Oordenking – 10 April

“Rus in die Here en wag geduldig op Hom; wees nie kwel oor hom wat voorspoedig is in sy weg, oor die man wat goddelose planne uitvoer nie. Hou op van toorn en verlaat die toorn; moenie bekommerd wees nie, dit lei net tot boosheid. Want kwaaddoeners sal uitgeroei word, maar die wat op die Here wag, hulle sal die land beĂ«rwe. Nog 'n klein tydjie en die goddelose sal daar nie meer wees nie; en jy sal goed na sy plek kyk, en hy sal nie daar wees nie” (Ps. 37:7–10).

Geliefdes, baie soek die Here om namens hulle te beweeg, maar net hulle wat wag – net hulle wat genoeg in Hom rus om te wag – sal erf wat God vir hulle het. Die meeste beweeg aan of verander van rigting. Baie sal reg in eie hande neem, en sodra dit Sy planne verwar, sal hulle tou opgooi en hulself troos dat dit nooit sou gebeur het nie. Nee, jy moet rus en geduldig wag, want net die wat wag sal die wonderwerk ontvang. Wag.

Daar is baie min van ons wat daarvan hou om te wag, maar dis juis in daardie wag wat ons nader aan ons Hemelse Man beweeg, juis in daardie wag wat ons Hom beter leer ken, juis in daardie wag wat daar aan ons gewerk word. Dit is juis in daardie wag wat ek self geleer het dat Hy als onder beheer het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Oordenking – 10 April”

  1. Liefste Janine, vandag het hierdie regtig aan my hart gevat, vir elke bruid wat dalk vandag moedeloos, kwaad of bitter voel wil ek jou net herinner dat:

    God is by jou. Laat jou lewe aan die Here oor, vetrou op die Here en doen wat goed is! Soek die Here, elke dag – as jy swak voel SAL die Here jou krag gee. Vetrou op die Here Hy sal vir jou sorg! As jy woede het en as jy bitter voel gee dit vir die Here, “moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie dit bring net ellende. – Psalm 37:8″ loop jy die regte pad die Here sal jou ondersteun, moet nie laat die vyand jou laaste bietjie hoop en geluk kom steel nie, die vyand is ‘n leuenaar hy wil hĂȘ dat jy die negatiewe gedagtes glo, hy wil hĂȘ dat dit wat jy DINK jy gesien het die waarheid is, ‘n skielike krisis kom net van die vyand af! Die vyand is kwaad want hy weet dat God jou gaan seĂ«n en hy kan NIKS omtrent dit doen nie, as jy voel dat jy geval het STAAN WEER OP EN SÊ: Ek sal jou vetrou God, ek vetrou jou plan vir my lewe, ek vetrou dat JOU tyd die regte tyd is, ek sal in U vetrou maak nie saak wat die omstadighede is nie! Vul jou gedagtes met die woord van God. ” Onderwerp julle dan aan God, staan die Duiwel teĂ« en hy sal van julle af wegvlug – Jakobus 4:7″ Sit vir God eerste, en die res sal in plek val!

    Soos jy hierbo sĂȘ Janine dit is in die WAG wat jy self geleer het dat Hy als onder beheer het.

    1. Liefste Meagan jy het dit so ongelooflik mooi gestel, Hy gee ons beslis krag en die oomblik wat ons besef dat ons met alles na ons wonderlike Here toe kan gaan, neem Hy oor en daai wet is so vertroostend want Hy weet wat Hy doen.

    2. Dankie lifste Meagan vir hierdie wonderlike bemoediging wat jy gedeel het! Ons kan tog so maklik vaskyk in dit wat om ons gebeur en dan verval ons in vrees en begin wankel in ons geloof en Sy plan met ons lewens. Ons moet te alle tye ons oe gerig hou op die EEN wat in beheer is, wat alles weet en wat alles kan doen, ons Hemelse Man.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui