U verlossingswerk, o God, is oneindig groot;

groot is die dinge wat U gedoen het!

Wie is soos U, o God?

Psalm 71:19

 

Net ‘n paar minute gelede het ek vir my kinders totsiens gesê voor hulle kerk toe gegaan het. Hulle het regtig geen idee hoeveel ek elke week daaraan dink nie—om nie saam hulle te gaan nie. Ek het regtig gedink dat ek op die plek gekom het waar dit nie meer saak maak nie, maar tot my verbasing, het die Here my laas week na twee dienste laat gaan. ‘n Wel bekende evangelis het gepraat, iemand wat my ouer seuns gesê het ek nie moet mis nie. Eerlikwaar, ek het gedink dat ek dit sekerlik sou “mis,” maar ek het die Here gevra en tot my verbasing het Hy gesê gaan. So toe gaan ek, was geseënd en ek was die geleentheid gegun om ‘n aansienlike bedrag geld as ‘n offerande te gee (lyk my die hoof rede vir my om na hierdie aand diens te gaan).

My kinders, weet ek, het sommige van die mal dinge wat ek gedoen het bevraagteken. Meeste van hulle vrae het ontstaan uit die reputasie wat hulle pa oor my geskilder het. Geen twyfel dat dit een van die dinge was wat hom meer na die wêreld toe gedryf het en die dinge daarvan om hom gelukkig te maak. Ek is seker, as ek terugkyk, dit was eenvoudig sy manier om hom ‘n uitkoms te gee aangesien hy vir jare beplan het om weer met sy hoërskool meisie te verbind, elkeen het egskeiding beplan. Op daardie stadium het ek egter geen idee gehad dat hy sy denke en opinies met die ouer kinders gedeel het nie en eerlikwaar toe ek uitvind, was ek nie seker dat my reputasie by hulle ooit sou herstel nie. Tog, God het beloftes vir ons wat veel swaarder weeg as die negatiewe van die wêreld.

By U, HERE, skuil ek. Laat my tog nooit teleurgestel staan nie! Bevry my, want U is getrou” (Psalm 31:1).

Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie” (Psalms 34:6).

By U, Here, skuil ek, laat my tog nooit teleurgestel staan nie!” (Psalms 71:1)

Dié wat jou verdruk het sal na jou toe kom en buig, almal wat jou met minagting behandel het, sal by jou voete kniel . . .” (Jesaja 60:14).

Toe sê Petrus: ‘Kyk óns het van ons besittings afgesien en U gevolg.’ En Jesus antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van die koninkryk van God afgesien het van huis of vrou of broers of ouers of kinders nie, of hy ontvang in hierdie tyd al baie keer soveel terug, en in die tyd wat kom, die ewige lewe.’” (Lukas 18:28-30).

Dit het geneem dat die Here my binne enkele weke na my egskeiding in ‘n baie onheilspellende situasie geplaas het, deur te reis en finansiële gekheid, om die gety om te keer en my reputasie by my kinders het ook begin omkeer. Soos wat ek in vorige hoofstukke gesê het, ek leer nou hoe ons moet verwag dat ons deur groter, maller prestasies sal gaan wanneer ons besluit om God vir groter dinge te glo.

Dit is wat ek hoop om later vandag tydens middagete aan my kinders te verduidelik. Ek wil vir hulle vertel dat al hierdie ongelooflike en mal dinge wat ek nou doen, eenvoudig is omdat ek vasbeslote is om God vir groter dinge te glo.

Net ‘n week gelede, het ek die geleentheid gehad om met almal van hulle te deel (sommige individueel), dat ek in myself nie ‘n gebed het om dit te maak met alles wat teen my gekom het en voortgaan om te doen nie. Dit is net die Here wat in staat is om hierdie een baas te raak. Vandag wil ek hulle ook vertel dat Hy so liefdevol, oor die afgelope agtien maande, vir my ongelooflike getuienisse in my eie lewe gegee het, sodat ek dit kan oordink en daarop fokus, om te glo dat God my sekerlik deur hierdie tyd sal bring soos wat Hy vantevore gedoen het.

God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie, ‘n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?” (Numeri 23:19).

Ek is die HERE die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?” (Jeremia 32:27).

Ag, Here my GOD, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie. U bewys u troue liefde aan duisende geslagte, maar U straf kinders vir die sondes van hulle ouers. Groot en magtige God, u Naam is die HERE die Almagtige. U besluite is magtig, u dade groot. U sien alles wat die mense doen. U gee aan elkeen wat hom toekom, U beloon elkeen volgens sy dade” (Jeremia 32:17-19).

Waaraan Hy my herinner het terwyl ek die bogenoemde beloftes oordink en bepeins het, is dat die arend wat alleen vlieg en so skaars is, dat dit ons aandag trek—arende, soos kragtige Christene, is op die bedreigde spesies lys. Dit is hoekom dit my begeerte is om meer arende vir die Here te teel: en ek begin met my eie kinders, sowel as elkeen van die vrouens wat ek geseënd is om aan te moedig deur my bediening en ook RMI. Ha, my bediening. Dit is nog net een gebied waarvoor die Here my laat vertrou op Hom terwyl ek toekyk hoe dit ‘n stadige, stil en pynlike dood sterf.

Tog, “Dít verseker Ek julle: As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe bring hy ‘n groot oes in” (Johannes 12:24). Dit kan wees dat my bediening en my lewe soos wat ek dit ken, moet sterwe om die groot oes in te bring wat God beplan het. Dit beteken dat ek God deur die dood moet glo totdat dit tyd is vir my lewe en my bediening om weer opgewek te word.

Kosbare een, is jy vasberade om God nou vir groot dinge te glo? As jy is, dan moet jy verwag om teen groot en oënskynlike vernietigende opposisie te kom. Jou reputasie, die wêreld soos wat jy dit ken, dit sal alles dag-vir-dag en oomblik-vir-oomblik op die altaar geplaas moet word. Jou rede hoekom jy op God vertrou mag verander, soos myne het, of miskien is jy ver voor my en het die regte redes van die begin af gehad. Vir my, bereik ek hierdie vlak van geloof eerste, want dit was asof my lewe aan die brand was soos ‘n brandende gebou. Ek het geweet dat ek die Here radikaal moes volg om sodoende my kinders en die vroue in my bediening te red.

Toe ek veilig uit daardie vuur (die egskeiding) was, het ek begin om radikaal vir liefde te lewe. Ek was Sy nuwe bruid en liefde was my motiveerder—die “verliefde” soort. Teen die tyd wat ek internasionaal gereis het, wat beteken het dat ek my kinders vir weke aaneen moes verlaat (onthou, dat hulle pa ook weg was en ek het hulle alleen gelos), het ek geweet dat dit ‘n radikale, gehoorsame leefwyse sou neem om my familie deur te druk na wat aan die ander kant vir hul toekoms gewag het. Nie net wat my ywerige lewe vir hulle sou doen nie, maar watter invloed hulle kan hê om dit te aanskou.

Net vanoggend, het ek verstaan dat my motivering ‘n bietjie anders is. Vandag sien ek wat dit gaan neem om die toppunt te bereik wat die Here my aanspoor om deur te klim—Sy liefde vir my. As ek in God wil glo vir groot dinge, is dit, my dierbare mens, wat dit gaan neem, en wat my opwaarts dryf, wat altyd was, en altyd sal wees, is Sy liefde vir my en my toewyding aan Hom; dit is wat saak maak—dit is al wat saak maak.

Daar is een groot wens in my hart en dit wil ek met my hele lewe najaag: dat ek my hele lewe lank by die Here mag wees. Sy wonderlike nabyheid wil ek [daar] dag en nag beleef. Ek wil ervaar hoe goed Hy vir my is. Ek wil weer en weer daaroor nadink wanneer ek Hom aanbid” (Psalm 27:4, Die Boodskap).

Here, U is die enigste ware God. Niemand kan die dinge doen wat U doen nie. Selfs mense wat U nie dien nie, is u handewerk. Ook hulle sal nog kom om U te aanbid, Here. Hulle sal u Naam kom grootmaak en U eer. Ja, U is baie groot. U laat wonders gebeur. U is die enigste ware God.” (Psalm 86:8-10 Die Boodskap). Laat ek die eerste wees om vir U die eer en die liefde te gee wat jy verdien in ruil vir alles wat jy vir my gedoen het, maak nie saak wat ek verloor nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui