5:16). Weereens sê hierdie vers dat ons, ons sonde en nie ons eggenoot se sonde moet bely nie, sodat ons gesond kan word.

Ons moet ons eggennoot vra vir vergifnis maar en hierdie is 'n baie groot maar, as jy nie kontak met hom het nie, is dit nie 'n rede om hom te kontak nie, bid vir 'n geleentheid en die Here sal daai geleentheid laat gebeur, jy hoef dit nie te maak gebeurnie.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui