https://uiteindelikhoop.com/kursus/k3/w-h/

Maak die Meeste van

Die Regte Metode

Die Taak op Hande

Laat ons ons doen en late deeglik
ondersoek en ons tot die
HERE bekeer
—Klaag. 3:40

Meeste vrouens het geen regte plan om hulle huise skoon en ordelik te hou nie. Hulle sien eenvoudig ‘n probleem; dan uiteindelik, kom hulle daarby uit om iets daaromtrent te doen (en somtyds doen hulle nooit nie)! Tog, het vrouens uit die verlede ‘n baie organiseerde manier om hulle huise skoon en in goeie orde te hou gehad. Dit was iets wat hulle as jong dame geleer het.

Die Metode: Taak/Werks Kaarte

Toe ek pasgetroud was, het ek geen idee gehad hoe om ‘n roetine te hê om al die take van skoonmaak, wasgoed, kook, inkopies, strykwerk, ens. in my dag, week, en maand te inkorporeer nie. Ek was nog nooit opgelei of het dit waargeneem nie, soos wat ek dit vroeg in die boek genoem het nie.

Jy mag of mag nie in hierdie desperate toestand wees nie, maar baie min kan in vandag se dae ‘n goeie huis bestuur nie (soos wat ek waargeneem het toe ek huise besoek het). Die metode kan jou of help om te doen wat jy nie in staat was om te doen, of jou na ‘n hoër vlak bring—alles deur net ‘n bietjie tyd te belê.

Voorraad: Om te begin, vergader hierdie items by ‘n voorraad winkel. Jy sal benodig:

  1. Een pakkie wit, blou, geel, groen en pienk 3x5 kaarte elk.
  2. A 3x5 kaart leêr.
  3. 3 stelle verdelers:
    1. Nommers 1-31 (om elke dag van die maand te verteenwoordig).
    2. Maandelikse kaarte (Jan.-Des.).
    3. ‘n Eksta blank verdeler.
  4. Groot papier knippies of wasgoed pennetjies.
  5. Plastiese vertikale houer.

Wat jy gaan doen is om ‘n voortdurende “te doen lys” te vergader dat, sodra dit gemaak is, vir jare kan hou! Elke oggend, begin my kinders en ek ons dag deur ons veelkleurige 3x5 stapel kaarte wat saamgeklem is en in ‘n brief houer wag te vat. In die stapel is veelkleurige kaarte wat die frekwensie wat hulle gebruik word aandui. Byvoorbeeld, in ons huis gebruik ons blou vir iets wat elke dag gedoen word, geel vir iets wat weekliks, en groen vir iets wat maandeliks gedoen word.

Waarom is hierdie metode beter as ‘n aftik lys of ‘n taak bulletin bord?

Hierdie metodes mag werk, maar die metode wat ek gebruik het sedert 1982 is iets wat jy nie hoef oor en oor te skep nie. Nie net hou dit vir jare nie, dit is ook inskiklik. Werkies of take kan verskuif word van iets wat jy doen, na iets wat jou kind doen, en dan na ‘n jonger broer of suster aangegee word net deur ‘n voorletter op ‘n kaart te verander. Die metode is inskiklik aangesien dit vandag gedoen kan word, of gespaar tot die volgende week as jy of jou kind siek is of met vakansie. Ek glo ‘n metode moet nie vir jou beheer nie, maar jy moet in staat wees om in beheer te wees van jou sisteem.

Dit kan maklik hersien word om ‘n taak van daagliks na weekliks te doen, en dit het ook ‘n maklike metode om op te volg om seker te maak die taak of werkie is gedoen. Aftik lyste kan werk, maar die nadeel is dat jy nuwes moet maak elke keer wat dit ingevul word of jy dit moet hersien.

So as jy gereed is, kom ons begin.

Om te Begin. Op die boonste wit kaart skryf jy eenvoudig elke persoon se naam met ‘n herinnering om te bid om die dag te begin. Met klein kinders wie nie kan lees nie, het ek altyd ‘n stokfiguurtjie van ‘n klein seuntjie of dogtertjie op hulle knieë, kop gebuig, handjies gevou geteken. Net om ‘n punt te bewys dat die kaartjies al vir jare werk, net verlede week het ek agter gekom dat my 13-jarige-seun en 11-jarige dogter nog steeds hulle biddende figuurtjies op hulle boonste kaart het!

Nadat elkeen gebid het, plaas hulle daardie kaart agter in hulle stapel kaartjies en gaan na die volgende kaart, wat dalk mag wees om die bed op te maak of ‘n persoonlike higiëne taak (sien onder). My volgende kaart kan wees “Begin die Wasgoed,” terwyl die kinders kan wees “Luister na Bybel Geheue Band terwyl jy jou bed opmaak,”. As jou kind skool toe gaan, mag jy ‘n kaart maak “Bring jou rugsak na die voordeur toe,” gevolg deur “Eet ontbyt,” en finaal, “Gaan na die skoolbus—verlaat die huis 7:45.”

Die 3x5 kaarte is nie net vir werkies nie, maar inkorporeer alles wat jy vind wat jy jou kinders moet sê om te doen (of maak ‘n lys vir jouself om te doen) op ‘n daaglikse, weeklikse of maandelikse basis.

Om dit makliker te maak, is elke kaart met ‘n gekodeerde kleur-, geel is ‘n weeklikse taak, en groen is ‘n maandelikse verpligting. Wit (hulle bid kaartjie) gaan bo en die pienk kaart is die laaste kaart wat sê, "Gedoen!” Die daaglikse doel of, nog beter, daaglikse vereiste elke dag is om deur elke taak te gaan, een vir een totdat al die kaartjies gedoen is en die pienk “gedoen kaart” is bo!

Jare gelede, het ons hierdie kaarte “werkie kaarte” genoem. Maar, as ek dit kon maak vasvat, sou ek hulle eerder “taak kaarte,” noem aangesien die definisie van “werkie” is ‘n onaangename taak. Ek sou eerder dat die dinge wat ons doen om by te dra by ons familie of om na onsself om te sien nie aan gedink word as onaangenaam nie.

So, hoe kry jy hierdie stapel kaarte? Eerstens, weereens, skep ‘n boonste kaartjie met die persoon se naam op om te onthou om jou dag te begin met die hulp van die Here want “want sonder My kan julle niks doen nie” (Johannes 15:5). “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop” (Spr. 3:6). Enige een van hierdie verse kan ook op ‘n boonste kaart wees as ‘n herinnering om wie om op te leun. Volgende, begin jy met take wat jy op ‘n daaglikse basis doen.

Blou Kaarte is Daaglikse Kaarte

Soos wat jy elke dag deur jou roetine gaan, skryf elke taak wat jy doen neer: dit beteken enigiets wat jy op ‘n daaglikse basis doen of jou kinders om te doen. Skryf elke taak op ‘n aparte blou kaart. Alles wat jy op ‘n daaglikse basis doen sal altyd op ‘n blou kaart wees.

Sommige dinge wat ek doen (of wat jou kinders doen) is uit gewoonte; daarom, het jy nie nodig om ‘n kaart te maak nie. Nietemin, ek skryf dit in elk geval dikwels neer sodat my kinders of ek ons kaarte kan organiseer om te leer hoe om hulle in ‘n spesifieke orde te doen. Dit is behulpsaam wanneer my roetine onderbreek word. Ek kan maklik sien wat ek nodig het om volgende te doen deur na my kaarte te verwys. Sommige vind dat om ‘n taak van ‘n “te doen lys” af te tik is bemoedigend. Dieselfde verkwikkende gevoel is volbring wanneer jy die kaarte wat jy afgehandel het agter jou pienk gedoen kaart plaas!

Soos wat ek vroeër genoem het, ek het begin om hierdie sisteem vir myself (toe my kinders nog kleuters was) te gebruik sodat ek ‘n soort van metode kon hê (sonder om daaglikse te doen lyste of grafieke wat verander of oorgedoen moet word te maak), om my te help om met my huishoudelike pligte by te bly. Dit was toe my kinders oud genoeg geword het (omtrent 5-jaar-oud), wat ek begin het om die 3x5 kaart metode met hulle te gebruik sodat ek nie hoef aan te hou om hulle dieselfde dinge oor en oor te vertel nie.

Hierdie 3x5 kaart metode gaan voort om my vry te maak om nie my tyd te spandeer om my kinders te kry om te doen wat hulle nodig het om te doen nie. Hierdie vrye tyd word volbring deur nie harder nie, maar slimmer en meer effektief te werk, eerder as met meer inspanning. Dit beteken jy kan meer doen in minder tyd. Met die ekstra tyd kan jy meer by jou lewe voeg, of dit is om meer tyd te hê om niks te doen nie—tyd maak om te ontspan. Deur op te volg en na te sien of die pienk “gedoen” kaart op is, ek volg ook op om seker te maak wat ek my kinders gevra het om te doen is gedoen.

Maak Jou Kaarte

Ek is die soort persoon wat lief is daarvoor om lyste te maak en goed te organiseer. Nadat ek met baie groepe gepraat het oor my 3x5 sisteem het van die brawe siele vir my gesê hulle kan net nie hierdie soort ding doen nie. So ek moes vir God vra om my te help om hierdie metode te skep vir almal om te gebruik.

Wel, God is altyd so getrou! Gou was ek net te besig met ministering om net “te sit” en aan iets te dink. Dit is toe dat die Here vir my die maklikste manier gewys het om die kaarte te maak!!

Ek het gevind dat die maklikste manier om kaarte te maak is om dit te maak soos jy gaan. Elke keer wat jy iets doen wat jy nodig het om te doen, of vir jou kinders sê om te doen, gryp ‘n kaart en skryf die taak daarop.

  1. Besluit hoe dikwels die taak gedoen moet word: daagliks, weekliks, of maandeliks. Skryf die taak op ‘n blou kaart vir iets wat jy daagliks doen, geel as dit weekliks en groen as jy dit maandeliks doen.
  2. As jy kinders het, stel vas wie die taak kan doen. Begin met die jongste persoon in die familie en werk jou pad op; dan, skryf hulle voorletter of naam in die boonste regterkantse hoek van die kaart.
  3. Stel vas wanneer of watter dag van die week of maand dit gedoen moet word, en skryf dit in die boonste linkerkantste hoek van die kaart.

Kom ons word meer spesifiek wanneer ons ‘n taak kaart uitmaak. Op elke kaart:

Skryf die persoon se voorletter in die boonste regterkantse hoek. Ek het twee name wat met die letter “T’ begin. So die ouer een kry ‘n hoofletter “T” en die jonger ‘n klein letter “t .“ (As al die name met dieselfde letters begin, gee elke kind ‘n nommer in ooreenstemming met hulle geboorte orde.) My jongste dogter het ‘n naam wat begin met “M,” so my “Ma” kaarte word in kursief geskryf en my dogter sin met ‘n gedrukte “M."

Blou daaglikse kaarte word altyd in die papierknyper of wasgoedpennetjie gehou. Die ander gekleurde kaarte (geel en groen sal ons later oor gaan) gaan in en uit die groep kaarte, maar die blou daaglikse kaarte bly altyd in die groep. 

Hoe om te bestem wie die werk sal doen: Ek besluit wie die jongste kind is wat in staat is om die werk te doen. (Begin altyd onder, die jongste kind beskikbaar, en werk op.) Meeste moeders begin bo en brand die oudste kind uit. En as hulle trou sal hulle dikwels verkies om ‘n paar of geen kinders te hê nie. Take in ons huis begin by omtrent vier of vyf-jaar-oud. Voor daardie ouderdom, spandeer jy vêr meer energie om hulle te kry om dit te doen en behoorlik te doen.

Soos jy jou pad op werk van die jongste na die oudste kind, sal jy agter gelaat word met die take wat niemand anders in staat is om te doen nie. Ter aanvulling, jy sal die aanvanklike afrigter wees en dikwels die taak toesigter (om seker te maak die werk word gedoen en behoorlik gedoen). Moet nie van jou kinders verwag om hulle werk te doen of goed te doen as jy nie opvolg nie

Dit is ook die prag van hierdie sisteem. Elke dag, moet jy daardie dag se kaarte in hulle stapel plaas wanneer jy agter kom die pienk kaart is bo. Dit sê vir jou of hulle die taak gedoen het of nie. Dan in die begin, en periodies, moet jy kyk om seker te maak dat hulle die taak voldoende gedoen het. Die kind mag meer opleiding nodig hê. Dit mag wees dat hulle te jonk is om die werk te behartig, en dit moet opgeskuif word na ‘n ouer kind of na jou toe.

Een van die mees gevraagde vrae oor my sisteem is tot betrekking met werkies verander. My kinders hou hulle werkies vir jare! Die enigste tyd wat hulle ontslae raak van ‘n werkie is wanneer ek sien ek kan iets wat ek doen aan een van my kinders delegeer. Wanneer ek my werkie oorgee, dan gee ek een van hulle werkies oor en so aan. Wanneer ‘n jonger kind oud genoeg is vir meer verantwoordelikheid, kyk ek na die volgende kind op, neem van hulle makliker werkies en werk my pad weer op na my toe!

Wanneer ‘n werkie oorgegee word van een broer/suster na die volgende, leer die ouer kind die jonger kind hoe om dit behoorlik te doen. Die aansporing om die jonger broer/suster goed op te lei is dat die werk nie terugkom na hulle toe nie! Dikwels, gaan ek myself oor die werk net om seker te maak dat dit behoorlik gedoen word.

Nou, met ‘n puik sisteem soos dit wat regtig werk, kan jy sien waarom ek myself geen regte werkies het nie (en waarom ek wel glo dat kinders ‘n seën is)! As moeders hulle kinders opgelei het soos wat hulle moet, sal jy definitief meer groot families sien. Nietemin, meeste families hou hulle kinders as laste en nie bates nie. Hulle verskaf hulle met buitemuurse aktiwiteite, en wag op hulle asof hulle, hulle bediendes is. Die kinders is nie gelukkig nie, maar het ‘n “houding” en hulle is misluk. Dit dra oor in hulle huwelike (‘n huwelik wat minder as ‘n jaar hou), en dan is hulle weer by die huis. Moeders, neem die tyd om julle kinders op te lei—almal sal gelukkiger wees omdat jy dit gedoen het.

Blou Kaarte is Daaglikse Kaarte

Meer as een keer per week en minder as daagliks. Wanneer jy iets het wat twee keer per week, soos Dinsdae en Donderdae, gedoen moet word, gebruik ‘n blou kaart en sit “Dins & Don” in die boonste linkerkantste hoek. As dit drie keer per week soos Maandag, Woensdag, en Vrydag gedoen moet word, skryf dan “M, W, F” in die boonste linkerkantste hoek van die kaart. Wanneer dit elke weeksdag gedoen moet word skryf ek “M-F” in die boonste linkerkantse hoek, ek hou daarvan om ‘n potlood te gebruik wanneer ek die dag kies en selfs die kind, aangesien dit dikwels verander moet word.

Ek ruil werk om wanneer dit nie behoorlik gedoen is nie. Jy mag dalk dink dat n kind bekwaam is vir ‘n taak, maar selfs na opleiding word dit nie voldoende gedoen nie. Natuurlik, wanneer jy met kinders werk moet jy jou verwagtinge bietjie verlaag. Maar dit is beter as hulle help (of miskien terugkom om dit ‘n bietjie beter te doen) as om die opleiding van jou kinders af te skeep.

Voorbeelde van Kaarte

Maak jou bed sal ‘n blou kaart wees aangesien dit elke dag gedoen word. Nietemin, as jy of jou kind opgelei is om uit die bed te klim en die bed op te maak, sal hy, sy, of jy nie ‘n kaart nodig hê vir hierdie taak nie. Nietemin, aangesien baie huise onopgemaakte beddens, dag na dag het, is dit heel waarskynlik ‘n kaart wat jy in jou kaarte wil byvoeg.

Persoonlike higiëne is nog ‘n daaglikse taak wat dikwels deur kinders afgeskeep word. Ongelukkig, word dit dikwels deur baie moeders wat geseën is om by die huis te bly afgeskeep. Daarom, sal persoonlike higiëne ‘n 3x5 kaart wees wat jy by jou daaglikse blou kaarte sal wil voeg. Laat my van die onderwerp van organisasie gaan en op jou voorkoms fokus. Baie breek hulle huise onwetend af met die tekort aan sorg in hulle voorkoms. Mans verlaat die huis en word dikwels ontmoet deur vrouens by die werk wat gestort het, hulle grimering aangesit het, en mooi klere aan het, nie ‘n kamerjas nie.  

Waarom is ons dan geskok wanneer ons mans een dag huis toe kom en vir ons sê dat hulle iemand anders gevind het—9 uit 10 keer is dit in die werkplek. Vir die van julle wie se mans nie saam mooi vrouens werk nie, hulle is oral wanneer jou man die huis verlaat: waar hy sy middagete eet, die buurvrou, of jou beste vriendin. Hierdie vrouens lyk en ruik nie net beter as jy wanneer hy die huis verlaat nie, maar hulle is ook baie aangenaam. Hulle luister na jou man se frustrasie, wat dikwels oor jou gaan, en sy simpatiseer. Sy mag dalk luister en sy drome deel, soos jy voor julle getroud is. Maar, op een stadium het jy vanaf jou huwelik, jou entoesiasme vir kritiek verruil en kraak jy jou man af.  

Liewe vrou en/of moeder, kry jouself in ‘n roetine om jou beste te lyk voor jou man die huis verlaat. As jou man nie nou in die huis is nie, begin om in hierdie roetine te kom, en ek waarborg jou God sal hom bring om jou goed uit te kyk. Nietemin, skoonheid is net vel diep. “Uiterlike skoonheid hou nie, ‘n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die HERE dien, dán verdien ‘n vrou om geprys te word” (Spr. 31:30). So voordat jy fokus om skoon te maak en die buitekant mooi te maak, mag jy dalk ‘n Wyse Vrou kry en aan die binnekant begin. (Die werkboeke is VERNIET beskikbaar op ons webwerf).

Nou terug na ons daaglikse organisasie. Gelys op hierdie blou kaart vir persoonlike higiëne mag jy dalk lys wat jou kind moet doen, soos:

  1. Trek aan.
  2. Maak jou hare reg.
  3. Borsel jou tande.
  4. Sit reukwater aan vir tieners en voor-tieners. (Sien hoofstuk 15 vir ‘n puik, nie-giftige reukwater oplossing.)
  5. En sluit miskien af met: “Maak jou bed op” eerder as om ‘n aparte kaart te hê. 

Basies, sal jy ‘n kaart maak vir elke taak wat jy normaalweg elke oggend vir jou kinders sal sê om te doen, of ‘n kaart vir jou wat jy in jou oggend roetine moet byvoeg (sodat jy jou tyd beter kan organiseer of om jou plek te vind wanneer jy onderbreek word).

As jy n vrou of moeder is wat buite die huis werk, sal jy vind dat deur die kaarte te gebruik (en jou kinders op te lei om hulle te gebruik om in die oggend gereed te maak), sal baie minder gaos en stres wees. Jou werk sal wees eers om jouself op te lei om hulle te gebruik, en by te voeg soos wat jy sien jy doen iets sodat jy nie vergeet nie, of iets nuuts byvoeg met die tyd wat jy spaar deur meer effektief te werk. Selfs ‘n kaart om op die kinders te gaan nasien, of om hulle op ‘n sekere tyd op te kry (alhoewel ek in ‘n wekker glo vir die kinders as jy voortdurend in ‘n tyd krisis is) sal jou tyd spaar en help om jou oggend meer glad te laat verloop.

Aangesien ek meeste van die huishoudelike verantwoordelikhede aan my kinders delegeer het (alhoewel ek hulle almal myself gedoen het voor ek kinders gehad het en ook toe my kinders te jonk was om te help), toe ek probeer het om vir jou voorbeelde te gee van wat ek elke dag doen om jou te help begin om jou kaarte te maak, het ek gevind dat ek niks gehad het om deel nie!

Vrouens sê dikwels vir my dat as hulle so baie helpers as ek gehad het sou hulle in staat wees om hulle werk gedoen te kry. Nie regtig nie. Dit verg van jou om organiseerd te wees, en die werk jouself te doen voordat jy kan verwag om op te skuif na bestuur. Dit was nie totdat ek vier klein kinders onder voete gehad het dat ek selfs in staat was om te begin om enigiets te delegeer nie! En wanneer jy kinders leer, neem dit regtig meer inspanning en meer tyd in die begin (wat die rede is hoekom party moeders nie moeite wil doen nie). Nietemin, jou tyd, poging, en geduld sal groot voordele saai vir die toekoms. Ek sê grappig (maar eerlik) dat ek kan sterf en my huis sal nog steeds glad verloop as gevolg van hierdie sisteem.

Alhoewel ek nie gesterf het nie, was ek in staat om die afgelope jaar drie keer dwarsoor die wêreld te reis —die langste was ‘n vyf-week toer. Ek hoef niks te gedoen het nie, nie een ding, om my huis en my kinders gereed te kry vir my om hulle te los nie. Die huis was nie presies soos wat dit was wanneer ek daar is nie, maar my eks-man het besoek afgelê en gesê dat dit was! Elke een van ons sien dinge wat niemand anders sien nie, maar wanneer jy ‘n eks-man kan flous, dan verloop dinge goed af!

Wanneer jy ‘n taak ontdek wat nie daagliks gedoen hoef te word nie, dan sal jy weeklikse kaarte begin maak, wat geel is.

Geel Kaarte is Weeklikse Take

Soos jy deur jou daaglikse roetine gaan, sal jy vind dat sommige dinge nie daagliks gedoen hoef te word nie; daarom, sal jy hulle op ‘n weeklikse basis doen. Skryf elke weeklikse taak op ‘n aparte geel kaart. By voorbeeld, “Stof die kombuis hortjiesblindings” sal ‘n geel kaart wees as jy dit een keer per week doen.

Soos wat jy begin om jou huis te organiseer en jou kinders is opgelei om te doen wat jy rond gegaan het en vir hulle oor en oor gesê het om te doen sal jy dan begin om ander dinge te sien wat gedoen behoort te word, maar net nie so dikwels nie. Dit mag begin as ‘n daaglikse blou kaart, maar jy sal vind dat aangesien dit in stand gehou is, deur dit net ‘n paar keer ‘n week te doen is genoeg.

Vroeër het ek genoem dat deur ‘n blou kaart te gebruik met M-W-F of Dins & Don, wanneer die taak twee tot drie keer per week behoort gedoen te word. Die is die eerste stap om die werkie te wysig om minder dikwels gedoen te word. Die ander variasie is om ‘n geel kaart met net “Maan.” in die boonste linkerkantste hoek, dan nog een vir “Don.” vir instansie te gebruik. Doen wat werk met jou kinders en/of sin maak vir jou. 

Aangesien die geel kaarte nie elke dag gebruik word nie, maar weekliks, word hulle aan die einde van die dag verwyder en die volgende week in dieselfde dag geplaas. Vir instansie, vandag is Woensdag die 16de, so aan die einde van Woensdag, sal ek ‘n geel kaart van onder elke “gedoen” kaart trek, en dit in my kaart leêr vir volgende Woensdag reg voor die 23ste sit.

Elke dag wanneer ek die familie se kaarte gereed kry, trek ek die weeklikse geel kaarte en groen maandelikse kaarte. Ek sit hulle terug in die 3x5 kaart lêer. Net die blou kaarte bly in die groep.

Vir daardie take wat net maandeliks gedoen moet word, sal jy groen 3x5 kaarte gebruik.

Groen Kaarte en Maandelikse Take

Wanneer jy deur jou daaglikse en weeklikse roetine gaan en dinge meer organiseerd word, sal jy begin dinge sien wat gedoen moet word, maar daagliks en weekliks is te dikwels; daarom, sal jy hierdie soort taak op ‘n groen maandelikse kaart skryf.

‘n Goeie voorbeeld is om bo-op jou yskas skoon te maak. Ewe skielik kom jy agter dat dit ‘n gemors is, so aangesien dit vir maande al so is, ‘n groen een-keer-’n-maand kaart sal perfek wees. So ek besluit wie dit sal doen, hulle kry om dit te doen, en dan ‘n kaart vir daardie dag te maak. Vir instansie, as dit die 20ste is dan sal dit in die boonste linkerkantste hoek van die groen kaart gaan.

Nog ‘n voorbeeld mag wees ‘n verander-die-lakens groen kaart. Alhoewel sommige families wat ek ken  die lakens weekliks was, is daar baie huise waar dit een keer per maand gedoen word.

As jy baie beddens het soos ek probeer om die was van lakens oor ‘n maand te spasieer, doen een kamer op ‘n slag,en doen dit op ‘n nie-wasdag. (Ek sal meer verduidelik oor maniere om jou wasgoed te organiseer en vereenvoudig in Hoofstuk 13: “My Beste Wasgoed Wenke.”)

Om daardie kamer te herinner, het ek ‘n fluoresserende 3x5 kaart met die instrukies “Verander Jou Lakens” en dit in my vyfde kind se kaarte geplaas die dag voordat ek die lakens was.

Tara plaas dan daardie fluoresserende kaart in daardie persoon se kamer voor hulle wekker. In die oggend, maak (ek) of daardie kind nie die bed op nie, maar stroop die bed en sit skoon lakens op.

Ek hou ‘n tweede stel lakens in ‘n deurskynende zipper sak (die waarin lakens, komberse en gestikte komberse inkom). Nadat die bed opgemaak is, word die vuil lakens en die fluoresserende kaart in die deurskynende sak geplaas is en na die waskamer toe gebring. Wanneer die lakens gewas is, word hulle in die deurskynende sak geplaas en in daardie kind se kas gesit, en ek sit die fluoresserende kaart in dieselfde dag van die maand (Vir instansie, as vandag die 10de is, dan sal ek dit voor die 10de sit om in een maand op te kom).   

Om My 3x5 Kaart Sisteem Op Te Som

Die dag van die week word altyd in die boonste linkerkantste hoek geskryf. Skryf die dag wat die taak gedoen moet word op die blou daaglikse, geel weeklikse, of groen maandelikse kaart.

Etikette: Om op elke kaart watter kind, watter dag, en enige ander spesifikasie aan te wys, offer ek die volgende voorstelle:

Bou kaarte: Op ‘n blou daaglikse kaart mag jy die taak op M-F, of net Maan, Woens., Vry., of net Dins. & Don. gedoen wil hê. Skryf dit in die boonste linkerkantste hoek.

Geel kaarte: Op jou geel weeklikse kaart, sal jy enige weeklikse taak hê. Skryf Maan., Dins., of Woens. Skryf dit in die boonste linkerkantste hoek en hou dit in die 3x5 kaar leêr vouer in die volgende Maan., Dins., of wat ook al dag van die week daardie werkie die volgende week gedoen sou word.

Groen kaarte: op ‘n groen maandelikse kaart, sou jy die dag van die maand soos die 1ste, 15de of 24, ens., skryf. Skryf dit in die boonste linkerkantste hoek en hou dit in die 3x5 houer in die dag van die maand: die 1ste, 15de, 24ste, of wat ook al dag van die maand daardie werkie volgende maand gedoen sal word.

Weereens: Begin deur te dink wat jy vir jou kinders elke oggend oor en oor sê, begin van wanneer hulle wakker word. Skryf wat jy gewoonlik oor en oor sê op ‘n blou kaart. As jy ‘n werkie lys het wat jy gebruik het, skryf elke taak op ‘n blou daaglikse kaart.

Byvoorbeeld: Maak jou bed op en ruim jou kamer op sal sekerlik op ‘n blou daaglikse kaart wees. Skrop die toilet of skrop die opwasbak sou moontlik op ‘n geel weeklikse kaart wees. Vee bo-op die yskas af of maak die rommel laai leeg sou moontlik op  ‘n groen maandelikse kaart wees.

Wees spesifiek: Jy kan die verduideliking van hoe ‘n taak gedoen moet word; b.v. onder “trek aan,” skryf, jy kan skryf “maak seker by Ma oor wat om aan te trek” (as dit ‘n probleem is wat jy met ‘n spesifieke kind het).

Kan nog nie lees nie? As jou kinders te jonk is om te lees, kan jy eenvoudig stok figure teken en die taak uitwys of prente uit ‘n tydskrif knip.

Kan jy wat jy doen in meer diepte verduidelik?

Vir weeklikse werkies, breek ek hulle af in maklike werk. In plaas van Dinsdag—maak die badkamers skoon; skryf “Maan.— John maak die wasbakke skoon.” “Dins—Bob maak die toilette skoon (aangesien hy die ou is wat altyd uitmis),” “Woens.—Tom skrop die bad (en doen dit na jy gestort het en terwyl jy daar in is en nog nat),” en “Don.—Cindy en Sue doen die badkamer vloere (die ouer een was, die jonger een droog af), en Julie maak die spieëls skoon (sy is gewoonlik die een wat in hulle kyk in elke geval).”

Deel hierdie werk onder jou kinders uit afhangende van hulle ouderdom en vermoë. Deel hulle op om die werk oor die weeksdae uit te sprei as jy ‘n bly-by-die-huis ma is. Vir die wat buite die huis werk, stel vas of dit ‘n werkie is wat hulle kan doen wanneer hulle van die skool af terugkom. Dit maak om net die wasbak, versus die hele badkamer, moontlik sonder om al die huiswerk Saterdae te doen.

As jy die werk jouself doen omdat jou kinders volgroeid is of miskien omdat jy vir God wag om jou met kinders te seën, dan is dit wys om werk te onderverdeel. As jy meer as een badkamer het, doen albei jou toilette of al jou wasbakke (insluitende die kombuis) en al die vloere op dieselfde dag. Dit is makliker en gouer om dieselfde taak op verskillende plekke te doen, eerder as om die toilet, die wasbak, die vloer, en dan die spieël te doen. Hoe weet ek?

Jare vantevore voor die ministerie, het ons ‘n bediende diens in Kalifornie gehad. Dit was my werk om die vrouens op te lei wat my man gehuur het. Ek het hulle opgelei om dieselfde werk (al die wasbakke of toilette) te doen om te help om hulle tyd by elke huis en wanneer hulle met ‘n ander bediende werk te bespoedig.

Een-keer-per-maand of elke-tweede-week werkies: Gebruik ‘n groen maandelikse kaart. Wanneer ek iets sien wat een keer per week gdoen moet word, dan maak ek ‘n groen maandelikse kaart uit soos “vee vingermerke dwarsdeur die huis van die deure af (kleuter hoogte).

Vir jare het ek ‘n groen kaart vir die seuns se haarsny gehad. Voordat ek die kaart gemaak het, het ek gewag tot almal regtig gehawend begin lyk het. Maar toe ek hierdie metode om haarsny op ‘n groen maandelikse kaart gesit het, was ek in staat om ‘n mooi skoon prentjie te onderhou deur my familie se hare elke maand te sny. My kinderopleiding het goed te pas gekom want my derde seun sny almal in die familie se hare behalwe myne. Ek knip en kleur nog steeds my eie hare, wat baie gerieflik is noudat ek so dikwels en vir so lank reis, ek dra net ‘n skêr en kleur saam met my!

Elke keer wat ek iets onorganiseerd of vuil agterkom (soos ‘n spesifieke kas of yskas). Plaas ek dit op ‘n groen maandelikse 3x5 kaart. Wanneer jy iets maak wat net een keer per maand gedoen hoef te word, gebruik ‘n groen kaart, plaas vandag se datum (net die nommer, b.v die 16de) in die boonste linkerkantste hoek. As dit ‘n twee-keer-per-maand taak is voeg 14 dae by die datum (b.v., 16de plus twee weke, of 14 dae, sal die 30ste) wees.

As ‘n kaart op ‘n ongeleë dag (‘n naweek, verjaardag, of watookal val), plaas dit eenvoudig in die volgende geleë dag. Wanneer jy dit terug in die kaart lêer liaseer, plaas dit voor in die korrekte dag gelys op die boonste linkerkantse hoek van die kaaart, nie die dag wat jy finaal die taak gedoen het nie.

Nog ‘n nota. Dit is beter om sindelikheid te “onderhou” as om ‘n ramp aan te val. As jy die yskas se rakke op ‘n Dinsdag afvee, en die deur (binne en buite) op ‘n Vrydag, sal jy nie nodig hê om jou yskas elke maand heeltemal skoon te maak nie. Ons eet al ons oorskietkos die dag voor ek kruideniersware  doen (Skep jou eie kos kantien.) Met al die kos weg, kan ek malik die leë rakke afvee om sindelikheid te onderhou, eerder as om ‘n diep yskas skoonmaak dikwels te doen. Dit is ook wanneer ek skyfies, brode en nagereg sorteer. Enigiets wat nie geeet word nie word weggegooi, of was vir ons diere gegee toe ons op die plaas gebly het, en nou aan my oudste seun wat lief is daarvoor om aan te hou werk aangesien hy iets het wat hy in die mikrogolf kan warm maak.

Hoe om jou Kaart Leêr en die Sisteem te gebruik

Soos ek genoem het toe ons begin het, elke familielid wat in die sisteem deelneem het ‘n hoop daaglikse blou kaarte wat ek saam gehou het met ‘n wasgoed pennetjie of groot gekeleurde klem. Elke kind (en jy) het ‘n verskillende gekleurde papierklip om hulle hoop maklik te identifiseer. Of, jy kan gekleurde wasgoed pennetjies gebruik, of skryf hulle name op ‘n hout knip. (Aangesien ek dieselfde kaarte vir jare gebruik, het die papierknypers die boonste deel van die kaarte begin afslyt. Dit is toe ek klerepennetjies begin gebruik het.)  

Elke oggend. Eerste ding elke oggend (of die nag vantevore) kyk na die voorletters en lê die blou hopies daaglikse kaarte (wat bymekaar gehou is met ‘n klem) oor jou kombuis toonbank of lessenaar van links na regs—oudste tot jongste lid van jou familie. 

Voor in die hoop van elke persoon se blou daaglikse kaarte, behoort jy ‘n wit fluoresserend kaart met hulle naam daarop te hê. Dit, gebruik ons as ‘n gebed kaart wat lyste versoek, wat hulle vriende en familie se redding mag insluit. Of, jy kan ‘n kaart uitskryf met ‘n kort gebed vir daardie kind om hulle dag mee te begin. Met my dogters, skryf ek die vers uit van “blywende beskeidenheid en kalmte van gees wat by God groot waarde het” wat hulle twisgierigheid gehelp het!

Die laaste kaart is pienk en het die woord “gedoen” daarop geskrywe. Sodra hulle met gebed begin, begin hulle met die taak op die kaart, en wanneer voltooi, skuif hulle dit agter die “pienk gedoen" kaart. Die kaarte word NIE bymekaar  gehou met ‘n ring of uit spiraal gehou 3x5 kaarte nie, sodat hulle maklik rondgeskuif kan word of deur prioriteit of deur tydsbeperking. (By voorbeeld, as daar ‘n kaart is om die asblikke in te bring, en dit later in die middag gedoen moet word.)  

Pienk kaarte. Ek gebruik een pienk kaart om die stapel “gedoen” aan te dui en pienk kaarte word ook gebruik vir verjaarsdae (ons dek dit in meer diepte in Hoofstuk 8 “Beplan Vooruit’). En finaal, ek gebruik net een pienk kaart wat sê “skuif volgende maand se kaart vorentoe” wat gestel is vir die 25ste van die maand (geskryf in die boonste linkerkantste hoek van die kaart). Plaas hiedie kaart voor die 25ste kaart verdeler. Weer, ons sal dit in meer diepte in die volgende hoofstuk dek.

Nog een keer. Elke persoon het ‘n stapel wat bymekaar gehou word met ‘n klem. Die boonste kaart is die wit gebeds kaart, gevolg deur die blou daaglikse kaarte. Volgende is die geel weeklikse kaarte en groen mandelikse kaarte; laastens die pienk “gedoen” kaart.

Reëls om hulle bymekaar te hou: Hou ‘n spesiale houer om die bymekaar-geklemde kaarte te hou. Al die kaarte moet daar bly; niemand mag die kaarte rond dra nie. My kinders se kaarte is in ‘n ou plastiek brief houer.

Onderrig hulle in die metode. Sê vir die kinders dat as hulle ‘n taak voltooi, word die kaart net agter die pienk kaart gesit. Nadat hulle gebid het, werk hulle deur elke kaart. Jy mag vir hulle sê hulle moet elke taak in die orde wat jy die kaart geplaas het voltooi (om gehoorsaamheid te leer), of jy mag hulle toelaat om die kaarte in enige orde te doen (om organisasie te leer). Dit is belangrik, nietemin, dat jy ‘n tydstip het waar van hulle verwag word om die take voltooi te hê. Dit kan wees teen die middag, teen 3 n.m., voor hulle buite gaan om te speel, voor aandete, of teen die oggend. Nietemin, moet nie sê hulle moet die take doen voor hulle bed toe gaan nie, of jy sal die laatste bedtyd ooit hê!  

My kinders het die gewoonte aangekweek om die heel middag te neem, in plaas van die uur wat dit hulle behoort te geneem het. So ek het begin om ‘n kombuistimer te gebruik en dit vir 60 minute gestel om hulle ywer te leer. Dit het gewerk! So dit is nou die manier wat ek dit elke dag opstel. Ons kinders doen hulle kaarte onmiddellik nadat hulle hulle skoolwerk gedoen het. As ‘n spesifieke dag duidelik meer werkies het wat “bewys” is om meer as 60 minute te neem, kan jy maklik nog ‘n 10 of 15 minute byvoeg vir daardie een kind om hulle kaarte te voltooi.

Maak dit werk. Die metode werk net as jy die kaarte elke (weeksdag) oggend uitsit, en jy oefen straf uit as die take nie gedoen is nie. Periodiese inspeksies is belangrik om te sien of hulle hulle take korrek en deeglik doen! Ook, as jy hulle dit maak oordoen omdat hulle te lui is om dit reg die eerste keer te doen, sal dit volumes spreek vir daardie kind en al die ander kinders wat getuig dat jy bedoel wat jy sê! Ter aanvulling, as hulle ooit ‘n kaart insit wat onvoltooi is of net nie gedoen agter die pienk een “gedoen” kaart, is dit ‘n leuen! Straf leuens erg. ‘n Leuenaar is ‘n afsku vir God!

Spesiale omstandighede. Omdat jy al die huishoudelike take op 3x5 kaarte het, kan jy maklik enige kaart na enige spesifieke dag toe skuif. As jy geselskap gaan hê en jy wil die vloere die dag vantevore gewas hê voor jou gaste opdaag, kan jy daardie kaart na daardie dag toe skuif. As jy vind dat gedurende die somer jy meer moet vakuum, kan jy meer vakuum kaarte maak; gooi hulle dan aan die einde van die somer weg. Die mees belangrikste ding om te onthou is dat jy sindelikheid wil onderhou, eerder as om altyd te wag totdat daar ‘n groot gemors is. Gebruik borslappies vir kinders en voorskote vir jou en jou klein helpers. Jy het ‘n baie belangrike werk om te doen—so laat die Here jou baas wees!

 Hou “ongesiene areas” skoon. Om jou kaste of laaie skoon te hou en nie gesyspoor te raak gedurende jou skoon vee nie, sal jy ‘n “maandelikse” of groen kaart wil maak vir die kaste en laaie. Die beste metode is om dit op ‘n maandelikse basis te doen, en later na tweemaandeliks (twee groen kaarte gespasieer twee weke uitmekaar; b.v., 1ste & 15de of 14de & 28ste).

Jy sal weet hoe dikwels jy sal moet skoonmaak en sorteer afhangende van die erns wanneer die kaart opkom! En as jy getrou is om jou kinders by die skoonmaak in te sluit, sal jy vind dat hulle baie meer geïnterresseerd is om dit so te hou sodat hulle nie so gereeld hoef diep skoon te maak nie! Ter aanvulling, as jy dit jouself doen, is dit makliker om ‘n kas of laai skoon te hou, eerder as dat dit omgekrap word dat jy die hele kas of laai moet leeg maak soos wat jy gedoen het toe jy in die begin jou huis ontrammel het!

Verskeidenheid Wenke:

  • Gebruik verjaardag (of enige geleentheid) papier tafeldoeke om groot geskenke toe te draai. Ek vind tafeldoeke by kruideniers winkels en R20 winkels wat afgemerk is
  • Verkoues kan vermy word of aangeval deur Vitamiene C kristalle. Die bottel wat ek het is 470 ml., vir R393. Wanneer ons hoor van verkoues wat die rondtes doen in ons sirkel van vriende of ons kerk, voeg ek 2 opgehoopte teelepels by ons waterbeker. Die ouer kinders drink die meeste, af na die jongste. Met die eerste teken van ‘n verkoue in enige een van my kinders, of myself, berei ek ‘n sports beker op met ‘n deksel (sit hulle voorletters op sodat niemand anders daarvan mag drink nie), en voeg een teelepel by die sap. Hulle sip deur die dag daaraan; en as ons dit betyds gevang het sal hulle nie die verkoue of griep kry nie. En as ons nie, herhaal ek dit vir die volgende paar dae en dit is gouer verby. Te veel Vitamiene C kan diarree veroorsaak, maar om te verhoed dat ‘n verkoue tussen die agt van ons versprei, is dit ‘n klein prys om te betaal. Ter aanvulling, ons lees op die Internet dat as jy ‘n verkoue kry, neem omtrent 300 mg elke paar uur om jou simptome met 80% te veminder, ek het gevind dat hulle absoluut korrek is! Weer, jy mag diaree ervaar wanneer jy te veel neem, sny eenvoudig ‘n bietjie terug. 

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hê om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui