LEWENSLESSE – WEEK 1

Week 1 “Wat Ook Al Sy Doen, Sy Floreer”

Week 1 “Wat Ook Al Sy Doen, Sy Floreer”

"Die grondslag om die Oorvloedige Lewe te Leef, sodra jy ‘n persoonlike verhouding met die Here het, is om te leer om volgens Sy beginsels te leef—die lewe se padkaart."
Ons wonderlike God het vir ons beginsels gegee om volgense te lewe (ons lewe se padkaart) en in my eie lewe het ek al gesien as ek daarvan af beweeg dan is dit wanneer dit sleg begin gaan.

"Die manier waarop ek dit gedoen het in 1991 (die jaar wat die Here die eerste keer God se begeerte om my huwelik te herstel in my hart gesit het), toe ek hierdie beginsel ontdek het, was om 3x5 indeks kaarte te begin gebruik en ek het elke vers neergeskryf wat ek wou lees om my gedagtes te hernu en my geestelik te versterk."
Bybelverse hernu defnitief my gedagtes en versterk my so ongelooflik geestelik en ek weet dit doen vir elkeen wat hierdie belangrike beginsel doen.

"Maar, as jy nie tans in ‘n staat van desperasie is soos wat ek was nie, is die maklikste metode om jou “teiken” of “ sleutel” verse reg langs jou bed te sit. Lees hulle EERSTE wanneer jy wakker word, en WEER net voor jy gaan slaap in die aand—met ander woorde—oordink dit dag en nag!"
Jare terug toe my am my gelos het, het ek so erg in depressie ingegaan, maar die dag toe ek die Woord van God begin oordink dag en nag, het my hele lewe verander en God het my uit daai depressie uitgehaal.

Die Woord van God sĂȘ: Maar wat in die woord van die HERE sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “LEWENSLESSE – WEEK 1”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui