Luister Mooi Na Die Here Se Stem

Vanoggend toe ek ry, besef ek hoe bevoorreg ons is om Sy stem te kan hoor, ons moet net mooi luister.

Dit laat my dink aan 'n dag wat ek buitekant 'n gebou geparkeer het. Ek het gehoor hoe 'n stem vir my sê moenie nog vorentoe ry nie, maar ek het nie geluister nie en toe het ek my motor baie lelik gekrap en vandag weet ek dit was my Hemelse Man se stem wat vir my gesê dat ek nie nog vorentoe moet ry nie. En nie net moet ons mooi na ons Hemelse Man se stem luister nie, ons moet dit gehoorsaam.

Vandag wil ek my Hemelse Man loof en prys dat ek Sy stem hoor.

Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.” J30:21

2 thoughts on “Luister Mooi Na Die Here Se Stem”

  1. Dankie Janine vir die mooi vers wat jy gedeel het, dit is so waar, ons moet ingestel wees op Sy stem en Sy leiding, en gehoorsaam. Wanneer Hy jou waarsku om iets nie te doen nie, is daar ‘n rede daarvoor.

  2. Ja liefste Adina, dit is ‘n baie mooi vers en ons moet ook gehoorsaam want kyk nou toe ek nie gehoorsaam nie, toe dra ek die gevolge en daar is ‘n rede hoekom ons HM ons waarsku.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui