Lewensles Week 38

https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w38/

Week 38 "Houpatroon"

Kosbare liefste bruid met hierdie lewensles het ek geleer dat ons, ons HM kan vra om ons te herinner aan alles wat Hy al vir ons gedoen het. Dis so maklik om vasgevang te raak in mens se seer en dan al die mooi en goeie dinge wat ons kosbare Here al vir ons gedoen het te vergeet, so kom ons vra die Here om ons te onthou, sodat dit ons gelukkige plek saam met die Here word.

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die lewensles:

Laat my jou aanmoedig om eenvoudig jou HM te vra om jou na jou eie gelukkige plekke te neem waarheen Hy jou al gevat het. Jou eie bergpiek en uitgestrekte see-ervarings wat jy dalk vergeet het, maar Hy nie het nie.

Liewe bruid, wanneer jy jouself in ‘n houpatroon vind, wees seker om hierdie tyd te geniet, nou dadelik! Kom weg met jou Beminde HM en onthou saam met Hom soos wat enige twee liefhebbers sou doen.

Koester om saam met Hom die verlede te herroep. Die eerste keer wat julle ontmoet het, hoe jy verlief geraak het, toe jy jou gunsteling liefdeslied ontdek het en praat met Hom oor die geskenke, plekke, ondervindings wat julle as ‘n paartjie geniet het. As jy dit doen dan sal wag, stilhou, nie ongemaklik wees nie en jou nie in die versoeking stel om voor Hom uit te gaan nie. Nee, dit sal jou gelukkige plek word. Jy sal “geen kommer vir die toekoms hê nie” soos die Spreuke 31 vrou. Jy sal so tevrede wees tot die punt dat jy nie meer omgee hoe lank jy wag nie.  

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Lewensles Week 38”

  1. Ja liefste Janine om deur die Here te onthou wat Hy wil he ons moet onthou en wat Hy als vir ons doen is so wonderlike. Saam met die onthou vind ons weer die vreugde en blyskap en opgewondeheid en verliefheid soos wat ons gevoel het. En dit laat my net dink aan wat Hy nog als vir my wil hê. Ek weet Hy wil vir elke vrou so veel meer he as wat ons aan kan dink.

    En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees! ‭ROMEINE‬ ‭15:13‬ ‭AFR53‬ https://bible.com/bible/5/rom.15.13.AFR53

    Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. ‭‭JESAJA‬ ‭55:9‬ ‭AFR53‬‬ https://bible.com/bible/5/isa.55.9.AFR53

  2. Ja kosbare Kristy, daardie vreugde en blydskap wat alle verstand te bowe gaan en Sy planne vir ons is beslis goeie planne.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui