Dankie Nota – Kursus 1

Lees asseblief wat Elora in die dankie nota van kursus 1, Herstel jou Huwelik, dat  deel:

Ek wil dankie se aan Ons Hemelse Vader dat Hy ons so lief het,net soos ons is. En dat Hy Erin Thiele gelei het vir hierdie wonderlike boeke wat jy geskryf het. Jy is een amazing vrou. Janine, vir al die boodskappe om my aan te moedig om aan te hou voorentoe beweeg en die kursusse te voltooi, dankie vir al jou geduld. En dan al die ander vrouens wat saam my op hierdie reis is, dankie vir julle ondersteunende woorde, dankie dat julle, julle verhale deel.

Ek het vir die laaste 3 jaar baie ander huweliks kursusse geoden en boeke gelees, maar nooit die voeding gekry waarvoor ek na gesmag het nie. Vandat ek Erin se boeke begin lees het, en myself meer in die woord gevestig het, kon ek voel ek beweeg al hoe nader aan Hom. Ek het nie voorheen ooit in my lewe die verhouding gehad wat ek nou het met ons Hemelse Vader nie, en vir dit is ek elke dag baie dankbaar. Ek weet in my hart, Hy is met my, Hy sal my nooit laat val nie. En dat my huwelik gerestoreer sal word! Amen!

En saam met Elora se dankie nota wil ek ook ongelooflik dankie sê vir elke vennoot wat dit moontlik maak dat ons die liefde van ons wonderlike Here deur RMI kan versprei en dat ons wonderlike Here kosbare Erin Thiele gelei het om RMI te begin en dit alles die Here se werk is.

Dankie vir elke kosbare vrou wat nie net my nie maar soveel ander bruide hier kom bemoedig.

Dankie aan ons wonderlike Here die rede vir ons bestaan, die rede vir ons vrede, die rede hoekom ons ander kan bemoedig.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Dankie Nota – Kursus 1”

  1. Kosbare Elora,
    Ek stem saam met jou. Baie dankie dat jy dit vanoggend gedeel het!
    Liefste Janine, jou bemoediging en jou liefde is wat my al soveel keer opgetel het langs die pad. Selfs wanneer jy dit moeilik het, hou jy aan bemoedig en gee nie op nie. Nie met een van ons nie en ook nie in God nie.
    Kosbare Elora, ek bid saam met jou vir jou huwelik. Jou gaan nog ‘n groot getuienis lewer!
    As God vir ons is, wie kan teen ons wees?

    1. Ek stem kosbare Betty en ons saam saam jou bid vir jou huwelik liefste Elora!

      “Want waar twee of drie in my naam saam is, daar is Ek by hulle.” – Matteus 18:20

  2. Ek is so dankbaar vir RMI, ek is so bly ek het die Here gevind ek kan nie glo ek het so lank sonder Hom gelewe nie, dankie vir jou bemoediging elke dag Janine en kosbare Elora, die Here gaan jou huwelik herstel want niks is onmoonlik by God nie. Dankie my HM vir alles!

    “Niks is vir God onmoonlik nie.” – Lukas 1:37

  3. Ek moet vir julle ook dankie sê want net so bemoedig julle my ook en natuurlik is dit ons wonderlike Here se liefde vir ons, want Hy het reg rondom ons hierdie net van liefde en bemoediging geskep.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui