💖DIE OORVLOEDIGE LEWE – HY LOS MY NIE 💖

Terwyl ek besig was om die: “Oorvloedige Lewe”, hoofstuk 1 (Wat is die Oorvloedige Lewe) te lees, het hierdie woorde my laat dink en so geraak:

“Dit het nooit by my opgekom dat ek gelukkig kon wees (om nie eens te praat van vreugdevol) as God nie my huwelik herstel het nie.”

Vir jare het ek op die oorvloedige lewe uitgemis, want al wat vir my saak gemaak het was die herstel van my huwelik, so erg dat dit toe ‘n obsessie geword het.

Maar ek het Hom gevind of laat ek dit eerder so stel, my Hemelse Man het my vasgehou en nie gelos nie en op valentynsdag het dit my opgeval dat ek nie hartseer voel soos die vorige valentydsdae nie (laat ek erken selfbejammering het ook seker voorheen deel daarvan uitgemaak). Hierdie valentynsdag was anders as die voriges, want ek het besef dat my Hemelse Man se liefde al is wat my werklik vervul. Ek het die hele dag met ‘n glimlag geloop terwyl die liedjie se woorde oor en oor in my kop gespeel het:

🎵Oh how He loves us 🎵

Liefste bruid, ek dink jy wil nes ek die oorvloedige lewe kry waarvan daar in die boek geskryf word:

“Wat ek gevind het was die fontein van jeug, die innerlike vrede, die ware betekenis van die lewe, die geheim van lewe en hoekom ons geskape was—alles in ‘n oogwink.”

“Hy is kosbaar—enigiets anders is waardeloos!”

“Begin nou dadelik om vir Jesus te sê; Hy is alles wat jy wil hê, Hy is alles wat jy nodig het en as jy Hom het, het jy alles. Wanneer beproewinge teen jou kom, sê hierdie woorde oor en oor todat dit wat gebeur (of gebeur het) nie meer saak maak nie.”

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “💖DIE OORVLOEDIGE LEWE – HY LOS MY NIE 💖”

  1. Janine dankie vir hierdie wonderlike boodskap. Ek het ook gedink ek sal eers weer gelukkig kan wees as my huwelik herstel word, maar ek was so verkeerd! Ons kan die Oorvloedige Lewe verkry sonder herstelde verhoudings! Hy is al wat ons nodig het en al wat ons nodig het om te leef……en te leef met oorvloedige liefde, vrede en vreugde! En Hy wil hierdie oorvloedige lewe vir ons almal gee!

  2. Ek wens dit vir elke vrou en dat elke vrou besef jy kan oorvloedige liefde, vreugde en vrede kry al is jou verhouding nog nie herstel nie.

  3. Janine jou boodskap oor oorvloedige lewe het my vanoggend so geraak. Amen en amen. Ek haal so graag die vers aan…..Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.
    I JOHANNES 4:19 AFR53
    Abba Vader het ons eerste lief gehad.

    Ja beslis Hy wil vir ons oorvloedige lewe gee. Hy het ons lief.

    1. Dankie Esther, dit is die eerste keer wat ek jou hier by ons sien. As ek net voorheen jou kommentaar gemis het, is ek jammer. Baie welkom hier by ons!!! Dit is ‘n pragtige vers.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui