Hoofstuk 14 "Die Maniere van Haar Huishouding" 


“Sy hou goeie toesig oor haar huishouding,
lui is sy nie.
Spreuke 31:27.

WW-807x1024

aie vrouens vind hulleself met dubbel werk, dubbel verantwoordelikhede, en dubbel die stres. Daar word van ons verwag om om te sien na ons huise, ons mans se behoeftes, ons kinders se behoeftes en om, by dit alles, vir ons gesin te voorsien.  Ons doen dit of ons siek, swanger of nou net ‘n baba gehad het. Daar word van ons verwag om ons kinders aan te trek, haastig ontbyt in hulle te kry, middagete te beplan en onsself gereed te kry. Ons los ons babas huilend in die arms van iemand anders en dikwels, huil ons onsself werk toe. Ons lewens is niks meer as ‘n gejaag en vaag nie. Wat het gebeur? Hoe het dinge so moeilik geword vir ons? Meeste van ons ma’s het ons by die skool gekry en tyd gehad om brug te speel.

Baie Christen vrouens gebruik die Spreuke vrou as ‘n voorbeeld om die feit dat hulle buite die huis werk, te regverdig.  Dit lyk asof hulle van die onafhanklikheid hou en om vry te wees van die alledaagse take van ‘n tuisteskepper. Sommige mense glo dat die Spreuke vrou buite haar huis werk. Het God beplan dat die vrou buite die huis werk? Was sy weg van haar kinders soos meeste van die werkende ma’s van vandag? Was sy onder die gesag van haar eie man en daarom onder die Here?  

Ons moet versigtig wees om ander oor die Spreuke vrou te leer; ons moenie by Sy Woorde byvoeg of wegneem nie.  Ons moet na al die Skrifgedeeltes kyk wat na vrouens, eggenote en veral moeders verwys, voordat jy die belangrike besluit neem om voort te gaan en buite die huis te werk. Ons moet ook na ons vrugte kyk! Dit is my doel om jou te help om jou gedagtes te hernu. Deur in Sy Woord te soek vir ons antwoorde, kan ons “Sy” mening vorm, dit in ons lewens toepas en dit dan met ander vrouens deel. My hartsbegeerte is dat jy vrygestel sal word van die slawerny van buite die huis werk, sodat jy vry kan wees om om te sien na die behoeftes van jou man, jou kinders, ander (jonger) vrouens, die armes en die weduwees. “...en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Joh. 8:32.

Jou Eie Man

Julle mans. Ons moenie onder ‘n ander man of vrou se gesag wees nie. “Vrouens wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.” Efe. 5:22. “...Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees
” 1Pet. 3:1. “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, soos dit pas by mense wat in die Here glo.” Kol. 3:18. “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke” Gen. 2:18.

Werkers by die huis. Vrouens wees “...verstandig en kuis, goeie huisvrouens
.” Titus 2:5. Die sedelose  vrou, word vir ons gesĂȘ, “is luidrugtig en uitdagend, haar huis is te nou vir haar.” Spr. 7:11. 

Verdeel die buit. In die Skrifgedeelte word daar vir ons vertel van net een van die belonings vir ons wat by die huis bly.  “en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit” Ps. 68:12. Die van ons wat by die huis bly kan voordeel trek uit erf verkopings en spaarsaamheid winkels vir ongelooflike kopies (buit te verdeel). Is dit nie ‘n skande hoeveel geld ma’s aan hulle klere vir werk spandeer nie? En wat van die kinders se klere wat te klein is nog voordat dit selfs lyk asof dit gedra is? As ‘n werkende vrou, mis jy baie keer nie net uit op hierdie winskopies nie, maar is daar ook nie tyd om by uitverkoping te koop nie. Ook, die wat by die huis bly is in staat om maaltye van die begin af te maak en weg te doen met baie van die duur voorbereide kosse. Hulle het ook tyd om gebruik te maak van die afslag kos bronne soos dag-oue bakerye. Ja, om by die huis te bly is ‘n manier om geld te spaar en om ‘n goeie opsigter van die Here se geld te wees. 

Die Nagevolge

Wanneer jy in jou huis sit. Dit is belangrik om God se wette te leer en te verstaan hoe hulle werk. Hulle is soortgelyk aan die wet van swaartekrag. Deur die wet van swaartekrag en God se wette te volg, sal ons beskerm word. Hier is een van God se wette: “Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy oppad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.” Deut. 6:7. Met ander woorde, ons moet die hele dag deurbring deur ons kinders te onderrig. Wanneer ons half mal rondhardloop tussen alles wat van ons verwag word om te doen, hoe kan ons tyd hĂȘ om selfs net saam met ons kinders in ons eie huise te sit?

“Kwaliteit tyd” is teenstrydig met diĂ© Skrifgedeelte. Ons het die vrugte van ons kinders se gedrag gesien wanneer ons hulle op hulle eie moet los of oorgee aan die sorg van iemand anders. Niemand het dieselfde liefde en belangstelling in die emosionele, geestelike en intellektuele groei van ons kinders, soos ons nie. Wanneer ons werk, is dit onmoontlik om te verwag dat ons dieselfde tyd en aandag aan ons kinders kan gee. Ons weet dat niemand ons plek kan inneem wanneer dit kom by liefde, opoffering en geduld met ons kinders nie. Wanneer ons mislei word, of gemaak word om die Skriftelike beginsels van moederskap te oortree, word ons gelos met die slegte vrugte. Ons slegte vrugte is rebelse en veeleisende kinders wat nou oral gesien word!

Sy gelyke. Vroue Bevryding se hele basis is gebaseer daarop om vrouens aan te moedig om te probeer om die man se rol in die samelewing na te boots. Hulle het probeer om die verskille te “vervaag” en ons ongelukkig te maak in ons “God-gegewe,” spesifiek geskepte, rolle. “Verder het die Here God gesĂȘ: ‘Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.’ ” Gen. 2:18.  Hulle het ons gedruk om uit te gaan en te gaan werk, terwyl ons kinders, ons huise en ons mans, agter bly.

Maar God het die baba binne haar baarmoeder geskep en vir daardie baba Sy kos, van haar borste, gegee. God het vir haar die geduld en die kapasiteit gegee om te koester. Dit is die fondasie van die liefde wat die gesin op staat maak. Nietemin, toe ons die rolle begin “vervaag” het, het dit ‘n verwoestende effek op ons kinders, ons huise, ons gesinne, ons nasie, en ons hele samelewing, gehad. Maar die effek wat oor die hoof gesien word en die meeste vergeet word, is die verwoestende effek wat dit op vrouens het.

‘n Huis onderling verdeeld. “Elke koninkryk wat onderling verdeeld is, gaan teen gronde, en geen stad of huis wat onderling verdeeld is, sal bly staan nie.” Matt. 12:25. ‘n Taktiek van die vyand is om te verdeel en sodoende te oorwin.  Deur die huis te verdeel as die vrou buite die huis werk, het die vyand die volgende oorwin:

Ons kinders. Wanneer die ma weg is, sal die kinders na ‘n portuurgroep kyk vir leiding en vir goedkeuring, dus groepsdruk.

Ons dogters. Wanneer hul ma buite die huis werk en in die aande te besig is om tyd saam met hulle dogters te spandeer, kyk meisies na ‘n kĂȘrel vir gerusstelling gedurende die hormonale en liggaams veranderinge.

Moeders. Toe ma’s begin het om buite die huis te werk, het hulle begin om hulle “eie lewens” te hĂȘ. Net soos hulle mans, het hulle hulle werk en hulle vriende by die werk. Selfs van ons eie moeders is nou “terug by die werk” (of werk vir die eerste keer).

Ons mans. So dikwels wanneer die vrou ‘n werk het, veroorsaak dit verdeling in die man/vrou verhouding. Hulle belange is nou verdeeld, wat ontrou en apatie veroorsaak. Die verdeeldheid verswak die huwelik, wat uiteindelik in egskeiding eindig.

My krag en sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. Die man en vrou is ook verdeeld oor wat en wanneer om te koop, omdat hulle elkeen hulle “eie geld” het. “Jy kan dalk dink: ‘my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf.’ Maar jy moet jou Here jou God nie vergeet nie want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf
” Deut. 8:17-18. Wanneer ‘n vrou deel van die inkomste inbring, aanskou ons groot skade in hulle huwelik. Dit skep onafhanklikheid tussen die man en vrou. Die Besigheids Week tydskrif het na egskeiding uit ‘n finansiĂ«le oogpunt gekyk. Hulle studie het gewys dat “wanneer ‘n vrou vir haarself kan sorg, het sy nie meer nodig om getroud te wees nie.” Wat hulle gefaal het om op te merk, was dat die man dikwels ontevrede raak met sy vrou se gebrek aan aandag. Hy soek daardie aandag, gewoonlik by die werk, en dan staar die vrou owerspel in die gesig.  

Maak dat sy gesin verstoot word. “Wie hom verryk ten koste van ‘n ander, maak dat sy gesin verstoot word.” Spr. 15:27. Baie mans moedig hulle vrouens aan om te help deur terug te gaan werk toe, maar besef nie watse slegte gevolge hierdie besluit op hulle hele gesin sal hĂȘ nie. Dit sal sy gesag ondermyn en sal ‘n verwoestende effek hĂȘ op sy huwelik, en veral op sy kinders.

Moet jou nie afsloof om ryk te word nie. Met meer geld, in plaas daarvan om finansieel “vooruit te gaan,” spandeer ons gewoonlik meer, en, in meeste gevalle, is ons in ‘n slegter finasiĂ«le situasie as voor ons uitgegaan het om te gaan werk. Spr. 23:4 sĂȘ, “Moet jou nie afsloof om ryk te word nie en moenie jou sin vir waardes verloor nie. Jy het nog skaars die rykdom gesmaak of dit is weg, dit kry vlerke en vlieg die lug in soos ‘n arend.” Hoekom glo ons nie God se Woord nie? “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” Fil. 4:19.  Sy weĂ« is perfek. Jy kan op Hom vertrou! As jy uitgeput is omdat jy ‘n werkende vrou is, roep tot Hom en Hom alleen. Moenie na jou man toe hardloop daaroor nie. (Sien les 5, “Wen Sonder ‘n Woord.”)

‘n Huisgesin wat onderling verdeeld is spat uitmekaar. Daar word van werkende vroue verwag om hulle liefde en hulle prioriteite te verdeel. “Maar Hy het hulle gedagtes geken en vir hulle gesĂȘ, ‘Elke koninkryk wat onderling verdeeld is, gaan ten gronde, en ‘n huisgesin wat onderling verdeeld is, spat uitmekaar.’” Lukas 11:17.  Wanneer vrouens werk, moet hulle hulle base se behoeftes en begeertes vervul en daarop reageer net om hulle werk te behou. Hulle begin teenoor hulle base die houding en karaktertrekke van ‘n ideale vrou vertoon! Hulle word dikwels gevra om hulle tyd saam met hulle gesin op te offer deur laat te werk, vroeg in te kom of naweke te werk. Hulle begin dankbaarheid wys wat net aan hulle mans gegee moet word. Wanneer hulle base hulle ‘n kompliment gee oor hulle voorkoms of hulle werk, is hulle verheug. Hulle base mag hulle uitneem vir middagete of hulle ‘n bonus of geskenke gee. Dit is geen wonder dat baie vrouens hulle mans los of wegloop saam met hulle base of mede-werkers nie? Dit is nie meer net die mans wat wegloop saam met sy sekretaresse of mede-werker nie!

Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Werkende vrouens bevind hulself in twee mededingende wĂȘrelde. Elke wĂȘreld het ‘n verskillende stel eise en belonings. Die Skrif sĂȘ vir ons dat ons nie twee meesters kan dien nie. “Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal Ăłf die een minder ag en die ander een hoĂ«r, Ăłf vir die een meer oorhĂȘ en die ander een afskeep. Julle kan nie God en Mammon dien nie.” Matt. 6:24. En is dit nie presies wat gebeur nie? Ons begin om die een te volg en dan begin ons die ander een te haat. ‘n Vrou hou of van haar werk en haar gesin en haar huis begin ‘n irritasie word, of sy haat haar werk omdat sy eerder by die huis wil wees.

Vermy ‘n dwase mens. Wanneer vroue buite die huis werk, ly hulle onder vernietigende druk. Deur saam met ander te werk, veral nie-Christene, eis geestelik sy tol. Alhoewel baie voel dat hulle die “lig” in die werkplek is, maak meeste nooit regtig ‘n verskil nie. Die Skrif sĂȘ vir ons “Moet julle nie langer laat mislei nie: ‘Slegte geselskap bederf goeie sedes.’ ” 1Kor. 15:33. Indien jou werkplek veroorsaak dat jy ‘n kompromie aangaan oor jou oortuigings, sal dit veroorsaak dat jy uiteindelik korrup raak.

Bly weg van iemand wat baie praat. Ons vrouens het baie algemene swakhede; een is skinder. ‘n Algemene tydverdryf van vrouens in die werkplek is skinder. Ons kan dit nie verhelp nie. ‘n Mede-werker het ‘n probleem met haar man, so ons almal kraak hom saam af. Sy het, of jy het, probleme met daardie nuwe bestuurder, so jy mompel en kla die hele dag, elke dag. Spr. 20:19 sĂȘ, “Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; bly weg van iemand wat baie praat.”  

Die maniere van haar huishouding. Wanneer ons werk, skeep ons belangrike verantwoordelikhede by die huis af. “Sy hou goeie toesig oor haar huishouding
” Spr. 31:27. Ons is nie in staat om die dinge te doen wat ons sou doen as ons tyd gehad het nie, soos bak, naaldwerk, ons huise skoon en in orde te hou, en ons kinders te leer nie. Selfs tyd om maaltye voor te berei, word tot ‘n minimum gesny. “‘n Dief kom net steel en slag en uitroei;  ek het gekom sodat hulle die lewe kan hĂȘ, en dit in oorvloed.” Joh. 10:10. Dames, Satan is ‘n dief; hy steel die oorvloedige lewe wat God vir jou het! Selfs jou man se behoeftes word agterweĂ« gelaat. So baie keer moet hy vir homself sorg wanneer dit kom by maaltye of om sy klere skoon en gestryk te hĂȘ. Dames, daar is vrouens by jou man se werk wat verwaarloosde mans soek! 

Wanneer ons werk kan ons nie by die deur wees om ons mans te groet nie, omdat ons die kinders by die dagsorg moet optel, takies afhandel en kruideniersware koop. Baie mans vind dit baie dieselfde as om soos ‘n vrygesel te lewe, sonder die voordele van rus en vrede. Kan dit iets te doen hĂȘ met hoekom mans verkies om hulle eie woonstel te hĂȘ in plaas daarvan om by die huis te bly?

Maar die mens word verlei. Wanneer die man besef dat sy vrou se luisterende oor weg is, soos wat sy rondhardloop in die aand om gereed te maak vir die volgende dag, is versoeking by die deur. Aangesien mans nie ander mans in vertroue neem nie, vind hulle daardie “luisterende, simpatieke oor” by ‘n ander vrou. “Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp word, loop dit uit op die dood.” Jak. 1:14-15. Ja, dood - die dood van ‘n huwelik.  

Wanneer haar man dan aankondig dat hy gaan loop, is sy die eerste een om te sĂȘ “ek is bly om van hom ontslae te raak” of  “moenie dat die deur jou oppad uit tref nie.” Kort daarna bevind sy haarself in ‘n klein, afgeleefde woonstel met ‘n welsyns tjek en kosseĂ«ls. Dit het alles begin met haar wat net “‘n bietjie ekstra inkomste inbring.”

‘n Struikelblok word. “So ‘n mens kan eerder met ‘n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies ‘n struikelblok word.” Lukas 17:2. Stel jy ‘n slegte voorbeeld vir ander vrouens omdat jy werk? Is daar iemand wat die wonderlike lewe sien wat jy ten toon stel en het sy daarom besluit om terug te gaan werk toe omdat dit so goed vir jou werk? Of probeer sy om by die huis te bly, maar haar man dink dat sy net rondsit en niks doen nie omdat jou man, vir haar man, vertel het hoeveel geld jy inbring? 

Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar. As jy werk terwyl jou kinders in die skool is, mag jy dalk nie by die huis wees vir jou kinders na skool nie. Baie vrouens dink dat die “regte tyd” om terug te gaan werk toe (of skool toe) is wanneer die kinders in die skool is. So baie kinders bly naskool sonder toesig by die huis en spandeer ure voor die televisie en kyk immorele programme. Moet hulle nie in daardie plek van versoeking los nie. Skokkende studies openbaar dat die ouers se eie beddens die plek is waar die meeste voorhuwelikse seks plaasvind, terwyl albei die ouers by die werk is. Oorweeg Heb. 13:4: “Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word, wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtes en egbrekers sal onder die oordeel van God kom. 

Met moeite ‘n bestaan maak. Artikel na artikel word geskryf om vrouens wenke te gee oor hoe om hulle mans te kry om in die huis te help, aangesien vrouens help met die inkomste. Almal verwag van hulle mans om “hulle deel” van die huishoudelike takies te doen.  Studies het bevestig wat ons alreeds weet: dat ons mans selde uithelp. Vrouens mergel hulself uit deur “dit alles” te doen. Dames, God sĂȘ vir ons om “alles te hĂȘ” is nietigheid. “Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir diĂ© wat Hy liefhet gee Hy dit in sy slaap.” Ps. 127:2.

Dit is weg. ‘n Vrou wat werk is finansieĂ«l onwys. Baie moeders voel dat hulle buite die huis moet werk om finansieĂ«l uit te kom. Sy verdien meer, maar spandeer dan meer. In plaas daarvan om die uitgawes te verminder deur wys te koop of self van die werk te doen, moet sy hoĂ«r pryse aanvaar. “Moet jou nie afsloof om ryk te word nie en moenie jou sin vir waardes verloor nie. Jy het nog skaars die rykdom gesmaak of dit is weg; dit kry vlerke en vlieg die lug in soos ‘n arend.” Spr. 23.4. As jy wonder waar die ekstra geld heen gaan, hier is net ‘n paar vrouens wat hulle ondervindinge oor werk en spandeer gedeel het:

“Die kos wat ek koop is gewoonlik alreeds of gedeeltelik voorberei, kitskos of restaurant kos vir die spoed en gerief.  Ek is te moeg om te kook en ek voel ek verdien ‘n  breek.”

“Ek koop nie meer waar en hoe ek voorheen gekoop het nie. Die klere wat ek nou koop is teen kleinhandel pryse in plaas daarvan om by uitverkopings te koop, na erf verkopings en spaarsaamigheids winkels toe te gaan, of dit self te maak. Ek het gevind dat ek nie die gesin se klere in goeie kondisie hou (reg maak en  stryk) soos voorheen nie. In plaas daarvan, gee ek dit weg en koop nuwes.”

“Ek vind dat ek baie meer klere nodig het per persoon. Die ekstra klere word vir my kinders en my man benodig aangesien ek nie die wasgoed so dikwels kan was soos in die verlede nie. Ek het ook baie meer mooi klere vir myself nodig as wat ek ooit nodig gehad het voordat ek begin werk het.”

“Noudat ek werk, het ons gedink ons kan ‘n goeie Christelike opvoeding vir ons kinders bekostig. Ek het in die verlede ons kinders self by die huis geleer; nou het ek nie daardie opsie nie.”

“Ons het altyd net een kar gehad. Ek het gekla en gedink dat ek soveel vryheid sou kry. Ons het nou 'n tweede kar saam met nog ‘n paaiement, versekering, instandhouding en ekstra brandstof. Ons het regtig glad nie voorentoe beweeg nie.  Nou, behalwe dat ek moet werk om vir die kar te betaal, hardloop ek rond en doen dinge vir my man wat hy in die verlede vir my gedoen het!”

“Ons het gedink dat ons meer gemaak het totdat dit by belasting tyd gekom het. Ons het gevind dat meer geld betaal is aan federale, Sosiale Sekuriteit en staats inkomste belasting omdat ons nou in ‘n hoĂ«r inkomste belasting gleuf val.”

“Teen die tyd wat ek die geld vir ons een dogter se nasorg en dagsorg betaal het, maak ek omtrent minimum loon.”

Goeie raad kan gee. As jy ‘n ouer vrou is wat buite die huis werk, het jy geen vrye tyd om die gebod wat vir ouer vrouens gegee is om die jonger vrouens te leer, te vervul nie. In Titus 2:3-5 sĂȘ dit, “net so moet jy ook vir die ouer vroue sĂȘ hulle gedrag moet diĂ© wees van mense wat ‘n heilige lewe lei. Hulle moet nie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee, sodat die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die Woord van God nie in diskrediet kom nie.” Natuurlik weet ons dat die voorbeeld van die vrou wat buite haar huis werk volumes spreek. Baie ouer vrouens het regtig nie die geld nodig nie; hulle weet net nie wat om met hulle tyd te doen nie of hulle voel asof hulle gaan mal word om hulle afgetrede mans die heeldag rondom hulle te hĂȘ. Hier is ‘n paar voorstelle:

In plaas daarvan om jou tyd by ‘n werk te spandeer, hoekom help jy nie ‘n jong, onervare ma nie? Sy word dikwels nie deur haar eie ma gehelp nie. Sy het goeie, goddelike raad nodig en aanwysings om haar kinders te versorg en behoorlik te dissiplineer. Jy sal ook beskikbaar wees om saam met jou eie dogter, of skoondogter, te wees gedurende of na die geboorte van jou kleinkinders.

As jy by die huis bly, is jy beskikbaar om jou huis oop te maak vir gasvryheid, vir geestelike leiding, of as ‘n “hawe” vir jonger vrouens wat ‘n moeilike dag ervaar.

So baie ouer vrouens deel die wĂȘreld se filosofieĂ« oor die huwelik en kinders grootmaak. Jy sal totaal oneffekief gemaak word met betrekking tot geestelike leiding, aangesien jy jouself met die dwase praatjies en idees van die wĂȘreld omring het.

Ouer vrouens, ons het ‘n noodsaaklike invloed op goddelike wysheid, maar dit sal verlore gaan as ons die wĂȘreld se maniere kies eerder as God se manier. “Ouer vrouens...gee goeie raad!” Titus 2:3

Wen Sonder ‘n Woord. Maar wat as ‘n man sĂȘ sy vrou moet werk? Eerstens, besef dat dit jou man se plek is om oplossings vir probleme te vind.  y moet die redder van die liggaam wees. “Die man is die hoof van die vrou. Soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk, Hy Homself is die Verlosser van die liggaam.” Efe. 5:23. Baie keer is dit ons vroue wat voorstel om terug te gaan werk toe, om ‘n besigheid by die huis te hĂȘ, of uitgawes te beperk. Bly net stil! “Vrouens julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die Woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n woord te sĂȘ nie.” 1Pet. 3:1-2. Sit stil, wees stil en bid. Laat jou man dan doen wat hy voel gedoen moet word.  Respekteer hom deur stil te wees en stem saam met sy voorstelle. (Sien les 5, “Wen sonder ‘n Woord.”  

Ek het die Here aangeroep. Maar wat as jou man sĂȘ jy moet gaan werk, of as jy per ongeluk voorgestel het dat jy teruggaan werk toe, of as jou man jou verlaat het? “Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord, Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is. Hulle wat opsien na Hom, sal straal van vreugde; op hulle gesigte is daar geen skaamte nie.” Ps. 34:5-6NLV. Soos wat jy die Here in jou nood aanroep, sal jy ‘n seĂ«ning bykry; jy sal straal! 

Verder het ek op ‘n regte verrassing afgekom. Larry Burkett het ‘n boek geskryf met die titel; Women Leaving the Workplace. Die getuienisse is ongelooflik! Hulle sal jou wys hoe getrou God is vir die vrou se onthalwe. Los die finansiĂ«le stappe wat Mnr. Burkett vir jou gee om terug te gaan huistoe of om by die huis te bly. Hou by die getuienisse omdat hulle jou sal inspireer om totaal op God te vertrou en nie op die “werk van die vlees” nie. Soos wat jy sal sien, is die punt om jou man te gehoorsaam en te bid! God sal vir  jou die begeertes van jou hart gee; om by die huis te bly, of terug te gaan huistoe. Bid dat die Here vir jou guns sal gee by jou man, net soos met DaniĂ«l toe hy nie ‘n kompromie wou aangaan deur die koning se kos te eet nie.

Onlangs het ek vir ‘n vrou gebid vir wie daar gesĂȘ is dat sy nooit kinders sal hĂȘ nie; maar God het die laaste sĂȘ gehad en sy het swanger geraak. Sy en haar man het altyd op ‘n dubbel inkomste gelewe, so hul familie het haar probeer oorreed om haar begeerte om ‘n huisvrou te word, te heroorweeg. Desperaat, het sy hierdie boek gekry maar was MOEDELOOS omdat Harry klem gelĂȘ het op die nodigheid van “beplanning” en “fondse voor die tyd weg sit”! Ek het vir haar gesĂȘ om OP TE HOU lees wat hy geskryf het en die getuienisse te lees. Bemoedig in haar geloof, het hulle hulle baba gehad, sy bly nou by die huis en hulle lewe beter as toe hulle twee inkomstes gehad het! Dit is God wat hulle beloon wat op HOM vertrou, en nie op hulleself of ‘n tweede inkomste nie!  

Getuienis: Stella* het na die gemeenskap toe gekom met ‘n groot dilemma. Haar man wat haar gelos het, het nou gevra dat sy teruggaan werk toe.  Stella se dogters het net hoĂ«rskool begin en sy het nog altyd beplan om saam met hulle by die huis te bly gedurende hierdie belangrike tyd in hulle lewens. 

Daardie aand het ons vurig gebid en vir die Here gevra om haar te bevry. Ons het haar ook raad gegee om onderdanig aan haar man te wees en ‘n CV saam te stel. Die volgende week het sy gedeel dat dit nie saak maak hoe hard sy gesoek het nie, sy was nie in staat om eers een onderhoud te kry nie (selfs met haar ongelooflike ondervinding en verwysings). Vir weke het ons aangehou om te bid vir haar bevryding. Stella se man het nader aan haar geword soos wat sy haar onderdanigheid aan sy versoek vertoon het. Sy begeerte, dat sy moet gaan werk, het begin vervaag. Hy het toe vir haar gesĂȘ dat hy binne die volgende paar maande na haar en die meisies sou terugkom!  

Nietemin, een aand toe ek die kamer binnestap was die vrouens weer besig om vurig te bid. Toe ek by hulle aansluit, was ek geskok deur wat ek gehoor het. Stella en die ander vrouens het anders gebid. Hulle het gebid dat sy werk sou kry by ‘n gesogte prokureurs firma by wie sy daardie oggend ‘n onderhoud gehad het! Ek het Stella en die groep gekonfronteer, maar hulle was vasbeslote dat dit die Here se leiding was.

Stella het haar gesogte werk gekry. Sy werk sederdien in die stad met ‘n nuwe haarstyl en fantastiese klere. Dit is al amper sewe jaar vandat haar man gesĂȘ het hy kom huistoe. En asof dit nie treurig genoeg is nie, het een van haar dogters, in haar senior jaar, haarself in die moeilikheid laat beland en die ander dogter het die volgende jaar deurmekaar geraak met ‘n baie ouer, geskeide man.

Getuienis: Bobbie* het op die Here vertrou vir haar huwelik en het probeer leer hoe om ‘n onderdanige vrou te wees, selfs al het haar man saam met ‘n ander vrou gebly. Een aand het haar man gesĂȘ dat hy haar kar moes verkoop om te help met van sy skuld. Hy het belowe dat hy vir haar iets anders sou kry om mee te ry. (Die kar was ‘n geskenk van Bobbie se ma af, was in uitstekende kondisie en was opbetaal.) Uit onderdanigheid, het Bobbie ‘n advertensie in die kar se venster geplaas met ‘n telefoon nommer. Maar sy het  vurig gebid vir die kar om “nie verkoop te word !” nie. Elke week was haar man verstom omdat niemand eers geskakel het om navraag te doen oor die kar nie. Hy het toe besluit om die prys op die advertensie te plaas en het dit elke week verlaag. Nietemin, was daar geen belangstelling nie. Toe een aand, het hy uitgeroep hoe totaal ongelooflik dit was dat niemand die mooi kar wou gehad het nie. Hy het vir Bobbie gesĂȘ dat hy ander reĂ«lnigs getref het en vir haar gesĂȘ om die advertensie af te haal van die venster af.

Bobbie het nog steeds die kar wat die Here beskerm het. Dit is nou vyftien jaar oud en haar werktuigkundige sĂȘ dit het nog baie, baie kilometers om te gaan. Sy sĂȘ dat sy dit hou omdat dit haar aan God se getrouheid herinner!

Sara was aan Abraham gehoorsaam: “In die ou dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier: hulle was aan hulle mans onderdanig. Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys. As julle doen wat goed is en julle nie deur dreigemente laat afskrik nie, is julle haar dogters.” 1Pet. 3:5-6. As jou man vasbeslote is oor meer inkomse, volg die stappe hier onder.

Eerstens, tweedens en derdens, jy moet bid, bid en aanhou bid! Vra God om jou man se hart te verander, om die geld wat julle nodig het te voorsien en te help om julle skuld te verminder.  Skuld is regtig die probleem, so bid om uit die skuld te kom.

As jou man nog steeds daarop aandring dat jy werk, bid vir ‘n manier om geld in te bring sonder om die huis te verlaat. Vra jou man hoeveel meer geld hy nodig het om hom in staat te stel om die rekeninge te betaal. Sommige vrouens is in staat om hulle gesin se inkomste te vermeerder sonder om die huis te verlaat, sonder om hulle kinders in dagsorg te plaas en sonder om hulle mans se gesag te weerstaan. Weereens, vra God vir wysheid en leiding. Hy sal jou lei en ondersteun as gevolg van jou oortuiging om gehoorsaam aan jou man te wees en Sy Woord te gehoorsaam deur ‘n “bewaarder van die huis” te wees.

Hy diĂ© kan help. Baie belangrik, hou jou hart standvastig om by die huis te bly. “Die Here het sy oĂ« oral op die aarde sodat Hy diĂ© kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou
” 2Kron. 16:9

Pas op: Moenie ander kinders inneem as ‘n “dag sorg” vir ander “werkende vrouens” om jou inkomste aan te vul nie! Jy moedig ander vrouens aan om in die werkplek te bly met al die verwoesting wat hulle gesinne sal tref. Hulle sal ook gerus voel om te weet dat hulle kinders in die sorg van ‘n “goeie Christelike vrou” is. Moenie mislei word deur te dink dat “wel, as hulle moet werk, dan verdien haar kinders Christelike kindersorg” nie. Lees die boek, Who Will Rock the Cradle? (Sien ons voorgestelde Leestof op bladsy 177.) As ‘n vrou jou vra of jy na haar kinders sal omsien terwyl sy werk, help haar op ‘n tydelike basis terwyl jy haar aanmoedig om by die huis te bly.

Iemand bring hom terug. Neem elke dag die geleentheid om met een werkende vrou die verwoesting te deel wat haar werk buite die huis veroorsaak, veral as sy klein kinders het. “My broers, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terug bring, weet dan dat hy wat ‘n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat ‘n menigte sondes vergewe word.” Jak. 5:19-20. Herinner haar dat ‘n kind sy eie moeder nodig het; enige iets anders is ‘n namaaksel! Onthou, Satan is die srywer van die namaaksel. Hy is ‘n dief! Moenie jouself opstel as ‘n nagemaakte moeder nie.

Vrede daarby. So baie vrouens wat ‘n dagsorg by hulle huise het, het die behoeftes van hul eie kinders en gesinne opgeoffer. Die kinders tel soveel verwoestende invloede en aansteeklike siektes op.  ie rustigheid van hulle huise is definitief vernietig. “Liewer ‘n stukkie droĂ« brood met vrede daarby as ‘n huis vol kos met ‘n getwis daarby.” Spr. 17:1. 

Rentmeesterskap

Skuld. Sekerlik die grootste rede hoekom vrouens moet werk is omdat ons ‘n samelewing in skuld is. Eerder as om te wag vir die dinge wat ons wil hĂȘ, koop ons dit op krediet. In plaas daarvan dat ons binne ons middele lewe, lewe ons bo ons middele. Rom. 13:8 sĂȘ “Julle moet niemand iets verskuldig wees, behalwe om mekaar lief te hĂȘ.  Wie sy medemens liefhet , voer die hele wet van God uit.” 

Raak van skuld ontslae. Ons moet bid en saam met God werk om uit die skuld uit te kom. Dit moet ons hart (en ons gebede) se begeerte wees. As jou man nie agter dit is nie, dan begin jy. Hou op om op rekening te koop en maak seker elke aankoop is absoluut noodsaaklik. Kyk of jy dit wat jy voel vervang moet word, kan herstel. Die sleutel is om te wag!  Ook, moenie vergeet om te bid dat jou man se hart moet verander om uit die skuld te kom en uit die skuld te bly nie.  Tensy ons dit verstaan, sal ons vrouens “gedwing” word (of is alreeds), om te werk . “‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hĂȘ, en dit in oorvloed” Joh. 10:10. Dit is Satan se plan, om jou kinders te steel (dagsorg), jou huis te verdeel (twee loopbane) en om uiteindelik jou gesin te vernietig (egskeiding).

Maar hy spandeer te veel. Baie vrouens blameer hulle mans omdat hy te veel spandeer. En dikwels is dit waar. Maar dit is nie ons probleem nie; dit is die Here sin omdat ons nie oor ons mans is nie. “Ek wil egter hĂȘ julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en ‘n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus.” 1Kor. 11:3.  Bly stil (wen hom sonder ‘n woord) oor sy spandering.  Gee hom die respek wat God beveel. “Vrouens julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met mans wat nie die Woord van God glo nie, en julle mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens nodig wees vir julle om ‘n woord te sĂȘ nie.” 1Pet. 3:1. Jy moet ook seker maak dat die balk nie in jou oog is nie.  Spandeer jy ook te veel? 

Getuienis: Shari* het, by ‘n Bill Gothard seminaar, die konsep om uit die skuld te kom en nie meer op rekening te koop nie, aangegryp. Maar, sy was nie die spandeerder van die gesin nie. Haar man, wat haar gelos het, was die een wat oorspandeer het. Nietemin, Shari wou doen wat sy kon en het haar man in die hande van die Here gelos. Sy het die vers in 1Kor. 7:14 geĂ«is. “Die ongelowige man is deur God aanneemlik deur die band met die gelowige vrou
”

Toe sy nuwe onderklere nodig gehad het vir een van haar seuns en ‘n haarsny vir haarself, het sy haar man genader. Hy het gesĂȘ sy moet voortgaan en dit op rekening sit aangesien “geld bietjie min” was.  Sagkens het sy hom vertel dat “as ek daaraan dink, kan ek regtig wag vir ‘n haarsny en dit sal eenvoudig wees om die onderklere reg te maak.” Verward, het hy haar gevra hoekom sy dit nie net op rekening wil koop nie. Sy het haar man respekvol vertel van die seminaar se leringe en haar begeerte om hom nie verder in finansiĂ«le skuld te plaas nie.  y het gesĂȘ dit is “reg,” maar dit hang van haar af.

Shari het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om al haar krediet kaarte vir haar man te gee (‘n geloofsprong vir haar). Maar God het Shari geseĂ«n vir haar getrouheid en nou is hulle gesin weer terug bymekaar en werk hulle saam om heeltemal uit die skuld te kan kom. Haar man het vir haar gesĂȘ dat, toe sy nie onderklere wou koop of haar hare wou sny nie, as gevolg van haar oortuigings om nie meer die krediet kaarte  te gebruik nie, hy seker was dat sy regtig al haar varkies verloor het! Prys die Here Shari se man het ook die besluit gemaak!  

Tevredenheid. As vrouens moet ons begin om eers tevrede te wees en te lewe binne die middelde en bepalings wat ons mans gemaklik kan bekostig. “Ek sĂȘ dit nie omdat ek gebrek ly nie, want ek het geleer om my in alle omstandighede te behelp” Fil. 4:11.  “As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.” 1Tim. 6:8. Deur tevrede te bly, kan ons ons mans help om die volgende vers te vervul: “As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy eie huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloĂ«n en is hy slegter as ‘n ongelowige.” 1Tim. 5:8.

Geloof.  Ons vrouens moet glo dat God in al ons behoeftes sal voorsien. (En so dikwels ons begeertes ook!) As ons net kan wag! “Vertrou op die HERE! Wees sterk en hou goeie moed. Ja, vertrou op die HERE!” Ps. 27:14.

Liefde vir geld. Dr. McGee het een keer gesĂȘ dat dit nie geld is wat onheilig is nie, maar die “liefde” vir geld. “Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof af afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.”1Tim. 6:10. “Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het...” Hebr. 13:5. Die grootste slaggate wanneer jy die “liefde vir geld” het is :

Om dieper in die skuld te kom. Sodra ‘n vrou begin werk, sal die egpaar eerder dieper in die skuld beland as om uit die skuld te kom. Jy koop meer en verhoog jou lewens standaard. “Moet jou nie afsloof om ryk te word nie en moenie jou sin vir waardes verloor nie. Jy het nog skaars die rykdom gesmaak of dit is weg; dit kry vlerke en vlieg die lug in soos ‘n arend.” Spr. 23:4

Voel of jy vassit. Baie mans, wat later in onsedelikheid saam met iemand by die werk verval het, het ‘n begeerte gehad om hulle werk en posisies te los,  maar het vasgevang gevoel as gevolg van skuld. “Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hĂȘ nie. Elke ander sonde wat ‘n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam.” 1Kor. 6:18.  By Herstel Ministeries sien ons dat die meeste owerspel plaasvind by die man se werkplek. Hulle mag dalk nie die geestelike krag hĂȘ om te “vlug” wanneer hulle gesinne op hulle staat maak vir hulle salarisse nie. Josef het die geestelike krag gehad; kom ons bid vir ons mans om dieselfde te hĂȘ. “Toe gryp Potifar se vrou hom aan sy klere en sĂȘ: ‘Kom lĂȘ by my.’ Maar Josef het buitentoe gevlug, terwyl sy ‘n stuk van sy klere in haar hand bly hou.” Gen. 39:12

Hou op om te koop. Een manier om die besteding wyse te breek is om jou huis te ont-rommel. Lees Don Aslett se boek, Cluttter’s Last Stand, oor hoe om jou lewe te ont-rommel. Soos wat jy begin om baie van jou besittings as rommel te sien, sal jy ophou om onnodige aankope te doen. Dit het vir my gewerk!

Maar die HERE ondersoek die gesindheid. Bid vir jou man sodat hy in staat en gewillig sal wees om jou gesin te onderhou. Een van die redes hoekom jou man nie jou gesin ten volle onderhou nie mag wees omdat jy die finansies hanteer. ‘n Man word van sy manlikheid gestroop wanneer sy vrou die rekeninge betaal. Mans weet nie hoeveel inkom en hoeveel uitgaan nie. As hy in beheer is, mag hy gemotiveer wees om harder te werk om meer te verdien en om sy en jou besteding te sny.

Baie vrouens voel baie ongemaklik wanneer hulle mans die finansies hanteer. Dit is te veel onderdanigheid na hulle smaak. Meeste vrouens wil nie hĂȘ hulle mans moet weet hoeveel geld hulle spandeer of waarop hulle dit spandeer nie.  Hulle sal eerder die geld “beheer”. Dit is ‘n groot fout. Ons mag sĂȘ ons hanteer die finansies omdat ons beter is met syfers, meer tyd het, of meer verantwoordelik is, maar Spr. 16:2 sĂȘ,  “In sy eie oĂ« is alles wat ‘n mens doen, reg, maar die HERE ondersoek die gesindheid.” Ons moet aan ons mans onderdanig wees in alles. “Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.” Efe. 5:24.  Vertrou op die Woord en probeer hierdie metode van jou man wat die finansies en die tjekboek beheer.  Sien of jy nie ‘n beter werker en ‘n meer verantwoordelike man het om lief te hĂȘ en te respekteer nie.

Getuienis: Debbie* en Nancy* was saam op skool. Hulle het ‘n week uitmekaar getrou. Maar, hulle het twee heeltemal verskillende konsepte gehad van wie die finansies moes beheer. Albei hierdie vrouens se mans was redelik onverantwoordelik met geld. Debbie het besluit dat as hule ooit vooruit wil kom, sy beheer sou moes neem. Nancy, aan die ander kant, het die verwoesting in haar gesin aanskou toe sy groot geword het, haar ma het die tjekboek gehad en die rekeninge betaal. So sy het geweet dat God ‘n ander plan moet hĂȘ.

Hierdie dames is albei agtien jaar getroud. Debbie het regdeur hul huwelik gewerk en hulle bly nog steeds in dieselfde kondo wat hulle na hulle troue gekoop het. Een keer, toe dit Debbie se verjaardag was, het Nancy Debbie se man gevra wat hy vir haar gaan kry vir haar verjaarsdag. Skaam het hy gesĂȘ dat daar geen manier was wat hy vir haar iets kon kry nie. Hy het gesĂȘ dat as hy haar vir meer geld vra, sy sal vra “waarvoor”; dan sal sy sĂȘ sy het niks nodig nie, en die onderwerp sal gelos word. Haar man het egter ‘n goeie hart gehad. Hy het op die ou einde na die kruideniersware winkel toe gegaan, waar sy gewerk het as ‘n kassier, en het ‘n bos blomme na haar gang toe gevat; hy het gesĂȘ dit was die enigste manier om haar te verras.

Nancy weet dat sy die regte pad gevat het. Haar man is al ‘n paar jaar die enigste broodwinner en hulle het ‘n groot huis en grond vir hulself en hulle kinders. Die ekstra bonus wat verky word deur hierdie Bybelse beginsel toe te pas, alhoewel sy nie geweet het dit is ‘n Bybelse beginsel nie, is dat sy een geseĂ«nde vrou is! Sy het baie pragtige juwele, ‘n kas vol pragtige klere en selfs ‘n vollengte pelsjas. Sy sĂȘ dat sy nooit enige van hierdie goed vir haarself sal koop nie, maar haar man dring aan! Sy sĂȘ ook dat sy nog nooit een dag se bekommernis of ‘n slapelose nag gehad het oor ‘n tekort aan finansies nie, self al was geld by tye skramps.

Miskien wil jy nie juwele of ‘n pelsjas hĂȘ nie, maar ek is seker julle almal sal ‘n man waardeer wat jou wys hoe baie hy jou koester en die laste van jou lewe oorvat!

Almal se dienaar. Baie vrouens voel dat hulle nie hulle “God-gegewe talente” gebruik as hulle by die huis bly om vir hulle mans en kinders te sorg nie.  Maar dit is nie Christus se boodskap nie. “Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sĂȘ toe vir hulle: ‘As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.’” Markus 9:35. Dit was Jesus se woorde aan die apostels terwyl hulle probeer kompeteer het om te sien wie die beste was. Jesus het ook van Homself gesĂȘ, “Ek het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien.” Matt. 20:28.  Jesus kon enige iets gewees het wat Hy wou en tog Hy het “gekies” om te dien.  Jy het ook baie talente. Sal jy kies om Christus te volg in diensbaarheid? Sekerlik is daar geen beter plek om ‘n dienaar te wees as ‘n vrou en ‘n moeder nie, as ons God se Woord oorweeg. Hy sĂȘ ons is “Puik”! 

Kom ons bid almal Ps. 37:4-9 hardop: Ps. 37:4 “Vind jou vreugde in die HERE; en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die HERE oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag...Daarom moet jy in stilte op die HERE vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ‘n skelm nie...Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. Die wat hulle vertroue in die HERE stel, sal in besit bly van die land.”

Mag God Christen vrouens terugbring huistoe en by die huis hou!

Persoonlike verbintenis: Om God se bevele te gehoorsaam en werkers by die huis te wees en die jonger vroue te leer. “Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het, verbind ek myself daartoe om te bid om by die huis te bly of om terug te keer huistoe. Ek sal my eie man se helper wees. Ek sal my eie kinders leer en onderrig.  Ek sal die huis wat God my gegee het waardeer en goed daarna kyk. Ek sal die Waarheid met ander werkende vroue deel en bid dat hulle sal terugkeer huistoe.”

Waarskuwing: Wees baie versigtig vir multivlak bemarkings konsepte, veral die wat beloftes maak van hope geld vir bietjie werk. “‘n Inhalige mens wil gou ryk word; hy besef nie dat daar vir hom gebrek wag nie.” Spr. 28:22. Baie groepe sĂȘ vir jou dit is net om mense te kry om aan te sluit, maar Spr. 13:11 sĂȘ “Rykdom wat sommerso bekom word, verminder maklik; wie bietjie vir bietjie bymekaar maak word ryk.” Die mees ontstellende ding van multivlak bemarking is die manier wat hierdie bemarkings adviseurs jou kry om jou vriendskappe uit te buit. Net ‘n paar aande gelede het ek ‘n telefoon oproep van ‘n man gekry wat ek nie eens ken nie. Hy het gesĂȘ dat hy ons gesin by ‘n tuisskool vergadering ontmoet het jare terug. Hy het begin om my kinders en myself te prys, en het aangegaan vir ‘n hele paar minute. Toe vind ek uit wat is die regte rede vir sy oproep: hy het ‘n besigheid gehad wat beter individue soos myself en my man soek. Dit het al dosyne kere tevore gebeur. “Niks wat hulle sĂȘ is waar nie; al waaraan hulle dink, is my ondergang; hulle vlei my, maar hulle wil my in die graf laat beland.” Ps. 5:9. 

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui