LEWENSLES WEEK 11

Week 11 “Prekerig”

Ter afsluiting, met ‘n hart van dankbaarheid en nederigheid, onthou dat eerder as om te preek—wees deursigtig en spog oor jou swakhede—kyk dan wat gebeur. Wees LIEF vir ander, met die onvoorwaardelike liefde wat jy van die Here kry en kyk of jou lewe nie verander nie. As jy glo dat jy sukkel op hierdie gebied, onthou om jou gedagtes te hernu deur die verse van hierdie boodskap daagliks te lees, totdat jou begeerte vir verandering gebeur.

Toe ek hierdie gedeelte in die Lewensles lees, toe laat dit my aan hierdie Bybelvers dink:
En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk. 2K12:9

Want ons kan uit mekaar se foute uit leer en glo my ek het so baie foute gemaak, dat dit net die Here se genade is, dat ek vandag hier kan skryf en ek bid dat ons nederig voor die Here sal bly en werklik gelei word deur die Here om aan ander vrouens oor te dra wat die Here wil hê ons moet oordra, want sonder die Here kan ons niks doen nie:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui