HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 3

Is jy gevul deur Geloof of Vrees?
Vrees is een van die grootste aanvalle wat jy sal moet oorwin. Rom. 12:21 sĂȘ vir ons: “Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar
oorwin die kwaad deur die goeie.” Vrees sal jou geloof steel en van jou ‘n kwesbare teiken maak vir die vyand. Wanneer jy na ander luister oor jou eggenoot se doen en late, instede daarvan dat jy, jou oĂ« op Jesus en Sy Woord hou, sal jy begin sink!

Ek onthou toe my man my die eerste keer gelos het, was my lewe so oorweldig deur vrees en hoe meer ek gehoor gegee het aan die vrees, hoe meer depresief het ek geword. Die vyand het toe werklik die oorhand oor my begin kry toe ek op vrees geleef het en daarmee saam het my geloof so verswak. Maar loof en prys ons wonderlike Here, want Hy het my nie gelos nie en my lewe het verander toe ek my oĂ« op die Here en Sy woord gerig het. En sodra ek vrees sĂȘ ek dadelik, God het my nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing, want dit is presies wat God ons gegee het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 3”

  1. Dankie liefste Janine, vrees is seker een van die grootste struikelblokke wat ons in die gesig staar en wat ons geloof kan breek. Maak nie saak wat die situasie is waarin jy is nie, of dit finansies is of ‘n gebroke huwelik waarvoor jy glo, ons moenie kyk wat rondom ons in die vlees gebeur nie, ons moet net na HOM kyk. Dit is ook hoekom ons ook nie met ander moet praat oor ons situasies nie, want ons gaan goed hoor en verkeerde raak kry wat ons kan laat struikel. En ook van Sosiale Media moet vas (behalwe as jy ‘n bedieningsblad oopmaak met ‘n SN en SN e-pos adres om hoop vir ander te gee), want daar kan jy so baie goed sien wat jou gaan laat struikel of in vrees laat verval.

    1. Vrees is ‘n baie groot stuikelblok liefste Adina en jys reg is juis hoekom ons nie met ander oor ons situasie moet praat nie, want die tye wat ek het, het my vrees sommer meer geword het oor die verkeerde raad en goed wat ek gehoor het.

  2. Ek hou baie baie van daardie skrif Janine, daardie skrif het my baie gehelp in baie verandere moielikhede in my lewe!! Dit is n goeie skif om te memoriseer!!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui