“As jy dit nie weet nie,

mooiste van al die vroue. . .

Jy is mooi, my liefling,

jy is mooi!”

—Hooglied 1:8,15

 

Miskien het ek dit al vantevore gedeel, maar baie van daardie woorde wat ons seer maak, waaroor ons in die laaste hoofstuk gepraat het, is woorde en denke wat in ons gedagtes gerepeteer word, wat handel oor die hoe ons lyk. Vandag, meer as ooit tevore, word sommige van ons gebombardeer met gedagtes oor hoe ons faal om regtig mooi te lyk en te voel. Ons glo dat ons eerder: te vet of te maer is, te lank of te kort, ons neuse is te lank of te wyd, ons vel is te wit of te donker—die lys is eindeloos.

Terwyl ek na verskillende dele van die wêreld gereis het, toe ek in Brasilië aangekom het, was ek verras deur wat ek gesien het, Brasilië blyk selfs meer obsessief te wees (selfs meer as in die V.S.A.) oor vroue wat die behoefte ervaar om sexy te lyk en te voel. Selfs voordat ek die lughawe verlaat het, terwyl ek by die groot bagasie vervoerband gestaan het, het ek agtergekom dat ek die enigste vrou was wat nie baie vel gewys het nie. My maag en my borste was bedek en my klere was nie styf of uitdagend nie.

My verbasing het voortgeduur tewyl ek saam met my gasvrou deur die dorp gery het na die kerk wat my uitgenooi het om te praat. Ek was betower deur die reklameborde wat hierdie tendens in hulle samelewing uitbasuin het; daar was orals uiters sexy advertensies van vroue. Die gekste aspek daarvan, wat my stomgeslaan het, was dat hierdie Brasiliaanse vrouens absoluut pragtig is!! So hoekom ervaar hulle die behoefte om nog meer as hulle pragtige gesigte en lieflike figure te wys in wat ook al klere hulle mooi laat voel? Terwyl ek verbyster gesit het, het ek onthou dat ek ‘n spesiale televisieprogram gekyk het wat gesê het dat Suid Amerika die meeste Mej. Heelal wenners as enige ander kontinent gehad het, in een land word meeste meisies na skole toe gestuur om hulle te leer hoe om die titel te wen deur hulle te leer hoe om te praat, loop, wat om aan te trek, ens. Dit lyk asof dit nie saak maak hoe pragtig ons is nie, meeste van ons voel minderwaardig; myself ingesluit.   

So ‘n paar weke later, terwyl ek na ‘n ander kontinent toe gevlieg het, het ek baie tyd gehad om met die Here hieroor te praat. Ek het begin deur Hom te vra vir ‘n manier om vir vroue regoor die wêreld te verduidelik presies hoe Hy hulle sien. Wat interessant is, ek was op pad Afrika toe, waar my gasvrou se familie vir ons ‘n tyd gereël het om op ‘n safari te gaan. En dit is toe dat ek regtig verstaan het wat Hy vir my gesê het en wat dit vir my beteken het, wat ek hoop om oor te dra aan elkeen van julle. En ek sal daarvan hou dat elkeen van julle belowe om ten minste een ander vrou aan te moedig wat jy ontmoet of ken, wat die behoefte het om te weet net hoe mooi sy is, oor hoe Hy haar sien—miskien dieselfde analogie gebruik wat Hy met my gedeel het.

Wat die Here gesê het is dat Hy elkeen van ons sien as bedreig en wie beskerming nodig het, net soos al die bedreigde diere regoor die wêreld. Wat Hy verduidelik het terwyl ek gevlieg het, het ek toe eerstehands gesien terwyl ons op safari was en oor die groot, uitgestrekte vlaktes gery het. Toe ons in die beskermde en omheinde rusareas gestop het, het ek mense ontmoet wat van alle dele van die wêreld gekom het vir net een rede—om met inspanning selfs net een van hierdie diere te sien. Sê, byvoorbeeld, die pragtige en manjifieke kameelperd. Tog, terwyl hierdie pragtige kameelperd bewonder en gefotografeer word, het die Here vir my gesê om myself te verbeel wat sy dink: “Kyk net na my. Hoekom moet my nek so lank wees? Hoe vernederend dat ek my bene so wyd moet oopsprei net om water te drink! En al hierdie bruin kolle…hoekom kan ek nie so pragtige pels soos Mej. Luiperd daar oorkant hê nie!”

Dan kom ‘n ongelooflike en hoogs bedreigde renoster verbygeloop wie sê, “Ek kan nie glo dat ek my ma se lang neus gekry het nie, dit is so vernederend, en haar verskriklike groot agterent ook—dit is enorm! Hoekom moet my vel so donker en leeragtig wees, hoekom kan dit nie so sag soos Mej Luiperd s’n wees nie?”

En daar was ons, ons het vir ure rondgery terwyl ons ons bes gedoen het om fotos te neem van elke hoek van die renoster, of dit haar groot agterent is, of in die hoop om ‘n foto van haar syaansig te kry om te wys hoe pragtig die lengte van daardie neus is! Ons kon maar net hoop om ‘n kameelperd te sien wat by ‘n watergat drink, met haar bene oopgesprei as gevolg van haar lang bene en lang nek, opgewonde as ons net naby genoeg kon kom om die lang swart tong te sien—ons het fotos en nog fotos geneem om later vir almal wat ons ken, te wys.  

Hopelik, kry jy die prentjie.

Ons eie opinies van hoe ons lyk is glad nie hoe die Here na enigeen van ons kyk nie. Vir Hom, soos wat ons gesê het, is ons almal op Sy bedreigde lys aangesien daar nie twee van ons is wat dieselfde is nie! Ons Beminde is lief vir ons syaansig, ons hare, ons vel toon en tekstuur, selfs die onvolmaakthede wat ons glo ons in ons voorkoms sien. Die Here is lief vir hoe lank of kort ons is. Hy hou ook van daardie ekstra gewig wat ons aangesit het. Verbeel jou om ‘n maer dier te sien en hoe afgryslik en hartverskeurend dit sal wees as ons een moet sien. 

Aangesien gewig ‘n obsessive vir meeste vroue blyk te wees, as jy soos meeste van ons sukkel en tans swaarder is as wat jy graag sal wil wees, het ek ook met Hom daaroor gepraat! Hier is hoe Hy my verseker het dat dit nie saak maak hoeveel ek weeg nie, ek is nog steeds pragtig. Terwyl ek in Italië was, het ek dadelik agtergekom dat die bekendste kunstenaars baie groot vroue en vroue met kurwes, geskilder en uitgebeeld het! Selfs hulle agterstewes was as mooi beskou, selfs al was dit nogal groot en vol gewees. Tog hier is ons en speel reg in die vyand se hande wat daarvan hou om ons te laat voel asof ons tekort skiet om mooi te wees. Volgens wie se standaarde? Nie die Here s’n nie. En hoekom sal ons omgee oor ons uiterlike skoonheid wanneer ons weet dat “Uiterlike skoonheid hou nie, ‘n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ‘n vrou om geprys te word (“Spreuke 31:30)? As dit ouer word is wat jou pla, het Hy my herinner aan 2 Korintiërs 4:16-18, “Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.” En in die NLV sê dit selfs meer “Om hierdie rede gee ons nie moed op nie. Al is ons uiterlike besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd.”      

Toe ek dit alles met die dames in Suid Afrika gedeel het, het een kosbare lid later vir my vertel dat sy die volgende oggend na haarself in die spieël gekyk het en gesê dat sy eintlik hou van wat sy sien. Vir die eerste keer het sy deur die oë van haar Beminde gekyk! ‘n Paar weke later het ek dit weer by ‘n konferensie in Nairobi, Kenya, gedeel waarheen vroue van baie lande, regoor die kontinent van Afrika, gereis het. Alhoewel ek nie lank genoeg daar was om agterna met enigiemand te praat nie, het ek gesien hoe die boodskap hulle verander het toe ek na elkeen van hulle gesigte gekyk het. Die Here het my oor die gehoor laat kyk en ek kon gesigte sien wat straal van vreugde en sommige vrouens het trane gehad wat by hulle wange afgeloop het. Al wat ek gedoen het was om vir Hom Sy opinie te vra saam met ‘n manier om dit aan ander vroue te verduidelik, toe het ek seker gemaak dat ek ook vir ‘n geleentheid vra om te deel wat Hy my vertel het, wat ek die tyd geneem het om die Here te vra om my te help om te doen—liewe bruid, jy kan dieselfde ding doen! Neem wat ek gedeel het, as dit jou aangeraak het, en deel dit met ander vroue, laat hulle elkeen weet hoe HY ons sien. Gaan dan voort en doen dit elke keer wanneer jy ‘n behoefte of seer of ‘n vraag het. Neem dit na Hom toe, luister hoe Hy dit aan jou verduidelik en deel dan hierdie liefdevolle boodskap met ander vroue nadat jy Hom gevra het om jou te wys wie nodig het om dit te hoor. 

Taamlik Gespierd

Iets nuuts, wat ek voel ek moet bysit. In net die laaste paar jaar het ‘n ander verskynsel my verras, dit is die tendens vir vroue om te oefen tot hulle op die punt kom wat hulle so gespierd soos ‘n jong man lyk. In Erin se Wyse Vrou boek, het sy my geleer hoe belangrik dit is vir ons om te vier hoe ons manlik en vroulik geskape is. Toe het sy verduidelik hoe gevaarlik dit is om hierdie lyne te vervaag want dit dra by tot homoseksualiteit.

Eerder as vroue wat mooi wil voel en lyk, sien ek nou dat hedendaagse vroue eerder daarna streef om taamlik gespierd te lyk. Nie net produseer hierdie uitermatige oefen met gewigte en oefening    goed gedefinieerde en groot spiere nie, wat eens op ‘n tyd vir mans gereserveer was, maar wanneer vroue tot hierdie mate oefen, verminder dit dikwels borsweefsel en kan eintlik ‘n vrou se maandelikse siklus stop. Eer en vier dit hoe ons geskape was, vroulik? Sal ‘n oor gespierde vrou maklik gesien word as Sy bruid en voel soos wat Hy dit bedoel het? 

Dit is nie te sê ons moet skaam voel as ons meer gespierd of manlik geskape is nie, maar net as ons streef daarna om meer te wees soos die wêreld wat verander—om die manlike en vroulike geslagte te meng. Dit beroof jou nie net van mooi voel nie, hoe Hy ons sien nie, maar dit kom ook gevaarlik naby aan die glibberige helling van ‘n samelewing wat verder gaan as om te aanvaar wie ‘n persoon is. Dit bevorder nou 'n manier om in stryd met die Oorvloedige Lewe te leef —om te  geniet wie ons geskape was om te wees, ‘n vrou, Sy bruid.

Hoe Hy Jou Sien

Terwyl ek in Brasilië was, het ek een gasvrou gehad wat aanhoudend vir my gesê het, “Linda, linda, linda,” dit beteken “Mooi, Mooi, Mooi.” Kosbare een, dit is wat jou Minnaar, jou Hemelse Man, sê elke keer as Hy na jou kyk! Hy kan net nie Sy oë van jou af hou nie en Sy liefde groei met elke blik. Daar is geen rede om te oefen, of te verander wie jy is nie, aangesien jy Linda is, Sy mooi, bruid, “As jy dit nie weet nie, mooiste van al die vroue . . .Jy is mooi, my liefling, jy is mooi!” (Hooglied 1:8,15).  

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui