OGGEND TOEWYDING – 17 MEI

Mei

Hoe kan ons ooit twyfel aan wat die Here kan doen. Glo ons dan rêrig hierdie vers:
Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”

Ek weet in my eie seer het ek maklik kleingelowig geraak en getwyfel, maar niks maar niks is vir God onmoontlik nie en dit is 'n feit wat ons moet besef. In ons seer is dit juis die tyd wat ons na God toe moet uitroep want elke keer wat ek nog na God uitgeroep het, was Hy die Een wat die storms kalmeer het.

2 thoughts on “OGGEND TOEWYDING – 17 MEI”

  1. Dankie Janine, hoeveel keer twyfel ons nie en maak op ons eie insigte staat, die wag en die tye waar ons voel ons hoor Hom nie, kan mens so laat twyfel, maar deur baie sulke situasies het ek geleer Hy werk juis in daardie tye. Niks, maar niks is onmoontllik by God nie.

    1. Ja jys so reg liefste Adina, die wag kan mens so laat twyfel en ja ek het ook geleer dat die Here juis in daai situasies so besig is in ons lewens.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui