Na die sewende keer het hy kom sê:

“‘n Wolkie so groot soos ‘n man se hand kom 

uit die see uit op.”

—1 Konings 18:44, AFR 83

 

Die opening vers verwys na Elia die profeet se geloof en was nog altyd een van my gunsteling verse as gevolg van die beginsel wat ek graag omhels. Om die waarheid te sê, dit is een van die redes hoekom Erin begin het om lofverslae op die RMI webwerf te plaas, dis hoe sy sê lofverslae deel, begin het. Toe sy begin het, het sy aangekondig dat sy wou hê dit moet die bedienings lede leer om te soek vir hulle “baie klein wolkie” wat sou aankondig, in geloof, dat hul wonderwerk op pad is. Toe ek dit gehoor het, het ek gereeld lofverslae begin indien, ek het elke keer aangekondig wanneer die Here iets in my lewe sou doen sodat ander vroue kon opgewonde raak, maak nie saak hoe klein die wolkie was nie.

As jy ook haar Herstel Jou Huwelik boek gelees het, dan het jy baie verse daarin gelees oor geloof. Net om ons almal se gedagtes te verfris, laat my net ‘n paar van my gunstelinge lys:

“Daarop antwoord Jesus hulle: ‘Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen . . . julle sal vir hierdie berg kan sê: “Lig jou op en val in die see!” en dit sal gebeur.’” (Matteus 21:21). Maak nie saak hoe onmoontlik nie.

“Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus” (Romeine 10:17). Weereens om mekaar se geloof te bou deur te hoor van daardie onmoontlikheid wat Hy in jou lewe doen, maak nie saak hoe klein nie.

Laastens, waarskynlik my twee absolute gunstelinge is: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” (Hebreërs 11:1). “As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil.” (Hebreërs 11:6).

Tog, in plaas van die beginsel vir hierdie hoofstuk, is dit die volgende vers wat moontlik dié belangrikste is met betrekking tot ons geloof: “Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ‘n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus” (1 Petrus 1:6-7).

Die bewys van Elia se geloof was vir God kosbaarder as goud, aangesien die resultaat lof, glorie en eer aan Hom was. God het nie ons geld nodig nie, aangesien al die goud en silwer (en alles in en op die aarde) in elk geval Syne is. God vra net dat ons ‘n tiende daarvan sal gee en om dan ander ook daarmee te seën as ‘n offergawe, om sodoende die vensters van die hemel oor ons oop te maak. Selfs in ons gee kyk Hy in ons siele om ons geloof te sien. Vertrou ons Hom of nie?

Snaaks dat finansies net toevallig die eerste voorbeeld is wat in my gedagtes opkom as ek oor geloof praat, omdat dit regtig is wat ek met jou wil deel. Hierdie week, het ek ‘n klein wolkie in die pos ontvang, geld wat nie groter as ‘n man se vuis was nie. So, net soos Elia heeltemal en totaal vol vertroue was dat deur net daardie klein wolkie te sien, dit beteken het dat die reën op die punt gestaan het om oor sy lewe uit te stort, net so is ek ook heeltemal vol vertroue dat my reënbui (‘n stortreën) op die punt staan om my finansies te tref. Vol vertroue word gedefinieer as “om seker te wees van die vermoë, oordeel en hulpbronne wat nodig is om te slaag” Ja, Here.

So, wow—dit som presies op wat ek wil sê: Ek het vertroue in God dat Hy die vermoë, oordeel, en natuurlik die hulpbronne het wat nodig is om my te help om te slaag. My vertroue is nie in myself nie—geensins! Om die waarheid te sê, ek weet dat ek nie die vermoë, oordeel, of hulpbronne het wat nodig is om te slaag in my nuwe posisie as enkelma van so baie kinders nie, ek het ook nie die vermoë, oordeel, of hulpbronne om self vir hulle te voorsien nie—dit is hoekom ek uitkyk vir die wolk wat die koms van die reënbui aandui.

“Nou het Elia vir Ahab gesê, “Gaan eet eers, want ek hoor al die gedruis van die reën.” Agab het toe gaan eet, maar Elia het na die top van Karmelberg toe opgeklim en terwyl hy daar na die aarde toe buig met sy kop tussen sy knieë, sê hy vir sy slaaf: “Gaan kyk in die rigting van die see!” Hy gaan kyk toe, en kom sê: “Daar is niks.” Elia het vir hom gesê: “Gaan kyk weer.” Dit het sewe keer gebeur. Na die sewende keer het hy kom sê: “‘n Wolkie so groot soos ‘n man se hand kom uit die see uit op.” Elia sê toe: “Gaan sê gou vir Agab: Span in en gaan van die berg af, anders sal die reën jou vaskeer.” Toe hulle nog praat het die lug donker geword van die onweerswolke; die wind het opgekom en groot reëns het uitgesak” (1 Konings 18:41-45).

Hierdie storie van Elia het begin met God wat ‘n droogte veroorsaak het wat oor Samaria was waar hy gebly het. En hierdie droogte was deur God veroorsaak om Elia in ‘n posisie te plaas om vir Hom glorie te bring (en om die bose in hulle land te vernietig). Dit is een van my absoluut gunsteling stories in die Bybel vir baie redes. Eerstens herinner dit my dat God elke situasie waarin ons onsself bevind opstel en dit plaas ons in ‘n posisie om Sy krag te wys en ons te verhef. En wat maak dat ek wil skree en dans is om te getuig van die geloof van ‘n man wat net ‘n klein wolkie gesien het, terwyl hy regtig ‘n stortreën nodig gehad en verwag het, wie, deur net ‘n klein wolkie te sien, tot aksie oorgegaan het. Hoe fantasties!

Let op, selfs nog voor dit gehoor kon word, het Elia gesê dat daar ‘n gedruis IS van swaar reëns. Dit herinner my aan die volgende vers wat ek vroeg in my reis gememoriseer het en wat ek gesê het een van my gunstelinge is, “Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.” Wat hy gehoor het was God se woord wat sê dat ons Hom tot hierdie mate kan vertrou. Alhoewel Elia sy dienaar gestuur het om te gaan eet en drink, het hy agtergebly in gemeenskap met God. In Die Boodskap Bybel sê dit hy het, “neergebuig in diep gebed” wat ek ook kan voorstel hy gedoen het, of miskien het hy neergebuig om eenvoudig te luister.

Natuurlik, die beste deel is hoe Elia voortgegaan het, ‘n volle 7 keer, om vir sy dienaar te sê om te gaan kyk—WETENDE dat die wolke sou kom! En weereens, dit was nie dat sy dienaar teruggehardloop het en geskree het dat hy ‘n storm op die horison gesien het of dat ‘n storm in hulle rigting gewaai het nie. Al wat hy gesê het was ‘n klein wolkie niks groter as ‘n man se vuis nie! So dit beteken dat dit nie is wanneer jy daardie groot tjek ontvang waarvoor jy gehoop het nie, maar iets so klein en onbenullig dat dit dalk nie eers een van jou agterstallige rekeninge sal kan betaal nie. Of, in die geval van genesing, dit is nie dat jy kan opstaan en loop nie, dit is dat jy net die ligste sensasie in een van jou voete kan voel.

Addisionele bewys van sy geloof is dat Elia nie gewag het om sy dienaar te stuur tot meer reënwolke gevorm het nie, maar met net hierdie klein wolkie vermaan hy hom om dadelik te gaan en waarsku hom om nie te wag nie, sodat hy nie in die stortreën vasgevang sou word nie en dit hom sou verhoed om almal te laat weet dat die reën op pad was!!

Hoe is dit vir opwindend? En, as jy regtig opgewonde wil raak, lees net 1 Koning 18 in sy geheel. Nee, nog beter, begin met 1 Koning 17, want dit wys vir ons iets anders oor God—Hy bou ons geloof op tot die punt dat ons ook net die klein wolkie sal sien vir ons om in totale geloof op te tree.

Wetende hoe Elia se geloof my seën, kan ek my net voorstel hoe dit God geseën het wanneer daar net ‘n klein bietjie van die hele mensdom is wat Hom op daardie vlak vertrou het—en ek wil een van hulle wees. Wat van jou? Wat is jou vlak van geloof deesdae? Snaaks hoe ons Christene is. Ons eis dat ons ‘n kragtige getuienis wil hê, maar ons wil nie deur die aaklige situasies en krisisse gaan wat daardie soort getuienisse produseer nie—die soort wat lewens verander as hulle ons geloof en vrede te midde van hulle sien. Terwyl ons nooit op onsself of ander staat maak om te help nie, maar eenvoudig wag, luister en vertrou dat Hy sal doen wat Hy belowe het.

Tog, soos met alle dinge, neem dit die Here en Sy liefde om ons te verander tot die graad wat ons hierdie soort geloof kan beoefen—en dikwels, beteken dit dat Hy die Een sal wees wat Ons dra—ons deur daardie krisisse dra wat ons wêreld ruk. Ek weet. Eerlikwaar, dit is gedurende die “dra my” krisisse wat ons regtig dramaties verander word. Ek raai dat wanneer Hy ons dra, rus ons naby aan Sy hart. Dit alleen behoort ons te help om nooit bang te wees vir watter katastrofes dalk vir ons voorlê om deur te loop nie. En as ons in Sy liefdevolle arms is, selfs met ons gesigte diep in Sy bors begrawe, weet ons dat Hy ons deur en oor alles kan bring, reg? Om dit net aan jou te noem het vir my vrede en vreugde te midde van my huidige situasie gebring. Ek hoop dit het dieselfde vir jou ook gedoen!

So voordat ons na die volgende hoofstuk beweeg, kom ons eindig hierdie een deur een van my ander gunsteling verse te lees en een wat ek onlangs gebruik het toe dit gelyk het asof daar geen hoop was nie.

“Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, NOGTANS sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag, Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop” (Habakuk 3:17-19).

NLV: “Tog, ten spyte van alles, sal ek [kies om] my [te] verbly in die Here! Ek sal [kies om te] juig oor [‘n seëvierende] God wat my verlos! Die oppermagtige Here is my krag [my bron van moed, my onoorwinlike leër]! Hy maak my voete [bestendig en seker] soos dié van ’n ribbok; op hoë plekke [van uitdagings en verantwoordelikheid] laat Hy my veilig loop [vorentoe vol geestelike vertroue].”

Die Boodskap: “Al dra die vyeboom nie vye nie en daar is nie druiwe aan die wingerd nie; al misluk die olyfoes en lewer die landerye geen oes op nie; al vrek die skape en die beeskrale is leeg, sal ek die Here met ‘n hart vol blydskap dien. Ek sal ervaar hoe die Here my uit moeilike omstandighede red. Die Here wat as koning regeer, gee vir my die krag wat ek nodig het. Hy maak dit vir my moontlik om probleme sonder moeite te hanteer.”

As jy sukkel om die Here te loof met totale en algehele geloof te MIDDE van krisisse, dan sal ek voorstel dat jy die boek “Prison to Praise” deur Merlin R. Carothers, koop of by jou plaaslike biblioteek uitneem. En as jy bekommerd is dat die Here die vure van jou lewe sal toelaat om te warm te word vir jou om te hanteer, wees seker jy lees 29 Oktober se “Streams in the Desert” toewyding, wat oopmaak met die vers, “...so sal Hy as regter gaan sit om die Leviete te suiwer om hulle te louter soos goud en silwer” (Maleagi 3:3) en die gedig eindig met:

So Hy het gewag met wakende oog,
Met ‘n liefde wat sterk en seker is,
En Sy goud het nie ‘n bietjie meer hitte gely nie,
Wat nodig was om dit suiwer te maak. 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui