Wat het die Here deur die HERSTEL JOU HUWELIK boek vir jou gedoen?

Kosbare liefste bruid ek sit hier en dink hoe my kosbare Hemelse Man presies weet wat Hy doen!

Ek kannie presies onthou hoe ek die Herstel Jou Huwelik boek gekry het nie, wat ek wel kan onthou is dat ek dit nie vir myself wou hou nie.

So geleentheid wat ons wonderlike Here georkestreer het was die dag toe Yvonne (ek noem haar naam met toestemming) my gebel het en gevra het of sy met my kan kom praat. Sy het toe met my gedeel oor haar huwelik wat besig was om te verbrokkel en ek het dadelik ervaar dat ek die boek met haar moes deel. Sy het natuurlik seker gedink ek is mal, want ek het opgewonde uitgeroep dat ek die regte boek vir haar het!

En net voor dit het ek vir die Here gevra om asseblief vir my 'n vriendin te stuur, wat sal verstaan waardeer ek gaan en saam met my kan bid en nie net het ons kosbare Here die Herstel Jou Huwelik boek gebruik om vir my soveel waarhede (wat woordgebaseer was) te leer nie, Hy het ook vir my 'n baie kosbare vriendin gestuur in die proses ('n antwoord op my gebed). En met 'n honger het Yvonne die boek bestudeer en ook by RMI betrokke geraak en sy het my altyd opgewonde van RMI vertel en so het ons kosbare Here 'n honger in my wakker gemaak om ook betrokke te raak en hier is ek! En nie net het ek een vriendin gekry nie, elke liewe kosbare vrou wat die Here na UiteindelikHoop.com stuur en elke vrou by RMI, is vir my baie baie kosbaar en na aan my hart. So kan jy nou sien, dat die Here presies weet wat Hy doen en iets mooi's beplan?

Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die HERE. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê." J29:11

Al voel dit dalk nie nou so nie, weet ek dat daar uit jou seer ook iets mooi's gaan kom en wie weet dalk lees ons ook eendag jou Herstel Reis Verhaal, soos ons nou Yvonne s'n kan lees: "My Gekweste Hart".

Kosbare bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief hier te deel hoe jy die Herstel Jou Huwelik boek gevind het en wat dit vir jou beteken het en so kan ons ander vrouens aanmoedig om hierdie woord gebaseerde boek, wat natuurlik alles die Here se werk was om kosbare Erin te lei om die boek te skryf, te lees.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Wat het die Here deur die HERSTEL JOU HUWELIK boek vir jou gedoen?”

  1. Dankie liefste Janine Ek het oorals gesoek na iets meer oor hoe God kan herstel en het hier en daar n video of so gekry en toe het ek my ou lewe verloor en ek het aanhou soek en so eendag in Mei het ek op die Hoe God jou huwelik kan en sal herstel boek pdf af gekom op google wat die inleiding bevat het en so het die Here my na Uiteindelikhoop gelei.

  2. Die Hoe God jou huwelik kan en sal herstel boek het my oë soo baie oop gemaak en my gedagtes hernuwe en so baie geleer uit die boek ek het nader aan die Here gekom en ek het my Geliefde HM gevind

    1. Dankie dat jy dit deel, ek is so dankbaar dat ons lieflike Here jou na UiteindelikHoop.com toe gelei het kosbare Kristy.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui