AFR_W_H_CoverFront-768x1193-1

Maak die Meeste van Jou Kinders se

Speelgoed

Verwyder Speelgoed Malheid

‘n Kind wat sonder dissipline grootword,
steek sy moeder in die skande . . .
—Spreuke 29:15

Is een van die mees ergerlike en voortdurende gemors in jou huis die menigte speelgoed wat oral oor jou huis lê? As jou kinders of kleinkinders te veel speelgoed besit, hier is ‘n oplossing wat ek jare gelede ontwikkel het wat regtig werk! Toe my ouer kinders klein was het ek verskeie idees wat ek in tydskrifte, boeke, of op ‘n geselsprogram gehoor het gebruik. Almal van hulle was bewys was idees wat iemand wat geen kinders, of net een kind, gehad het en uitgedink het.

Nou, jare later, is ek nog steeds lief daarvoor om oor meer maniere te leer om te organiseer en om organisasie deskundiges dop te hou! Weereens, sommige van hulle oplossings is belaglik en regtig ‘n grap.

Speelgoed dose is, vir my, ‘n grap. Die kinders neig om net met die boonste items te speel, of hulle sal alles uithaal om iets onder te kry. Vir ‘n paar jaar, het ek die Montessori metode probeer en rakke op ons son veranda geskep en probeer om hulle te kry om hulle speelgoed terug op die rak te sit. Eerlik, dit was soveel werk dat dit regtig nie die moeite werd was nie—alhoewel ek net twee kinders gehad het en baie meer tyd om aan speelgoed te wy.

‘n Wasgoedmandjie, nietemin, is puik vir ‘n klein kind se speelgoed (kleuter) en bevat net genoeg speelgoed vir hom. Selfs die kleinste kinders kan leer om hulle speelgoed op te tel en in die mandjie te gooi, tensy jy hulle dit nie maak doen as hulle die stuipe vang nie. Maar onthou net as jy ingee—as jy nie ‘n agtien-maande-oue, kan beheer nie hoe sal jy beheer hê wanneer hulle 18 jaar oud word?

Vandag, is daar geen twyfel dat in die Verenigde State kinders hopeloos te veel speelgoed het. Ek kyk die heeltyd programme waar die ouers sê hulle het groter kamers nodig of ‘n groter huis nodig oor al die speelgoed wat hulle kinders het. Hoe belaglik! Hulle kry speelgoed van ouers wat werk, oumas en oupas (wat nou ‘n beperkte hoeveelheid kleinkinders het waarvoor hulle vir jare gewag het), en vir hulle vriende. Tweede handse, en erf uitverkoping speelgoed kan ook hopeloos te veel speelgoed skep en hopeloos te veel rammel. 

So, weer, die kamers is vol rammel en daar is geen plek om te speel as gevolg van al die plastiek glyplanke en ander bybehore wat ouers foutief glo is noodsaaklik vir hulle kinders om hulle besig en gelukkig te hou. Sommige van julle mag my mening deel, maar dit is jou ouers of skoon ouers wie die skuldiges is. Daar is ‘n maklike oplossing as die grootouers plaaslik bly, en dit is om vir hulle te sê dat watookal hulle koop moet by hulle huis bly. o, Watter vreugde sal dit wees vir jou kind om na Ouma en Oupa se huis toe te gaan waar daar so baie speelgoed is! My eks-man het vir my vertel dat hy amper weekliks na sy grootouers toe gegaan het. Hulle het niks gehad om mee te speel behalwe ‘n klein voetstoel wat hy sou omkantel asof dit ‘n renmotor is. o, Hoe het dinge verander!! 

Ek het onlangs gehoor dat baba partytjies vir Ouma baie populêr geword het! Ouma kry speelgoed en ander meubilering vir haar huis vir wanneer die kleinkinders kom kuier, Yikes, dit is skrikaanjaend.

Wel, na twintig jaar van sukses wat bewys is, is hier is ‘n onfeilbare manier om die speelgoed probleem in jou of Ouma se huis (as sy wil help) te beheer. 

Eerstens. Sorteer al jou kinders se speelgoed in kategorieë of stelle, of maak ‘n klomp van ‘n variasie van emmers. Gebruik enige soort houer wat jy het, soos groot wasgoed seep emmers, balies, wasgoed mandjies, en hou enige stelle in hulle oorspronklike boks as jy hulle het (en as hulle inpas wanneer hulle inmekaar gesit is). Gooi enige speelgoed wat stukkend en buite herstel of vermiste stukke het uit.  

Nou, sluit hulle toe! Volgende, vind ‘n kas om al die gesorteerde speelgoed in te pak met ‘n slot, en bring een stel uit vir ‘n hele dag. Verskrik? Jy dink hulle sal nie gelukkig wees totdat hulle, hulle hande op elke speelding wat hulle wil hê kan kry? A.S. (Aandag afleibaarheid Siekte) is nie ‘n siekte nie maar ‘n gedrag wat ons in ons kinders en kleinkinders aanmoedig en koester.

 ‘n Kind wat gelos word om van een geleentheid na ‘n ander te hardloop, soveel televisie te kyk as wat hy wil, en min of geen dissipline het nie  (selfs die woord “nee” word nie gebruik nie) is in vir moeilikheid of sal gou ‘n student wees wat “bedwelm” moet word wanneer hulle by die skool kom en is nie in staat om vir vyf minute op ‘n keer stil te sit nie.

Hoe meer jy finansieël geseën is, hoe meer kinders sal jy hê, en hoe meer verwoesting sal dit bring as jy nie baie, baie versigtig is nie. As jou kind geforseer is om met een stel te speel, is hy of sy ook forseer om “kreatief te wees”! Dit kom gewoonlik gou oor hulle wanneer hulle sê hulle is “verveeld.” My geneesmiddel vir “verveeldheid” is huiswerk!

Ek stop onmiddellik wat ek doen, en entoesiasties (met ‘n groot glimlag op my gesig) sê ek “Puik! ek kan jou hulp gebruik!’ en kry hulle om ‘n werkie te doen. Die metode is nie effektief vir jou as jy net “dreig” dat hulle sal werk as hulle verveeld is nie. Jy moet deurloop vir hulle om te leer dat om te kla dat hulle verveeld is ‘n natuurlike gevolg is om nie kreatief te wees en hulleself te vermaak nie.

As jy nie so ‘n vasbeslote moeder of ouma is soos ek is nie, kan jy maklik hierdie metode wysig en dat net een stel op ‘n keer uitkom. En tensy dit alles opgeruim is, word nog een uitgegee. Maar vertrou my, kinders wat forseer word om kreatief te wees (met net een stel per dag) is die meeste geseën.

Skedule. Noudat jou speelgoed georganiseerd en in stelle is, sien hoeveel stelle jy het, en staan elkeen af vir ‘n dag vir speel. Hier is ‘n voorbeeld van wat ek gedoen het:

Maandae: Legos

Dinsdae: Speelhuis

Woensdae: Ruimte Stel

Donderdae: Karre (alle Hot Wheels en trokke)

Vrydae: Plaas stel

Saterdae: Lughawe

Toe my vier ouer kinders jonk was, het ons op ‘n weeklikse skedule roteer. Nou met my jonger drie, het ons genoeg stelle vir ‘n twee-weeklikse rotasie.

Jy mag dink dat jy nie omgee oor die speelgoed nie, of jy het genoeg spasie sodat hulle al hulle speelgoed die heeldag beskikbaar het. Nietemin, soos wat ek vroeër gedeel het, daar is baie meer voordele toe ek die Here se leiding hieroor gevolg het. Dit het jy kinders tevredenheid geleer. So baie kinders is “verveeld” alhoewel hulle ‘n speelgoedwinkel in hulle eie huis het. Al wat hulle wil hê is nog, soos wat hulle van die een aktiwiteit na die ander fladder. Wees lief genoeg vir jou kinders om nie in hulle verveeldheid toe te gee nie; in plaas daarvan, rek hulle deur hulle tevredenheid te leer. Dit sal ook die kreatiwitieit wat God in hulle geplaas het wat nou slapend lê help. 

Vermiste stukke: Maak nie saak hoe hard jy probeer nie, jy sal stukke van stelle onder die bank of agter ‘n tafel vind. Eerder as om dit terug te plaas in die stel, sit ek ‘n emmer wat ek “Vermiste Stukke” gemerk het en plaas dit in die kas met die ander speelgoed. Wanneer die kinders of ek ‘n stuk vind wat vermis is, plaas ons dit in die emmer. Dan elke oggend nadat ek die stel vir die kinders uitgetrek het, gooi ek die emmer op die vloer uit sodat die kinders kan soek vir die vermiste stukke wat behoort aan die stel waarmee hulle speel. Selfs Pappa het geweet waar om iets te sit wat hy gevind het!

Hierdie sport rotasie kan ook met bord speletjies werk, wanneer jou kinders ouer word. Stel net ‘n spesifieke speletjie vir daardie dag, en jy sal vind dat hulle minder vervelig word met dieselfde een.

Dit help ook wanneer grootouers wil weet wat die kinders vir Kersfees of verjaarsdae nodig het. Jy kan sien watter stelle meer Legos of karre nodig het en iets kry wat jou kind regtig nodig het, in plaas van iets wat hulle nie mee sal speel nie.

Nog ‘n puik wenk. Plaas ‘n stel opsy vir wanneer “Pa by die huis kom.” My man het een keer vir my vertel, toe hy buite die huis gewerk het dat hy het gevrees het om 5:30 n.m. deur die voordeur te loop as gevolg van die “omsingeling” wat sou plaasvind. Hulle sou hom smeek om met hulle te speel of te stoei, wat hy sou doen omdat hy lief was vir hulle. Nietemin, het hy vir my gesê as hy net ‘n klein rukkie het om af te wen, hy reg sal wees.

So, die volgende aand, het ek vir die kinders gesê dat ek hulle sal toelaat om met hulle gunsteling stel te speel “wanneer Pappa by die huis kom.” Toe hulle hom hoor deur die deur kom, was hy weer omsingel met soentjies en drukkies, maar toe hardloop hulle weg na Mamma toe wat nou net hulle gunsteling stel uitgehaal het! Hulle het gelukkig gespeel totdat aandete gereed was. Toe, na aandete, het hulle ‘n wonderlike tyd saam Pappa gehad wat tyd gehad het om te ontspan na ‘n harde dag se werk.

Dit werk ook vir wanneer volwasse gaste kom kuier. Neem net ‘n spesiale stel uit wat uitgebring is vir spesiale geleenthede. Praat van gaste, wanneer jy kinders het wat jou huis besoek, sal jy LIEF wees vir hierdie metode met jou speelgoed opgesluit.

Wanneer klein vriende kom speel. Sommige kinders is uiters verwoestend en breek speelgoed, terwyl sommige letterlik tornados is en ‘n gemors dwarsdeur die huis maak. Wanneer vriende kom speel, maak seker jy dring aan dat hulle help om die speelgoed op te ruim. Kinders wie (miskien vir die eerste keer) gemaak is om die speelgoed op te tel sal minder geneig word om jou huis te verwoes wanneer hulle terugkom (as hulle terugkom). 

Jy sal moontlik die skoonmaak moet kontroleer, maar jy mag daardie moeder help wat nooit gedink het haar kind was self in staat om ager homself op te tel nie. Maak seker jy leer jou kinders om skoon te maak wanneer hulle besoek aflê. Wanneer ander moeders sien hoe jou kinders opgelei is, mag hulle net dalk vir jou hulp vra. Dan kan jy hulle na ons werf toe stuur vir gratis boeke, wat ons hoop hulle sal lei om die Man wat vir hulle gesterf het te leer ken!

Waar kinders speel. Vroeër in my moedersorg, het ek ‘n gewoonte daarvan gemaak om geen speelgoed in die kinders se slaapkamer te hê nie, tensy dit ‘n pop of ‘n gestopte dier was. Ek het altyd my kinders se leesboeke in hulle kamers gehou, en dit was al. Slaapkamers, het my kinders geleer, was vir slaap, rus, of lees. Dit het gespaar dat hulle kamers lyk soos meeste kinders se kamers—’n ramp wat ek nie wou skoonmaak of probeer het om hulle te kry om skoon te maak nie.

‘n Puik manier om die gestopte diere en/of poppe van die vloer af te hou en vir hulle ‘n huis te gee (terwyl jy op dieselfde tyd hulle kamers versier) is om klein koppie hakkies rondom die deur van hulle kas of vensters te sit. Dan ‘n lint om hulle nekke te bind en hulle van daardie hak af te hang. Ek het dit gedoen omdat dit gelyk het asof ons vyftig gestopte diere gehad het wat altyd op die vloer opgeëindig het. Selde het my kinders gevra dat ek hulle moet afhaal om mee te speel, so toe ons getrek het, het ons hulle aan die armes geskenk.

Selfs al woon jy in ‘n baie klein apartement, jy kan ‘n plek om te speel uitkerf. As dit klein is, maak dit pret deur ‘n groot kombers of laken op die vloer uit te lê en sê vir hulle, hulle moet daarop bly. Glo dit of nie, dit maak dinge meer pret. Nog ‘n voordeel is wanneer dit tyd is om op te ruim, spesiaal as jy met klein stukkies soos Legos gespeel het—is dit ‘n snap om dit op te lig en die stukke terug in die houer te gooi!

Ter afsluiting, een baie belangrike taak, selfs met speelgoed, is om jou speelgoed periodies te ontrammel. ‘n Goeie tyd is net voor jou kinders se verjaarsdae en weer voor Kersfees. Dan kan jy sien watter speelgoed jou kind voordeel sal mag hê om in jou huis te hê, en ontslae te raak van speelgoed wat stukkend, vermiste stukke, nie meer gespeel word, of speelgoed wat jou kinders ontgroei het. Gee speelgoed vir die kerk of liefdadigheid aangesien God ons seën vir gee, nie verkoop.

Gebruik die metode uit Hoofstuk 2 om jou speelgoed te sorteer, en fokus spesiaal op speelgoed wat jou kinders ontgroei het. Gee sulke speelgoed vir vriende, die armes, of sit hulle in ‘n boks vir toekomstige kinders (maar net as dit binne twee jaar gebruik gaan word).

As jou kind nie met ‘n speelding speel nie, is dit moontlik die grootste deel van die gemors wat jy skoonmaak, of elke dag oor trap. Doen jouself en jou kinders ‘n guns deur ontslae te raak van speelgoed wat hulle nie meer gebruik of nodig het nie, en dan die res te organiseer en weg te steek soos in hierdie hoofstuk aanbeveel.

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui