💞DANKIE IN PLAAS VAN EK VERDIEN DIT NIE 💞

Ek gebruik so graag die die woorde: ek verdien dit nie, veral as ek deur my Hemelse Man gepamperlang word en dis rêrig iets wat ek hard wil probeer verander.

Gister kom ‘n vrou by my en vra of ek asseblief vir haar dogter sal sit as ‘n model (vir ‘n haarwas, haarbehandeling en hare blaas) en dit alles gratis. Ek het geweet dis van my Hemelse Man af, want vroeër in die week het ek vir my HM gevra om my asseblief met my hare te help oor dit droog gevoel het nadat ek dit te veel gekleur het.

Terwyl ek hier sit, sit ek met die sagste behandelde hare, mooi uitgeblaas soos ek daarvan hou.

Ongelooflik baie dankie vir die pamperlang my Hemelse Man.

Gaan lees gerus die volgende 2 lewenslesse en wees bemoedig:

Week 44 “Ek Verdien Dit Nie”

Week 45 “Ek Verdien Dit Nie” Deel 2

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “💞DANKIE IN PLAAS VAN EK VERDIEN DIT NIE 💞”

  1. Dankie liefste Janine. Ja, baie kere gebruik ek ook die woorde “Ek verdien dit nie” Ek is nie baie goed met geskenke ontvang nie. Die manier wat ons groot geword het my ma altyd die voorbeeld gestel van ons sal dit self doen, ons hoef niks van niemand te ontvang nie, maar sjoe, natuurlik wil Hy ons seën hier op aarde en dit deur ander mense te gebruik. Dit klink of jy so lekker gepamperlang was. Ek het lanklaas daardie pragtige woord gehoor. Erin het nou die dag vir my gesê sy is nie mal oor die woord: “spoiled” nie want dit klink soos ‘n stout kind, sy gebruik eerder die woord “pampered” toe gaan dink ek, maar het ons regtig ‘n ander woord vir bederf in Afrikaans? En hier kom jy met die pragtige woord!

  2. Ja Liefste Yvonne, Erin het my ook laat dink en dis waar, bederf is soos ‘n bederfde kind en ek was omtrent gepamperlang (en ja ‘n woord wat mens nie meer hoor nie) deur iemand wat my Hemelse Man gestuur het, met so sagte, stil gees en het sommer daar vir haar gebid terwyl ek die lekkerste kop massering gekry het. En dit het my laat voel dat elke haar op my kop rerig getel is soos die Woord van God sê en ek rerig saak maak. Dit laat my nou dink as my sussie vir my geld gegee het, het ek altyd gesê nee dankie ek kan dit nie vat nie, dan het sy gesê hou op my seën wegvat van my af.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui