HOU OP DIE “FIXER” WIL WEES

As ek terugkyk op my eie lewe besef ek dat ek vir lank my aardse man se "fixer" wou wees. Maar in dieselfde asem was ek nie eens in staat om myself te "fix" nie. Net God was instaat om my te verander en net God is instaat om my aardse man aan te raak.

Hoe GOD Jou Huwelik Kan en Sal Herstel: ‘n Boek vir Vroue Deur Iemand wat al daardeur was! (Afrikaans Edition)

In hoofstuk 8 van die boek: Hoe God jou huwelik kan en sal herstel, skryf Erin Thiele:

Kom uit Sy Pad!
Kom uit Sy pad. “Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie . . . maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag” (Ps 1:1,2). Kom uit die pad van jou eggenoot; jy is nie sy outoriteit nie! Die tweede reĂ«l vertel ons wat om te doen: mediteer op sy Woord en gee jou eggenoot oor aan God. God moet die Een wees wat jou eggenoot verander; jou eggenoot kan nie eers homself verander nie.

Draai, deur gebed alleen, jou eggenoot se weg na God. Jy moet ook verstaan dat jy nie verantwoordelik is vir wat jou eggenoot doen nie; hy is aanspreeklik tot God vir sy aksies. “Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word” (Jak. 1:14). Bly stil en kom dan uit jou eggenoot se pad.

Die oomblik toe ek my oë van my aardse man afhaal en my oë op my Hemelse Man gevestig het, het ek die vrede begin ervaar waarna ek al die jaar na gesmag het, daai vrede waarna ons almal smag en net God vir ons kan gee.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “HOU OP DIE “FIXER” WIL WEES”

  1. Dankie Janine, ja ek is ook die fixer en die groot probleem is my liefste vriendin, omdat ons so graag probleme wil oplos, moet ons ekstra wakker wees, want somtyds voor ek myself kan kry het ek weer begin probleme oplos sonder om eers met Hom daaroor te praat.

  2. Dankie Janine, ja ek wil ook baie graag alles self “fix” en moet myself altyd daaraan herinner om dit nie te probeer doen nie, om my hande van die situasie af te neem en dit net vir Hom te gee!

    1. En liefste Adina, dis juis as ons so gewoond is om “fixers” te wees, dat ons, onsself gereeld moet herinner om dit nie te doen nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui