LEWENSLES WEEK 13

“Vals Skuld en Vergifnis”

Week 13 “Vals Skuld en Vergifnis”

Daar word vir ons gesĂȘ om weer en weer te vergewe, reg? Nie net wanneer iemand jammer is nie, maar onmiddellik. God, wie die wĂȘreld en al die beginsels en wette geskep het, het vir ons gesĂȘ hoe belangrik dit is en dit is vir baie redes. Die eerste en belangrikste rede is dat ons nie in staat is om genees te word van dit wat met ons gebeur het nie.

Die ander rede wat ewe belangrik is om te vergewe, is sodat ons liefde kan uitbeeld aan die een wat teen ons gesondig het. Wanneer ons vergewe, dan is ons vry van die skuld (van wat ons moes of nie moes gedoen het nie), en dan met vergifnis ontvang, kan die sondaar die gewig van hulle sonde VOEL.

Ek moet hier erken, ek het altyd gedink dat as ek nie vergewe nie, dan is dit net ek wat geaffekteer word want ek dra die onvergifnis binne myself, maar met vandag se les het ek geleer dat wanneer ons vergewe, dan kan die sondaar die gewig van sy sonde voel en sodoende hom bekeer, wat die Here vir ons almal wil hĂȘ.

Hierdie is so ongelooflike mooi lewensles, asseblief lees die volle lewensles, want daar is die mooiste getuienis wat vergifnis gedoen het in 'n sondaar se lewe en dat die paartjie 'n herstelde huwelik gehad het en dat sy vir haar man gebid het om 'n "Damaskus" ervaring te hĂȘ en toe God hom aangeraak het, het hy hulle familiebybel orals heen gedra het en later voltydse bediening gedoen het en kos vir hawelose mense gegee het. Ons dien 'n wonderlike Here, my hart loop so oor van dankbaarheid as ek lees wat die Here in mense se lewens doen.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui